Skip to main content

Numeri 1-2 – Elkeen kry sy plek in die kamp

Die tyd vir die volk van Israel om die reis deur die woestyn voort te sit na die beloofde land Kanaän het aangebreek, veertien maande ná die Uittog uit Egipte.  Die Tabernakel is voltooi, die voorskrifte van die wet is gegee, en elkeen het goed geweet hoe hulle in gehoorsaamheid aan die Here en mekaar moet leef.  Hulle was gereed om die Here te volg na die plek wat Hy vir hulle in Kanaän sou aanwys.

Vir die uitdagings waaraan hulle in die woestyn blootgestel sou word, was daar egter nog ‘n paar finale voorbereidings om te tref.  Hulle moes militêr, sosiaal en geestelik as ‘n eenheid saamgesnoer word vir die uitdagings wat hulle in hulle konflik met ander nasies sou ervaar.  Hulle moes ook leer hoe om in die praktyk as families binne die groter geheel met mekaar en God te leef.

Continue reading

Numeri 3-4 – Elke Leviet kry ‘n taak en verantwoordelikheid

Hierdie twee hoofstukke beskryf die roeping van Aäron as ‘n priesterlike teokrasie wat oorerflik is en hier deur sy oorblywende twee seuns Eleasar en Itamar saam met hom uitgevoer word en ná hulle dood deur hulle nageslagte.  Die Leviete word ook ingespan om na die infrastruktuur van die Tabernakel om te sien om die priesters vry te stel om hulle allerbelangrike tussenganger funksie te kan verrig.  Elke Leviet kry ‘n taak en verantwoordelikheid as ‘n voorafskaduwing van hoe die elke lid van die liggaam van Christus in die NT onder beheer van die Gees en sy gawes sou funksioneer.

Continue reading

Numeri 5 – Elke Israeliet moet rein leef, veral in die huwelik

In die boek Levitikus is reeds uitvoerig aandag gegee aan die reinheid van die hoëpriester en die priesters om hulle dienswerk te kan verrig (Lev. 21) sowel as aan die reinheid van die volk in terme van dieet, geboortes, siektes, uitskeidings sowel as die hantering van die tabernakel (Lev. 11; 12; 13-14; 15).  Hier word nou verder op die reinheid van die volk uitgebrei deur aandag te gee aan:

  1. die optrede rondom velsiektes, geslagsiektes (gonorree) en lyke – Num. 5:1-8,
  2. die hantering van enige benadeling van jou naaste – Num. 5:9-8,
  3. die oordrag van besit met offergawes en gewyde gawes – Num. 5:9-10, en
  4. die hantering van agterdog in die huwelik – Num. 5:11-31.

Die feit dat die volk deur God uitgekies is om aan Hom te behoort en rondom sy heiligdom as geloofsgemeenskap te vergader, het ‘n direkte implikasie vir hulle lewe:

  1. persoonlike reinheid ter wille van die gesondheid van die gemeenskap,
  2. goeie sosiale verhoudings ter wille van hulle naaste wat restitusie met 20% rente aan die benadeelde, en offergawes ingesluit het, omdat dit die verhouding met God geskaad het,
  3. godsdienstige verantwoordelikhede in terme van offergawes vir die priesters, en selfs ‘n strewe na
  4. integriteit in terme van hulle huweliksverhoudings.

Netso sal die Leviete hierna ook spesifieke opdragte kry vir hulle reiniging na aanleiding van hulle take en verpligtinge – Numeri 8.

Almal wat getel is en ‘n plek gekry het rondom die Tabernakel moes immers die Here gehoorsaam in sy spesifieke voorskrifte. God het in die heiligdom in die middel van die kamp gewoon.  Daarom moes die volk met nougesette aandag aan sy voorskrifte leef vir elke area van hulle lewe.

Continue reading

Numeri 6 – Die impak van geloftes aan en die seën van die Here

Hoofstuk 6 gee aandag aan twee belangrike geestelike instellings in Israel: die gelofte van die Nasireërs en die seën van die priesters.  Die gelofte het te make met absolute toewyding aan die Here.  Die seën het te make met die omvattende sorg van die Here vir sy mense.

Die gelofte van die nasireër was ‘n spesifieke verbintenis van iemand aan die Here, man of vrou, om ‘n spesifieke uitkoms van die Here af te smeek in gebed en deur gedrag.  Gewone mense kon dit dus doen.  Dit kon ook tot ‘n permanente verbintenis lei waar iemand afgesonder is vir ‘n lewensroeping, soos bv. die geval was met Simson as rigter en Samuel as profeet – Num. 6:1-21.

Die Aäronitiese seën was die Here se verbintenis aan die volk dat Hy vir hulle sou sorg met die omvattende beskerming, genade en vrede van sy teenwoordigheid, wat verhoring van gebede en geloftes sou insluit – Num. 6:22-27.

Continue reading

Numeri 7 – Die Tabernakel word toegewy en ingewy

Hierdie lang hoofstuk verwys terug na die toewyding van die Tabernakel (Num. 7:1 – vgl. Eks. 40), en handel dan vervolgens oor die offergawes vir die vervoer van die Tabernakel, die offergawes vir die inwyding van die altaar (Num. 7:11-88), en die bevestiging van die gesprek tussen die Here en Moses in die tent van ontmoeting (Num. 7:89).  Vir die gerief van Afrikaanse lesers word die offergawes vir die inwyding van die altaar net een keer genoem, omdat die twaalf leiers se offergawes identies was.  In die grondteks word dit egter twaalf keer genoem.

Continue reading

Onlangse kommentaar