Skip to main content

Tag: Handelinge

Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie

Ek het ‘n navraag gehad oor die doop met water en of dit nie noodsaaklik is om die Heilige Gees te ontvang nie.  Die kort antwoord is: Nee.  Hier is my uitgebreide antwoord daarop.

In net 3 gevalle in die Nuwe Testament word die Heilige Gees direk na die doop met water ontvang

In die Nuwe Testament was die ontvangs van die Heilige Gees ‘n paar keer iets wat direk na die waterdoop gebeur het.

  • Jesus het dit so ervaar (Luk 3:21-22);
  • Die drieduisend op Pinksterdag het dit so ervaar (Hand 2:38);
  • Die gelowiges in die platteland van Efese, wat vroeër die doop van Johannes ontvang het, het dit ook so ervaar.  Hulle word met die “Jesus-doop” gedoop en ontvang die Heilige Gees (Hand 19:1-6).

In die meeste gevalle in die Nuwe Testament was daar egter nie so ‘n direkte verband tussen die doop met water en die ontvangs van die Heilige Gees nie.

Die Heilige Gees word ontvang deur in Jesus Christus te glo

Die belangrikste boodskap van die Nuwe Testament oor die ontvangs van die Heilige Gees, is dat Hy ontvang word deur in Jesus Christus te glo.

Hier is ’n voëlvlug oor die gegewens in Handelinge oor geloof, die doop en die ontvangs van die Heilige Gees:

Continue reading

Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese

Paulus begin sy derde sendingreis amper ongemerk.  Nadat hy Jerusalem besoek het – ons weet nie waarom nie – is hy terug Antiogië toe, waarskynlik om terugvoering te gee en ’n tyd lank die gemeente te bedien.  Maar dan vertrek hy weer op ’n geestelike reis van versterking.

Die groot fokuspunt op hierdie reis is Efese.  Eers doen Apollos groot werk, en sit dit voort met die ondersteuning van die gelowiges in Korinte soos ons hier lees en ook later in die Korinte brief (1 Kor 3:1-9 – waar Paulus hulle bediening vergelyk, maar ondergeskik maak aan die groei wat God gee) waarna Paulus self ’n twee jaar in Efese spandeer.

Continue reading

Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit

Paulus is steeds op sy sogenaamde tweede sendingreis, ongeveer in die jaar 51-52 nC.

Uit sy eerste brief aan die Korintiërs blyk dit dat Paulus daar aangekom het: “bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering” (1 Kor 2:3).  Hy verwys hier waarskynlik na die impak wat die voorafgaande gebeure in Filippi, Tessalonika, Berea en Atene op hom gehad het.  In Filippi is hy geslaan en in die tronk gegooi (Hand 16:11-40); in Tessalonika is hy sterk teengestaan deur die Jode (17:1-9), sowel as direk daarna in Berea waarheen dieselfde Jode hom agtervolg het en ook daar uitgedryf het (17:10-15); en sy bediening in Atene op die Areopagus het maar ’n flou respons uitgelok (17:16-34).

Continue reading

Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie

Let op dat Paulus hier nie huiwer om die publieke terrein te betree nie.  Paulus is in Atene waar hy wag vir Silas en Timoteus om van Berea af te kom, na die opstand rondom Paulus.

Atene was destyds ’n soort wêreld op sy eie. Amper soos Londen of New York. ’n Soort kultuursentrum van tempels, teaters, markpleine – waar mense van oor die hele wêreld saamgetrek is.  Amper ‘n soort geestelike middelpunt vir die denkendes van daardie tyd.  Dit was die soort plek waar die lewe nie stilstaan nie, maar waar nuwe dinge daagliks gebeur.

Continue reading

Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop

Die evangelie versprei na nog twee plekke, Tessalonika, die hoofstad van Masedonië en ’n baie invloedryke stad, en Berea, ’n klein dorpie daar naby.  Lukas het agter gebly in Filippi.

Let op hoe belangrik die ondersoek van die Skrifte is om die verband tussen Jesus en die beloofde Messias te trek, beide in Tessalonika en Berea.  Lukas gebruik hier vir die eerste keer die woord redeneer om Paulus se metodiek aan te dui, ’n woord wat hy hierna gereeld gebruik (17:17; 18:4–19; 19:8, 9; 20:7; 24:12), wat moontlik ‘n nuwe benadering aandui.  Sommige geleerdes dink dat daarmee na die Sokrates metodiek verwys word, waar mense deur vraag en antwoord begelei word tot insig, in hierdie geval aan die hand van die Skrifte (wat hy so vir hulle uitgelê of oopgemaak het).

Continue reading

Onlangse kommentaar