Job 34 – Elihu 2: God doen niks verkeerd nie!

Elihu se tweede toespraak kan in twee dele ingedeel word op grond van die feit dat die drie vriende in die eerste deel aangespreek word (34:1-15) en Job in die tweede deel (34:16-37).
- God doen niks verkeerd nie! Elihu haal ‘n vraag van Job uit die tweede gespreksrondte aan en verwoord dit as ‘n stelling in vers 3: “Die oor toets woorde soos die verhemelte kos proe.” (vgl. 12:11). Met hierdie subtiele aansluiting by Job se eie woorde nooi hy dan die vriende uit om Job se woorde te toets en as ongeldig te bevind.
- Job se woorde is sonder insig. Elihu neem een van die vriende, Sofar, se fokus op die verstand: “As jy jou verstand reg wil gebruik …” (11:13), en daag Job uit om sy verstand te gebruik en met Elihu saam te stem dat God nie op enige manier skuldig bevind kan word aan enige partydigheid of onregverdigheid nie. Dit moet Job wees wat êrens gefouteer het, en nou die prys daarvoor betaal. Job se woorde toon daarom geen insig nie.
Onlangse kommentaar