Skip to main content

Geloofsekerheid

Ek het ‘n navraag gekry oor hoe ‘n mens geloofsekerheid kry.  Hier is ‘n kort antwoord daarop.

Die beste manier is om jou sekerheid te soek in die Woord van God.  Ek kan aan min beter plekke dink om jou geloofsekerheid te begrond, as op die boodskap van die eerste brief van Johannes.  Ek sal sy boodskap hieroor as volg opsom:

  • Hoofstuk 1: Ons almal is sondig, maar as ons ons sonde bely, sal Jesus ons vergewe en van alle ongeregtigheid reinig.  Jesus is die Middelaar tussen ons en God.  Hy kan ons met mekaar versoen, omdat Hy God en mens tegelykertyd is, en ons van die grootste probleem van menswees, die skuld en die mag van die sonde, kan verlos.  Jesus is dus die belangrikste bron van ons sekerheid dat ons sonde vergewe is.  Hy verlos ons van ons sonde.  Ons kan dit glo.  Daarop kan ons vertrou.
  • Hoofstuk 2: As ons weer sondig (en wie sondig nie weer nie?!), Jesus is ons Voorspraak.  Hy tree vir ons daagliks in by sy Vader.  Sy vergifnis is vir al ons sondes, ook dié wat nog in die toekoms lê.  Ons moet net die pad van heiliging saam met Hom loop.  Jesus gee vir ons wat ons nodig het om die pad enduit met Hom te loop.
  • Hoofstuk 3: Ons is deur vergifnis kinders van God en hoef niks te vrees as Jesus weer kom nie.  Ons kan op God daarvoor vertrou en ons sekerheid as kinders van God daagliks vier.
  • Hoofstuk 4: Ons moet leef in die liefde, want dit is wat kinders van God doen, teenoor Hom en teenoor ons naaste.  Dit feit dat ons lewe in die liefde gee ons ook sekerheid dat ons inderdaad kinders van God is.
  • Hoofstuk 5: Elkeen wat glo dat Jesus van sondes verlos, is ‘n kind van God en kan seker wees hy of sy gaan hemel toe.  Die Heilige Gees gee vir elkeen van ons die getuienis in ons hart dat ons die ewige lewe sal beërwe.  Hy waarborg dit in ons hart.

Hier is my Bybelskool begeleiding vir die eerste brief van Johannes vir ‘n bietjie breër lees.

Daar is natuurlik baie ander maniere om uit die Bybel hieroor te gesels, maar hierdie brief is vir my ‘n uitstekende begin.

Vir diegene wat nog dieper hierop wil ingaan, is die Dordtse Leerreëls ‘n goeie verdere stop.  Dit behandel vyf sekerhede waarop jy jou geloof kan bou.  Daarby is dit altyd goed om die vyf solas in gedagte te hou waaroor ek my Pinksterreeks gehou het: Daar is Geen Ander Evangelie nie.

 


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Geloof, Geloofsekerheid


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…