Die doel van ons reis deur Lukas se verhaal in sy evangelie en Handelinge, is dat jy die breë boodskap van die verhale raaklees en die betekenis en die impak daarvan vir jou lewe te oorweeg.
Daarom is dit so belangrik om jou leeswerk te joernaal. Dit help met die nadenke oor die gedeeltes en word mettertyd ‘n kragtige geestelike hulpmiddel om die stem van die Here te kan onderskei.
Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel:
Een manier is om met drie simbole te werk waaroor jy dan kan reflekteer:
Ek beplan om die evangelie van Lukas en die Handelinge van die apostels oor ‘n tydperk van 10 weke in die derde kwartaal 2011 deur te lees en elke weeksdag iets daaroor te publiseer. Ek begin my bydraes daaroor op Donderdag 21 Julie. Ek hoop om dit DV vol te hou tot 28 September wanneer ons die laaste hoofstuk van Handelinge saam sal lees:
Week 1: Lukas 1:1-4:13
Week 2: Lukas 4:14-9:50
Week 3: Lukas 9:51-19:44
Week 4: Lukas 19:45-24:53
Week 5: Handelinge 1:1-6:7
Week 6: Handelinge 6:8-9:31
Week 7: Handelinge 9:32-12:24
Week 8: Handelinge 12:25-16:5
Week 9: Handelinge 16:6-19:20
Week 10: Handelinge 19:21-28:31
Ek plaas solank ‘n paar inleidende artikels wat jy kan voor die tyd kan deurlees. Dit sal baie help met die agtergrond vir die leeswerk. Jy kan dit by hierdie skakel bereik.
Ons het die evangelie van Johannes deurgelees in die tweede kwartaal 2011. Die bydraes kan almal onder die menu Johannes gelees word.
Daar is nou reeds 7 kursusse wat jy op jou eie tempo kan deurwerk. Kleingroepe kan dit gebruik om Bybelboeke een vir een deur te werk. Almal is welkom om vrae te vra, en ek sal so gou as wat ek kan daarop antwoord.
Die volgende Bybelskool kursus gaan waarskynlik oor die evangelie van Lukas en Handelinge handel (alternatiewelik oor Genesis). Ek sal binnekort ‘n besluit neem en dit adverteer. Die kursus sal die laaste week van Julie 2011 ‘n aanvang neem, waarskynlik 27 Julie.
Handelinge is deel twee van die verhaal van Lukas (op ‘n aparte boekrol). Dit vertel die storie van die redding deur Jesus soos dit deur die Gees en die kerk voortgesit word van Jerusalem af tot in Rome. [1]
Lukas beklemtoon hier:
Die goeie nuus van God se redding deur Jesus is vir beide Jode en heidene.
Die Ou Testamentiese beloftes word daardeur vervul.
Die Heilige Gees begelei die kerk in die verspreiding van die evangelie.
Die kerk val in by God se reddingsplan wat die heidene insluit.
Hierdie redding is God se saak en niks kan dit keer nie.
Die goeie nuus word deur sommige met vreugde aanvaar en deur ander met woede verwerp.
Lukas laat die twee dele van sy verhaal – Lukas en Handelinge – baie vernuftig met mekaar korrespondeer:
Handelinge 1-12 vertel van die verspreiding van die evangelie en korrespondeer met Lukas 1-9 – die geografie is net omgekeer: dit begin in die stad Jerusalem en versprei na die platteland in Judea.
Handelinge 13-20 is ook ‘n reisverhaal en korrespondeer met Lukas 10-19 – Paulus neem die evangelie na Asië en Europa (op pad na Rome – soos Jesus op pad na Jerusalem).
Handelinge 21-28 vertel ook van ‘n verhoor en korrespondeer met Lukas 20-24 – Paulus verskyn voor dieselfde drie tribunale as Jesus (die Joodse Sanhedrin [Luk 22/Hand 22], die Romeinse goewerneur [Luk 23/Hand 25], en een van die Herodes konings [Luk 23/Hand 25 {Julius Markus Agrippa}]) – die resultaat is dat die evangelie tot in die hart van die Romeinse ryk versprei.
Die verhaal fokus op die beweging van die evangelie van Jerusalem na Rome. Die goeie nuus van God se redding word aan alle mense aangebied in vervulling van die belofte aan Abraham (Hand 3:25 – “jou nakomeling sal vir al die volke van die aarde tot ‘n seën wees” – Gen 12:2-3) en die visie van die profete (Hand 15:17 – “al die heiden nasies” – Amos 9:11-12).
Dit is verdeel in 6 hoofstukke deur Lukas se opsommende opmerkings in 6:7, 9:31, 12:24, 16:5 en 19:20. Elke keer is dit asof Lukas ‘n pouse daarmee skep voor die verhaal in ‘n nuwe rigting beweeg: geografies, etnies, eties, en/of polities:
1:1-6:7 – die goeie nuus oor Jesus versprei na ander Jode in Jerusalem
6:8-9:31 – die goeie nuus oor Jesus versprei geografies na Jode in Judea, Galilea en Samaria sowel as Afrika (Etiopiese amptenaar) met die Griekssprekende evangelis Filippus wat ‘n groot rol speel.
9:32-12:24 – die eerste etniese uitbreiding na heidene (Kornelius) vind plaas in Sesarea (Noord-Palestina) en Paulus kom tot bekering op die pad na Damaskus.
12:25-16:5 – die goeie nuus versprei na Asië met Paulus en Barnabas se eerste sendingreis en bring etiese vraagstukke na vore wat deur die Jerusalem “sinode” (hfst. 15) besleg word.
16:6-19:20 – die goeie nuus versprei na Europa deur twee verdere sendingreise van Paulus wat tot gevolg het dat die kerk al hoe meer uit Christene uit heidense volkere bestaan.
Let op hoe Antiochië die uitstuur sentrum bly en die Heilige Gees die sending begelei.
Let ook op hoe Paulus steeds sy aanknopingspunt soek by die Jode in hulle sinagoges.
Hoewel baie mense tot bekering kom, is daar ’n hele paar gevalle van konflik met die stadsbesture (16:16-40; 17:5-9; 18:12-17) wat gewoonlik deur die Jode aangehits is (17:5,13; 18:12).
Die stadsbesture is meesal traag om tussenbeide te tree, ’n houding wat algaande sou verander na die meer ongenaakbare optredes in die eeue wat sou kom.
Let ook op na die eerste voorbeeld van verkondiging in ’n heeltemal heidense omgewing, Paulus se toespraak op die Areopagus in Atene (17:16-34).
19:21-28:31 – op die derde sendingreis besluit Paulus om na Jerusalem te gaan en het die vervolging daar tot gevolg dat die evangelie ook polities begin versprei om uiteindelik Rome, die hoofstad van die Romeinse ryk bereik.
Ons fokus in hierdie Bybelskool op wat Lukas ons in Handelinge 16-19 vertel as agtergrond tot die skryf van die briewe aan Tessalonika en Korinte.
[1] Vgl “The Gospels and Acts in the Biblical Story” in How to Read the Bible book by book deur Gordon Fee en Douglas Stuart (2002, Zondervan: Grand Rapids, Michigan, p 267 e.v.
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar