Die boodskap van Job

Die boek van Job het soveel komplekse perspektiewe op menswees en ons interaksie met die geestelike wêreld dat dit baie moeilik is om die boodskap daarvan te reduseer tot ‘n enkelvoudige punt wat vir almal sal sin maak.
Dat dit oor lyding gaan, en spesifiek die lyding van onskuldiges en regverdiges, is só. Dat dit gaan oor die morele orde van die wêreld (Clines), en óf ‘n mens kan staatmaak op die wetmatigheid van oorsaak en gevolg, is ook só.
Maar, hoe meer ‘n mens jou blootstel aan wat die tallose mense deur die eeue oor die boek geskryf het, hoe versigtiger word ‘n mens om jou eie bydrae te verwoord, veral omdat dit so maklik die boodskap van die boek kan verduister en eerder jou eie perspektief op die lewe kan weergee.
Dit is veral moeilik om deur die gespreksrondtes van Job met sy drie vriende te werk en die kaf van die koring te skei in terme van wat uiteindelik waar en navolgingswaardig is en wat nie.
Onlangse kommentaar