1 Johannes 1 – Die vleesgeworde Seun van God reinig ons van elke sonde

Jesus is mens en God – vers 1-4

Elke keer as ek hierdie eerste hoofstuk lees, roer dié boodskap my diep binne-in my. Johannes moet die geloofsgemeenskap help om die invloed van die valse profete die hoof te bied.  Waarskynlik sluit dit sy gemeente in Efese in, as dié brief eintlik een van sy preke aan hulle was.  Hy kies daarom om in die eerste vier verse van hierdie brief terug te gaan na die basis van nie net sy persoonlike geloof nie, maar dié geloof wat hy en sy gemeente met die hele Christelike geloofsgemeenskap deel. 

Let op hoe hy aan die eenkant die fisiese kant van die vleeswording van Jesus beklemtoon – hoor, sien, bekyk, met die hande aangeraak.  Vier keer praat hy van sien, twee keer van hoor en een keer van aanraak (vgl. Thomas se behoefte om aan Jesus te raak). Johannes was ’n direkte ooggetuie van die vleesgeworde Jesus, dié Een wat saam met die ander dissipels deur die stofstrate van Jerusalem, Judea en Galilea geloop en die koninkryk van God verkondig het.  Die vleesgeworde Jesus het Johannes dus laat glo en daarvan getuig hy.

Maar, aan die ander kant, is dit vir hom net so belangrik om die geestelike kant van God self te beklemtoon, die kant van God wat in Jesus sigbaar geword het.  Daarom noem hy Jesus die Een wat van die begin af was, die Een wat die Woord van die Lewe is, die Een wat die ewige lewe wat by die Vader was aan ons kom verkondig het en wat ons aan God self, die Vader en sy Seun Jesus Christus verbind om met Hom gemeenskap te kan hê.  Die Woord van God, God self, het Johannes dus laat glo en daarvan getuig hy met net soveel gesag.  Dit is immers die basis van die geloof wat die Christelike kerk verkondig en waardeur elkeen wat dit glo aan dieselfde liggaam van Christus verbind word.

Die ooreenkomste met die proloog van Johannes se evangelie laat ’n mens onmiddellik besef dat dieselfde persoon besig is om dié dinge te verkondig. Jesus is waarlik mens.  Jesus is waarlik God.  Die ontkenning van enige een van dié twee stellings maak die ander ’n halwe waarheid.  Jesus is nie net ’n mens nie.  Jesus is nie net God nie.  Hy is albei.  Dit is in die twee nature van Jesus wat die krag van sy boodskap aan die wêreld geleë is, want Hy bring hemel en aarde, God en mense bymekaar uit.

Daaroor kan ’n mens net bly wees!

God is lig en suiwer ons deur die bloed van Jesus van elke sonde – vers 5-10

Die hart van die boodskap van hierdie vleesgeworde Seun van God is dat God lig is en dat daar in Hom geen duisternis is nie.  Dit is tegelyk die inhoud van die boodskap aan die geloofsgemeenskap asook die maatstaf wat aangelê kan word om die valse profete se boodskap te beoordeel.

Jy kan nie met God in gemeenskap leef en die duisternis lief hê nie, sê Johannes, anders bedrieg jy net jouself en ander.  Maar waar in verbondenheid met God en die geloofsgemeenskap geleef word, daar reining die Here Jesus ons van elke sonde.  Daarmee verbind Johannes heiligheid direk aan God se genade wat binne die geloofsgemeenskap werk.  Reinheid is nie iets wat ’n mens net êrens op jou eie beleef nie, maar iets wat binne die geloofsgemeenskap gestalte kry.

Dit beteken dat ’n mens déél van die geloofsgemeenskap moet bly, nie jouself moet mislei deur aan ander te verkondig dat jy sondeloos is nie en eerder eerlik jou sondes erken sodat die reinigende werk van die Here Jesus binne die geloofsgemeenskap ons van alle kwaad kan suiwer.  Dit is die belofte van die Here: “Hy is getrou en regverdig” en sal “ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad suiwer”, soos vers 9 direk vertaal kan word.

Waar ons egter ons sonde ontken, mislei ons onsself en maak ons God self tot leuenaar en is sy Woord nie meer aktief aan die werk in ons nie.

1 Johannes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: