Skip to main content

Numeri 23:1-26 – Niemand kan God se seën tot niet maak nie

Bileam tree as woordvoerder van die Here op in vyf verskillende uitsprake.  Die eerste vier het met Israel te make en die laaste een met die Amalekiete, Keniete en Kittiërs:

  1. Eerste uitspraak: God se seën troef vervloeking – Num. 23:1-12
  2. Tweede uitspraak: Niemand kan God se seën tot niet maak nie – Num. 23:13-26
  3. Derde uitspraak: Geseën is hulle wat jou seën, vervloek is hulle wat jou vervloek – Num. 23:27-24:14
  4. Vierde uitspraak: ‘n Ster uit Jakob sal God se wil vir sy volk volledig verwesenlik – Num. 24:15-19
  5. Bileam se ander uitsprake: God sal alle vyande uitwis – Num. 24:20-25

Continue reading

Numeri 23:27-24:25 – Geseën is dié wat jou seën; Vervloek dié wat jou vervloek

Die atmosfeer vir die verdere uitsprake van Bileam verander, want Balak besef toenemend dat hierdie poging van hom om Israel te vervloek, besig is om in sy gesig te ontplof. In desperaatheid neem hy Bileam na nog ‘n ander plek, offer weer op sewe altare, in die hoop dat sy geluk sal draai.

Maar helaas, selfs die feit dat Bileam nou na ‘n droër wêreld afkyk, beïnvloed nie die boodskap van die Here nie.  Trouens sy derde uitspraak raak liries juis oor die samehorigheid en oorvloed wat Israel beleef: “Hulle lyk soos uitgestrekte valleie, soos tuine aan ‘n rivier, soos aalwyne wat deur die Here geplant is, soos sederbome by die water.”  Psalm 1 in oortreffende trap!

Continue reading

Numeri 25 – Pinehas se passie vir God stop die plaag as straf vir afgodery en onsedelikheid

Israel is by Sittim aan die oostekant van die Jordaan, die plek vanwaar Josua verkenners die 16 km Kanaän sal instuur na Jerigo (Jos. 2:1) en uiteindelik die Jordaan self sal oorsteek om die beloofde land in te neem (Jos. 3:1).

Soos Moab in hoofstuk 22-24 die gevaar van buite af was om deur Bileam Israel te vervloek, só is Moab steeds in hoofstuk 25 die gevaar.  Hierdie keer van binne af deur die Israeliete te verlei met afgodery en onsedelikheid (hoerery) op grond van die raad van Bileam.

Moab en Midian was saam verantwoordelik vir die huur van Bileam (Num. 22:4, 7) en hier sien ons dit ook.  Daar is Moabitiese en Midianitiese vroue betrokke.  Dit verklaar ook hoekom daar uiteindelik oorlog teen Midian gevoer word as straf vir hierdie aanslag op hulle verhouding met God deur onsedelikheid en afgodery (Num. 31).

By Sinai is Israel al gewaarsku teen enige verdrag met die nasies van Kanaän of ‘n ondertrouery met hulle mense weens die gevaar van afgodery en onsedelikheid (Eks. 34:15-16).  Hier word die gevaar op ‘n konkrete wyse geïllustreer.  Israelitiese mans val vir die losbandige seksuele verhoudings met Moabitiese vrouens by die offermaaltye waar Baäl-Peor aanbid is.

Continue reading

Numeri 26 – Elkeen kry sy plek in die land

Dit is insiggewend dat die sensus van die tweede generasie eers ná die ramp van die afgodery en onsedelikheid gebeur.  Die laaste oorlewendes van die eerste generasie het waarskynlik met die laaste plaag omgekom, want hierna was daar nie weer verset tot hulle reeds die land begin inneem het nie.  Die tyd het gekom om die volk gereed te maak om die land in te val en vooruit reeds vir elkeen ‘n plek te gee in die land, soos dit vir hulle ouers in die kamp gegeld het.

Weereens word die sensus volgens die militêr weerbare manne in die families en stamme gedoen.  Eleasar neem saam met Moses verantwoordelikheid daarvoor.  Tussendeur word ‘n paar skraapsels historiese detail van die afgelope reis deur die woestyn ingevleg met die sensusdata.

Continue reading

Numeri 27 – God handhaaf die erfreg van vroue en stel Josua as leier aan

In aansluiting by die sensuslys van hoofstuk 26 brei hoofstuk 27 uit oor die vyf dogters van Selofgad wat vir Moses gevra het om ook ‘n stuk grond as deel van die stam van Manasse te kry.  Die beginsel van regverdigheid word gehandhaaf deur die erfreg uit te brei sodat ook vroue kon erf as daar nie ‘n manlike nasaat in ‘n familie was nie – Numeri 27:1-11.  Numeri 36 sal die beginsel verder uitbrei.  Josua word ook as opvolger van Moses aangestel as leier en aanvoerder van die volk – Numeri 27:12-23.

Continue reading

Onlangse kommentaar