Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job keer terug na die hede en beskryf in die eerste plek die diep skaamte en vernedering wat hy ervaar met roerende metafore. Hy word gespot deur mense wat normaalweg op geen manier ‘n invloed in die gemeenskap het nie, mense op wie ander neersien, hyself inkluis. En hy ervaar dat dit eintlik God is wat hom weerloos en hulpeloos maak voor hulle (30:1-18).
Dan skeur daar uit sy binneste in die tweede plek ‘n gebed om hulp, wat eintlik op ‘n manier nog meer vernederend is, want dié God wat hy aanroep, luister nie na hom nie, antwoord hom nie in sy smeking om hulp nie. Sy vroomheid het hom niks in die sak gebring nie. Hy het die goeie verwag, maar rampe het hom getref (30:19-31).
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Inleiding op Job 29-31
Job se woorde in hfst. 29-31 word meesal as ‘n afsluitende alleengesprek beskrywe. Job se betoog in die inleidende vers word immers effe anders aangekondig as in vorige toesprake: “Daarna het Job voortgegaan om sy saak te stel.” Gewoonlik het daar met die aankondiging van sy gesprek met die drie vriende net gestaan: “Toe het Job begin praat.” (3:1) Of: “Job het weer gepraat.” (6:1; 9:1; 12:1; 16:1; 19:1; 21:1; 23:1; 26:1) Of: “Job het voortgegaan.” (27:1).
Dit wil dus voorkom asof die deel wat volg ‘n soort opsommende afsluiting van sy betoog is om met die Here in gesprek te tree en ‘n antwoord te kry op wat in sy lewe gebeur het. Hoofstuk 31:40 kondig ook die einde van Job se woorde aan.
Maar Elihu se woorde in hfst. 32-36 is egter ook ‘n direkte reaksie op Job en sy drie vriende se gesprek. Elihu kla immers in 32:14: “Met my het Job nog nie geargumenteer nie.” Hy is ook negatief oor die drie vriende: “Met julle argumente sal ék hom nie aanpak nie.”Hieruit kan ‘n mens agter kom dat daar tog ‘n wisselwerking is tussen sy toespraak (32-36) en dié drie hoofstukke (29-31) sowel as die vorige drie gespreksrondtes tussen Job en sy drie vriende (3-27).
Elihu se vierdelige toespraak is dus ook ‘n antwoord op hierdie toespraak van Job. Trouens, Elihu verwoord doelgerig sy woorde as ‘n antwoord aan Job en sy drie vriende: “Luister na my … ek het geluister na julle argumente.” (32:10-11). Hoewel hfst. 31:40 dus die einde van Job se woorde in dié drie hoofstukke aankondig, en daarmee die einde van alles wat hy te sê gehad het, is daar tog ‘n eksplisiete verband tussen Elihu se woorde en Job se laaste woorde. Daar is dus ‘n element van ‘n gesprek tussen Job en Elihu te bespeur, al was dit net van Elihu se kant af só bedoel.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job 28 vorm ‘n duidelike eenheid van gedagtegang, maar word nie direk in die teks self aan Job self gekoppel nie. Baie geleerdes beskou dit daarom as ‘n onafhanklike bydrae oor die wysheid wat eintlik die antwoord van God in hfst. 38-42 vooruitloop. Soos dit egter in die kanoniese vorm van Job ingevoeg is, vorm dit ‘n belangrike deel van sy bepeinsing van wat met hom gebeur, nie net as ‘n reaksie teenoor sy drie vriende nie, maar ook as ‘n verantwoording van wat hy glo. Die wysheid is net by God te vinde. Dit leer selfs Job se ongelukkige ervaring van verlies hom.
Die tema van hierdie besondere bepeinsing van Job word in vers 12 en 20 gevind: “Maar die wysheid, waar word dié gevind (vers 20: waar kom dit vandaan), waar is die woonplek van die insig?” Die antwoord is dat dit nie in die kennis en vaardighede van die mynbou – een van die grootste tegnologiese vooruitgange van dié tyd – gevind word nie (28:1-11). Wysheid is nie ‘n optelsom wat gemaak word aan die hand van alles wat jy weet of kan doen nie.
Die wysheid word ook nie in die wonder van die natuur of ekonomiese voorspoed gevind nie (28:12-19). Wysheid is nie iets wat jy kan verkry deur wetenskaplike studie of deur die verwerwing van rykdom nie. Wysheid is net by God en in die ontsag en eerbied vir Hom te vinde. Dit sluit egter nie net jou hart en gesindheid in nie, maar ook om tegelykertyd die moreel-etiese keuse te maak en uit te voer om die kwaad te vermy (28:20-28). Wysheid betrek jou hart en verstand in jou verhouding met en afhanklikheid van God.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
In die derde gespreksrondte reageer Job weereens skerp op die drie vriende se ontleding van wat die lot van die goddelose is. Hy kom in opstand daarteen dat hy nie ongeduldig mag raak nie, want sy klag is dan juis nie teenoor mense nie. Hulle moet dit tog kan sien en eerder stilbly van verbasing oor dít wat hom oorgekom het (Job 21).
Elifas se antwoord daarop is egter net so skerp. Hy verwyt Job dat hy vanselfsprekend onregverdig en onbarmhartig moes wees. Daarom is Job besig om onder te gaan. Job moet hom net onderwerp aan God en hy sal weer vrede en voorspoed belewe (Job 22).
Job se antwoord daarop is egter dat hy juis in sy soeke na God gefrustreer word. Sy soeke na God is vrugteloos en maak hom eerder vreesbevange. Ten spyte van die feit dat hy meer waarde heg aan God se woorde as aan sy eie begeertes, is hy bang vir God, omdat hy nie verstaan wat in sy lewe aangaan nie (Job 23).
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
In hoofstuk 27 sluit Job by sy heel eerste worstelgesprek in hfst. 3 aan wat gehandel het oor die angs wat hy verduur oor die verlies van sy goed en besittings. Ná hy in hoofstuk 26 gekla het oor die sinnelose raad van sy vriende en die onverklaarbaarheid van God se misterieuse karakter, fokus hy nou op sy onregverdige en onskuldige lyding (27:1-12).
Dit bly verstommend en inspirerend dat hy steeds bly by sy voorneme om niks te sê wat verkeerd is nie: “so lank as die asem van God in my is.” (27:3-4). Hy sluit sy klag af met ‘n verwysing na die lot wat God uitmeet vir die goddeloses, wat eintlik ‘n implisiete teregwysing van sy vriende is, soos die gebruik van die meervoud waarskynlik aantoon (27:13-23).
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar