Job 26 – Met wie se hulp het jy gepraat?

In die eerste deel van Job se reaksie op Bildad in hoofstuk 26 sluit hy eintlik al sy vriende in, al praat hy in die enkelvoud en ontbloot met sy vyf vrae hulle fundamentele gebrek aan ‘n doelgerigte luister na God (26:1-4). In die tweede deel van hoofstuk 26 brei Job uit op die misterieuse karakter van God wat uiteindelik alle mense se begrip ontglip (26:5-14).
In hoofstuk 27 sluit Job by sy heel eerste worstelgesprek in hfst. 3 aan wat gehandel het oor die angs wat hy verduur oor die verlies van sy goed en besittings ten spyte van die feit dat hy nie in sy vroomheid verslap het nie (27:1-12). Hier kla hy oor sy onregverdige en onskuldige lyding, al bly hy steeds by sy voorneme om niks te sê wat verkeerd is nie: “so lank as die asem van God in my is.” (27:3-4). Hy sluit sy klag af met ‘n verwysing na die lot wat God uitmeet vir die goddeloses (let op die meervoud) wat eintlik ‘n implisiete teregwysing van sy vriende is (27:13-23).
Onlangse kommentaar