Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
RUS
- Ek ervaar tans ’n nuwe passie vir die lewe – so bietjie vakansie gehou.
- Ek dank die Here daarvoor.
HOOR
- Ek lees hoofstuk 8. Die volgende aspekte tref my daarin:
Interessant genoeg was dit die gebruik aan die begin van die huttefees om kandelare of kerse in dié voorhof aan te steek. Dat Jesus Homself nou as die Lig vir die wêreld bekend maak – iets wat Johannes natuurlik alreeds in sy proloog in hoofstuk 1 oor Jesus gesê het – is baie betekenisvol. Dit laat ’n mens ook dink aan die vuurkolom wat in die woestyn God se teenwoordigheid by die volk was (Eks 13:21).
Onlangse kommentaar