Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Avatar

    Natascha

    |

    More, more vertrou dat jul n wonderlike naweek agter die rug het. Chris, ek het n vraag?
    Kan jy asb. vir my se wat die verskil is tussen n Christen en n Kind van God? Ek weet ons almal is Christene, want ons glo tog is God, maar wat is die verskil?
    Dit klink dalk stupid, maar ek sal graag wil weet?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dit is nie ‘n stupid vraag nie. Eintlik is vrae per definisie nooit stupid nie, want dit bring die waarheid na vore. Solank dit eerlik en opreg is. Die antwoord is egter nie so eenvoudig nie. Wat beteken dat die vraag diep is!

      ‘n Christen is Bybelsgesproke iemand wat as ‘n gelowige en ‘n volgeling van Christus bekend is. Dit is wat die Griekse woord Christianos in die NT beteken. Louw en Nida beskryf die woord in hulle woordeboek as volg: “one who is identified as a believer in and follower of Christ.

      Dit word die eerste keer vir gelowiges gebruik in Antiogië (Hand. 11:26). Die gemeenskap sien in hulle lewe dat hulle met Christus identifiseer en Hom navolg. Dit is ook die hart van ons getuienis. Ons probeer mense oortuig om met Christus te identifiseer en Hom na te volg. Ons hoor bv. by koning Agrippa dat hy in Paulus se passievolle getuienis voor die hof probeer om hom te beweeg om ook ‘n Christianos te word, iemand wat glo in Christus en Hom navolg (Hand. 26:28). En Petrus moedig ons met dieselfde passie aan om as draers van die naam Christianos ons nie te skaam vir die lyding wat baie keer daarmee gepaard gaan nie, maar God te verheerlik as onbeskaamde Christianos.

      ‘n Christen is dus iemand wat in Christus glo en wat Hom volg. Hulle is dus ook kinders van God, want Johannes sê, elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore, is ‘n kind van God (1 Joh. 5:1). Dit is die groot liefde wat God aan ons bewys het dat almal wat in Christus glo kinders van God genoem kan word (1 Joh. 3:1).

      Daar behoort dus nooit enige verskil te wees tussen iemand wat ‘n Christen is – ‘n Christianos soos die Bybel dit sê, iemand wat in Christus glo en Hom navolg – en ‘n kind van God nie.

      Die werklikheid is egter dat baie mense vandag hulleself Christene noem, omdat hulle óf biologies deel van die kerk is, óf hulleself nog as deel van die Westerse Christendom samelewing beskou wat aanvanklik op Christelike waardes gebou is, maar daardie Christelike basis lankal versaak en verlaat het. Dit wil sê, mense wat nie waarlik glo in Christus en Hom navolg nie, maar so identifiseer omdat hulle deel is van die kerk of die Westerse samelewing. Sulke mense is egter nie kinders van God nie, al dra hulle wel nog in die oë van die wêreld, asook in hulle eie beoordeling van hulleself, die naam Christen.

      Paulus waarsku ons in sy tweede brief aan Timoteus teen mense wat die krag van Christus in hulle lewe verloën deur ‘n gedaante van godsaligheid te hê (‘n breë identifisering met Christenwees), maar met hulle lewens te bewys dat hulle nie Christene is nie deurdat hulle Christus nie meer volg nie. Dit is mense wat selfsugtig is, geldgierig, grootpraterig, aanmatigend, godslasterlik, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, goddeloos, ongevoelig, genadeloos, beledigend, sonder selfbeheersing, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as vir God, mense wat wel op die oog af godsdienstig lyk, maar wat die krag daarvan misken (2 Tim. 3:2-5). Van sulke mense moet ons wegbly, sê Paulus, terwyl hy ons waarsku dat dit swaar tye voorspel.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek het net die stof wat op die webtuiste is, beskikbaar:
    Die brief van 2 Korintiërs
    2 Korintiërs 1:1-2:11 – God gee moed in elke omstandigheid
    2 Korintiërs 2:12-3:18 – Ons raak God se woorde aan die wêreld
    2 Korintiërs 4:1-5:10 – Om te lewe soos Hy dit wil
    2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening
    2 Korintiërs 6:14-7:16 – Toegewy aan God alleen
    2 Korintiërs 8-9 – Vrygewigheid is regverdig
    2 Korintiërs 10 – Om te bou en nie af te breek nie
    2 Korintiërs 11 – Goddelike bekommernisse en besorgdheid
    2 Korintiërs 12 – As ek swak is, is ek sterk
    2 Korintiërs 13 – Groei in geestelike volwassenheid

  • Avatar

    Martie

    |

    Hi Chris
    Ons het bybelstudie gehad oor 1Korntiers nou soek ek graag n bybelstudie in boekvorm vir 2Korintiers

    Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi André. Ja, vir werkendes is die daaglikse tyd van afsondering eintlik die enigste moontlikheid. My ervaring is egter dat as ‘n mens nie só iets beplan nie, kom jy nooit so ver nie. Ek het nou self begin met die vaste gebedstyd as ‘n riglyn (eintlik nog net die oggendgebed en soms die aandgebed) en dit raak ‘n kosbare tyd van stilte vroegoggend. Ek het egter ‘n regte retraite nodig om heeltemal stil te raak weens my program. Kon dit darem al ‘n paar keer vir so 3 dae doen by Deon Loots se Shama. Dit is van onskatbare waarde vir my.

  • Avatar

    A Kritzinger

    |

    Chris – baie dankie vir jou plasings!
    Tov dié een oor tye van afsondering maak ek graag ‘n opmerking. Die meeste mense moet maar “tevrede wees” met die daaglikse tye.
    Die weeklikse tye van afsondering klink wonderlik. Maar ek ken so baie mense wat Maandag tot Vrydag 7vm die huis verlaat werk toe en dan saans teen 18:00 tuis kom. Sommiges werk nog soms 2 Saterdae per maand ook. Dan is daar die gewone sake wat aandag kry Saterdae en Sondae is betrokkenheid in hulle plaaslike gemeentes…
    Vir hulle kan ‘n oggend per week net nie prakties werk nie.

    Of het jy ander raad?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Jan. Die paaie het vóór dié vergadering in Jerusalem al uitmekaar begin beur met die Joodse Christene wat die nakoming van die hele wet voorgestaan het, en die Christene uit die heidene wat vrae gevra het daaroor. Die hoop bestaan dus altyd dat ‘n kerk – en ek sluit alle kerke in – die onderlinge teologiese spanninge aan die hand van dié vier fases van geloofsonderskeiding sal oplos. Dit het vir die kerk in Jerusalem toentertyd gewerk. My hoop is steeds dat dit by die NG Kerk – en alle ander kerke wat worstel met praktiese gehoorsaamheid aan die Skrif – kan werk.

    Die uitkoms van dié vergadering in Jerusalem was interessant genoeg om raak te sien dat die seremoniële en burgerlike kante van die wet in Christus opgehef is. Maar, dat die morele kant van die wet vir almal geldig sal bly, veral in terme van afgodery (uit die eerste tafel van die wet en Jesus se opsomming van die belangrikste gebod) en onsedelikheid (uit die tweede tafel van die wet en Jesus se talle voorskrifte oor reinheid, bv Markus 7 en Matteus 19).

    Geen wonder nie dat Jesus dit weereens beklemtoon in sy brief aan Tiatira in Openbaring 2 dat afgodery en onsedelikheid gemeentes – persoonlik en korporatief – aan die straf van die Here self onderwerp. Hoe tegelyk veronrustend en vertroostend klink Jesus se woorde nie vandag ook nog nie:

    Haar volgelinge sal Ek deur ’n pessiekte om die lewe bring. Dan sal al die gemeentes weet dat dit Ek is, die Een wat die gedagtes en begeertes van die mens deurgrond. Ek sal elkeen van julle straf volgens julle doen en late. Maar vir julle ander in Tiatira, wat nie hierdie leer aanhang en nie die ‘diep geheimenisse van die Satan’, soos hulle dit noem, leer ken het nie, sê Ek: Ek lê op julle geen ander verpligting nie; hou net vas wat julle het, totdat Ek kom.” (Openb 2:23-25).

    Daarmee onderstreep Jesus dat die morele aspekte van die wet van God tot in ewigheid geldig sal bly. Dit is ook dié aspekte van die wet wat die Gees in ons harte inskryf soos ons by Paulus in Galasiërs 5, Romeine 8, en Efesiërs 4 agterkom. Paulus verbind in Romeine 1 selfs nog nouer afgodery en onsedelikheid, waar die onsedelikheid (en ‘n rits ander sondes) vloei uit ‘n ignorering van wat God van Homself en die lewe openbaar.

    Waar jy nie God se uitgespelde moraliteit in die Skrif aanvaar en uitleef nie, is jy per definisie besig met jou eie godsdiens, en kan ‘n mens dit as afgodery teken, soos Paulus inderdaad doen. Daarom kan Paulus in Romeine 12:1-2 alle gelowiges in die gemeente aanmoedig om in die eerste plek hulle fisiese liggame: “as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer” te stel. “Dit is julle redelike godsdiens.” Dit is gemik teen (onder andere) onsedelikheid.

    En dan in die tweede plek te beklemtoon dat hulle hulle denke skoei op God se openbaring: “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” Dit is gemik teen (onder andere) afgodery.

    Dus: “Hou net vas wat julle het, totdat Ek kom.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    In die konteks van oordeel bly die drie aspekte van God ons hoop. En ons riglyn: “Dat liefde, reg en geregtigheid belangriker is as insig, krag en rykdom bly ’n fundamentele keuse van dié wat die Here ken en Hom in alles wil erken. Dat dít gelowiges in konflik bring met wêreldse insig, krag en rykdom is daarom egter ook ’n feit. Maar, dit is wat getrouheid van ons vra.”

  • Avatar

    Yvonne

    |

    Ds Chris wat my tref is in Jeremia 9:24 God se hart “Ek bewys liefde, reg en geregtigheid op die aarde, want dit is wat ek wil he, se die Here.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Ai Chris,
    Ek kyk na die vier punte wat jy hier noem oor geloofsonderskeiding.
    Gee vir almal kans om ʼn bydrae te lewer.
    Fokus op getuienisse van God se werk en teenwoordigheid in hierdie lewe.
    Toets alles aan die Bybel totdat die geloofsgemeenskap duidelikheid kry.
    Neem ’n vaste besluit eers wanneer julle algemene instemming en ’n gemeenskaplike oortuiging bereik het.
    Waarom wil dit nie meer werk in die NG Kerk nie? Die proses veronderstel dat ons van een Gees deurdronge sal wees. Hoekom kry ek die idee ons werk nie meer met dieselfde Bybel en dat ons nie meer deur dieselfde Gees gelei word nie.
    Ons paaie gaan uitmekaar soos die kerk en die Jode se paaie uitmekaar gegaan het in Hand 15.

  • Avatar

    Fransina Hashipala

    |

    More Pastoor Chris ek geniet baie van jou preke, ek is ‘n ouderling by my kerk en leer rerig baie van u af.