Dit is opmerklik hoe nou en onlosmaaklik die verband is tussen Jesus en die Gees; dit is die Gees van Jesus wat hier Paulus lei om Europa te betree, aan die een kant deur hom te verhinder om sy eie kop te volg, en aan die ander kant deur ’n gesig wat die rigting aandui. Let op dat dit ’n gesamentlike besluit was: “omdat ons tot die oortuiging gekom het”.
Lukas het dus nou by Paulus, Silas en Timoteus aangesluit en reis saam na Filippi,’n Romeinse kolonie in Masedonië. Dit is ongeveer 50 of 51 n.C. Daar was nie ‘n sinagoge nie (jy het 10 mans nodig gehad daarvoor) en daarom het die Joodse gelowiges, ons lees hier net van vroue, moontlik getroud met Grieke, by ‘n bidplek by die rivier, die Gangitis, vergader.
Soos die goeie nuus met die vorige sendingreis na Asië versprei het, stuur die Gees vir Paulus nou oor die grens na Europa deur twee verdere sendingreise. Die resultaat is dat die kerk al hoe meer uit gelowiges uit die heidense volkere bestaan, die begin van die langtermyn kerstening van die Weste wat in die 4de eeu tot die verheffing van die Christendom as amptelike godsdiens van die Romeinse ryk.
Let op dat die evangelie God se saak is, dat Hy die toon aangee, en dat geen teenstand dit kan verhinder nie. Soos dit die geval was met die Joodse leiers (5:39), en die ongelowige Jode (9:1), en die kerk in Jerusalem (11:17), en die sekulêre politieke leiers (12:23), en die Judaïseerders in die kerk (15:10), so kan nou ook die godsdienstige en politieke teenstand van die Grieke (hfst. 16 in Filippi, en hfst. 19 in Efese) God se redding nie keer nie. Hy skep vir Hom uit alle tale en nasies ’n volk om aan Hom te behoort.
Let ook op dat Lukas nou weer saamreis, soos die “ons” in 16:10-17 (Troas) aandui. Dit sal weer die geval wees in 20:5 (Troas) tot in 21:19 (Jerusalem) en dan weer by 27:1-28:16 (van Sesarea tot in Rome). Lukas skryf hierdie deel as ooggetuie en die detail is volop en lewendig (moontlik het hy ‘n joernaal gebruik).
Die besluit oor die besnydenis het verreikende gevolge vir die ontwikkeling van die Christelike kerk gehad. Aan die een kant het dit die kernwaarhede van die Christelike godsdiens bevestig, dat dit oor Jesus, die Seun van God, en Sy verlossende boodskap, wat vir die wêreld bedoel is, gaan, en dat alles daaraan gemeet moet word. Aan die ander kant het die besluit oor die besnydenis ‘n baie duidelike breuk gebring met die Joodse godsdiens veral in sy wettiese karakter (of wettiese interpretasie daarvan).
Dit laat my net weereens besef, die Christelike godsdiens gaan oor ‘n verhouding met die lewende God deur die bemiddelende werk van Jesus en die Gees, en nie oor die nakom van ‘n stel reëls nie. En ons sal goed doen om hierdie boodskap ter harte te neem. In die voortslepende gesprek oor die doop (deur die eeue) en die nagmaal (versus die Roomse mis) – om maar net twee voorbeelde te noem – moet die sentrale figuur van Christus raakgesien word. Ons eenheid lê in Hom en nie in die verskillende praktyke wat in ons kerklike sisteme vir ons belangrik geword het nie. En ons moet mekaar nie so aanvat oor ons verskille dat die eenheid in Christus nie meer raakgesien word nie.
Dit tref my net weereens hoe groot die teenstand teen die evangelie van Jesus Christus is. Wat wel nuut was van die teenstand wat nou opgebou het, was dat uit eie geledere ontwikkel het. En dit gaan oor die lewenstyl vir die hede en toekoms sowel as respek vir die tradisie, in hierdie geval die besnydenis. Wat dit uiters problematies gemaak het, was dat die voorstanders van die besnydenis dit aan gelowiges se redding verbind het. Paulus en Barnabas het hulle onmiddellik daarteen verset, omdat enigiets wat as noodsaaklik verkondig word, naas geloof in Jesus Christus, per definisie eintlik verkeerd is en die dood in die pot vir gemeenskap.
Maar, teenstand het ook altyd ’n positiewe gevolg, in hierdie geval, dat die geloofsgemeenskap fundamenteel moes dink oor wat kan hulle van mekaar verwag in die uitleef van hulle geloof, en dat in die proses van geloofsonderskeiding, hulle ons ook wys hoe ’n mens besluitneming in die geloofsgemeenskap moet hanteer sodat dreigende verskille oorbrug kan word.
Die Jode wat “nie die boodskap wou aanneem nie”, word letterlik deur Lukas as “ongehoorsaam” beskryf, waarmee hy ‘n verband lê met die ongehoorsaamheid ook van hulle voorvaders. Teenstand kom dus nie net van mense af wat nie die evangelie begryp nie, maar juis ook van dié wat maar alte goed begryp wat die implikasies daarvan is, maar nie hulle lewenstyl wil laat vaar nie. En hulle wil ook keer dat ander dit doen, om te keer dat hulle ongehoorsaamheid aan die kaak gestel word.
Let op hoe God weereens die boodskap bevestig deur tekens en wonders. Uiteindelik word die bedreiging van aanranding en steniging te veel en hulle vlug na Listra waar hulle hulle werk voortsit. Let op dat Paulus en Barnabas albei as apostels aangedui word, ’n benaming wat Lukas voor hierdie verwysing net vir die twaalf gebruik het.
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar