Die gebeure in Seserea is van só ’n paradigma-skuiwende aard dat Petrus homself en die werk wat God onder die heidene (nie-Jode) gedoen het moet gaan verantwoord teenoor die “moeder”-gemeente in Jerusalem. Dié werkswyse sou ’n patroon word wat later ook met die uitbreiding deur Paulus se sendingreise gevolg moes word, waar die seël van goedkeuring deur die gemeente in Jerusalem geplaas moes word op die oorsteek van nuwe grense met die evangelie. Dit is dan ook die begin van die idee van ’n verband van kerke soos deur die meeste gemeentes regdeur die wêreld gevolg word.
’n Mens sien hier ook al die groot vraag oor die plek van die besnydenis wat gelowiges uit die Jodedom in Jerusalem bly vra het, iets wat wel later in Handelinge 15 se vergadering geantwoord is (dat besnydenis nie nodig was vir gelowiges uit die heidene nie), maar op baie plekke in die wêreld ’n sleutelkwessie sou bly.
Hierdie verhaal is van sleutel belang vir die ontwikkeling van die evangelie. Hiersonder sou die Christelike evangelie ’n Joodse sekte gebly het en nooit sy grense kon oorsteek na elke nasie en volk nie. Waar die Samaritane en die Etiopiese amptenaar (Hand 8 ) nog deel van die Joodse geloof was (die Samaritane het nou wel ’n gemengde godsdiens gehad, maar het ook die Pentateug as gesaghebbend vir hulle godsdiens beskou), is dit nou onbesnede mense wat die evangelie hoor en glo (let op die beswaar in Hand 11:3).
Ek eis as ek dink wat kon gebeur het as Petrus nie uiteindelik ja gesê het vir die visie wat die Here hom gegee het nie. En maak geen fout nie – dit was ’n geweldige uitdaging vir hom wat groot risiko vir hom in sy eie gemeenskap ingehou het. Geen wonder dat dit dan ook die langste verhaal in Handelinge is. Lukas het duidelik die belangrikheid hiervan besef.
Na die verstommende verhaal van Saulus se bekering en begin-bediening, keer Lukas terug na Petrus wat die volgende grens sal oorsteek, dié na die heidene. Om ons voor te berei daarop vertel Lukas eers twee episodes in sy lewe waar die krag van die Here op ‘n besondere wyse deur hom gewerk het.
Die prentjie wat baie van ons van hom het, is dat hy merendeels in Jerusalem gestasioneer was, soos ons dit eintlik van die ander apostels ook dink. Dit is egter nie van almal waar nie. Lukas sê hier dat Petrus baie rondgereis het, soos ‘n mens mos eintlik van ‘n apostel sou verwag, dat hulle nie net een gemeente sou bedien nie, maar ‘n hele aantal, om so die uitbreiding en vestiging van die evangelie te kan begelei. Trouens, Petrus dink ook homself dat hy vir die nasies geroep is (Hand 15:7; vgl ook Hand 8:14). Ook Johannes het grense oorgesteek, en later in Efese gewerk, vanwaar hy na die eiland Patmos verban is, en die Openbaring ontvang en neergepen het.
Die kerk het ’n tyd van rus belewe, met die vuurvreter vervolger Saulus wat nou ’n vuurwarm verkondiger van die evangelie geword het. Die volgende grens moes nou egter aangepak word, en die Here gebruik die leier onder die apostels, Petrus, om dié grens na die heidene en die wêreld oor te steek. Na die bekering van Kornelius, sou die evangelie letterlik oor sy Joodse randte bars en die hele wêreld volmaak, deur gewone gelowiges wat die voorbeeld van die apostels volg.
Saulus se bekering is radikaal en absoluut. En die ontmoeting met Jesus het ’n passie in hom aangesteek wat nooit weer sou verflou nie. Let op hoe hy onmiddellik dieselfde sisteem wat hy so hart en siel ondersteun het – die Joodse teenstand teen die evangelie – met passie aanvat en bedien met die evangelie soos die Skrifte dit uitgelê het. Omdat hy ’n skrifgeleerde van formaat was, kon hy dit met baie groot oortuiging doen.
Die teenstand van die Jode bly natuurlik nie lank onder die oppervlakte nie, en hulle beplan om hom dood te maak, en hy moet self vlug uit die stad. Letterlik staan dit in die Griekse teks, dat sy “dissipels” dws sy bekeerlinge hom help ontsnap.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar