Skip to main content

Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God?

‘n Christen is Bybelsgesproke iemand wat as ‘n gelowige en ‘n volgeling van Christus bekend is. Dit is wat die Griekse woord Christianos in die NT beteken. Louw en Nida beskryf die woord in hulle woordeboek as volg: “one who is identified as a believer in and follower of Christ.

Dit word die eerste keer vir gelowiges gebruik in Antiogië (Hand. 11:26). Die gemeenskap sien in die gelowiges se lewe dat hulle met Christus identifiseer en Hom navolg. Dit is ook die hart van hulle getuienis. Hulle het teenoor mense getuig van die noodsaak om met Christus te identifiseer en Hom na te volg. Ons hoor bv. by koning Agrippa dat hy in Paulus se passievolle getuienis voor die hof ervaar dat Paulus probeer om hom te beweeg om ook ‘n Christianos te word, iemand wat glo in Christus en Hom navolg (Hand. 26:28). En Petrus moedig ons met dieselfde passie aan om as draers van die naam Christianos ons nie te skaam vir die lyding wat baie keer daarmee gepaard gaan nie, maar God te verheerlik as onbeskaamde Christianoi.

‘n Christen is dus iemand wat in Christus glo en wat Hom volg. Hulle is dus ook kinders van God, want Johannes sê, elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore, is ‘n kind van God (1 Joh. 5:1). Dit is die groot liefde wat God aan ons bewys het dat almal wat in Christus glo kinders van God genoem kan word (1 Joh. 3:1).

Daar behoort dus nooit enige verskil te wees tussen iemand wat ‘n Christen is – ‘n Christianos soos die Bybel dit sê, iemand wat in Christus glo en Hom navolg – en ‘n kind van God nie.

Die werklikheid is egter dat baie mense vandag hulleself Christene noem, omdat hulle óf biologies deel van die kerk is, óf hulleself nog as deel van die Westerse Christendom samelewing beskou wat aanvanklik op Christelike waardes gebou is, maar daardie Christelike basis lankal versaak en verlaat het. Dit wil sê, daar is mense vandag wat nie waarlik glo in Christus en Hom navolg nie, maar tog steeds as Christene identifiseer omdat hulle deel is van die kerk of van die Westerse samelewing. Sulke mense is egter nie kinders van God nie, al dra hulle wel nog in die oë van die wêreld, asook in hulle eie beoordeling van hulleself, die naam Christen.

Paulus waarsku ons in sy tweede brief aan Timoteus teen sulke mense wat die krag van Christus in hulle lewe verloën deur ‘n gedaante van godsdienstigheid te hê (‘n breë identifisering met Christenwees), maar met hulle lewens bewys dat hulle nie Christene is nie deurdat hulle Christus nie meer volg in geloof, leer of gedrag nie. Dit is mense wat selfsugtig is, geldgierig, grootpraterig, aanmatigend, godslasterlik, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, goddeloos, ongevoelig, genadeloos, beledigend, sonder selfbeheersing, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as vir God, mense wat wel op die oog af godsdienstig lyk, maar wat die krag daarvan misken (2 Tim. 3:2-5 – BDV). Van sulke mense moet ons wegbly, sê Paulus, terwyl hy ons waarsku dat dit swaar tye voorspel.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.