My aanpak in hierdie Bybelskool is om met die verhale te werk soos ons dit in die Bybel het, want dit is in dié teks wat gelowiges deur die eeue God se woord gehoor het. Ek wil hierdie gelowiges navolg en jou help om in jou refleksie en nadenke oor die teks God se woord ook vir jou lewe te hoor.
Dit beteken natuurlik nie dat ek oogklappe aansit vir die navorsing wat oor die eeue gedoen is, en die resultate wat onder andere uit die argeologiese en historiese navorsing na vore gekom het nie. Daar is groot waarde daarin opgesluit, hoewel ‘n mens ook moet erken dat dit ‘n beperkte waarde het.
Na Josua as persoon word net drie keer in die res van die OT terugverwys.
1. Die eerste is in Rigters 1-2 (x7) waar telkens terugverwys word na die Intog en Vestiging in Kanaän onder sy leiding. Dit skakel die twee boeke Josua en Rigters daarmee ook aan mekaar.
2. Die tweede keer is in 1 Koning 16:34 waar van die vervulling van sy vloek in Jos 6:26 vertel word. Josua het plegtig verklaar dat die Here die man sal straf wat dié stad, Jerigo, probeer herbou: “Dit sal hom sy oudste seun kos as hy die fondament lê en sy jongste as hy die poortdeure hang.”
Dit het ses eeue later gebeur toe Giël van Bet-El die stad Jerigo opgebou het. “Toe hy die fondamente daarvan gelê het, het sy oudste seun Abiram gesterf, en toe hy die poortdeure gehang het, het sy jongste, Segub, gesterf. Dit was in ooreenstemming met die vervloeking wat die Here deur Josua seun van Nun uitgespreek het.”
Interessant genoeg is daar later ná die ballingskap mense van Jerigo wat teruggekom het en bv Nehemia gehelp het met die herbou van die mure van Jerusalem (Esra 2:24; Neh. 3:2; 7:36). Die feit dat Jerigo herbou is, het dus nie net negatiewe gevolge gehad nie. Daar was ook Jode van Ai wat ná die ballingskap weer teruggekeer het na die land van belofte (Esra 2:28; Neh 7:32).
3. Die derde keer is in ‘n geslagregister in 1 Kronieke 7:27 waar sy naam gelys word.
Josua in die NT
Josua word net 2 keer in die NT genoem. Stefanus herroep Josua se leiding met die Intog in sy toespraak voor die Joodse Raad (Hand. 7:45) en die Hebreërskrywer gebruik die Intog onder leiding van Josua as ‘n aanduiding van die onvolledige rus wat dit vir die volk van God gegee het. Die volle rus het eers in Jesus aangebreek.
Daar is egter meer verbande met die boodskap van die NT as ‘n mens in gedagte hou dat Jesus eintlik ‘n Verlosser is soos Josua. Dit sien ‘n mens op die volgende plekke in die NT:
Deurdat Maria die opdrag kry om haar seun Jesus te noem (Matt 1:21), trek die NT alreeds ‘n sterk verband met Josua van die OT. Jesus is die Griekse vorm van die Hebreeuse naam Josua. Soos Josua die volk die beloofde land moes binnelei, só kan dieselfde van Jesus gesê word. Die beloofde land waarheen Jesus egter gelowiges lei, is die koninkryk van God wat uiteindelik ‘n nuwe hemel en aarde insluit.
Jesus eindig sy aardse lewe op ‘n berg (Matt 28), soos Moses dit ook gedoen het (Deut 34). Soos Moses vir Josua in opdrag van die Here gestuur het om die beloofde land binne te trek (Deut 31:32), só stuur Jesus die dissipels die wye wêreld in om die boodskap van die koninkryk aan al die nasies te gaan verkondig (Matt. 28:18-20). Soos Moses beklemtoon het dat Josua en die volk alles moet doen wat die Here hulle deur sy bediening beveel het (Deut 31:12), só doen Jesus dit ook (Matt. 28:20).
Soos Josua rus vir die volk gebring het in die beloofde land (Jos 11:23; 21:44), só doen Jesus dit ook (Hebr. 4:1-11; 12:1-2).
Die boek Josua (en die persoon van Josua) vorm dus ‘n integrale deel van die verhale wat deur die NT as aansporing (en soms ook as waarskuwing) vir gelowiges aangehaal word. Ons moet dit dus só lees, as voorbeeld verhale in ons verhouding met die Here Jesus en mekaar op ons reis na die ewige bestemming wat God vir ons belowe het (1 Kor. 10; Rom 15; Hebr 4).
Indeling van die boek
Ons gaan die boek hoofstuk vir hoofstuk lees in sy 4 hoofdele:
Israel trek die land Kanaän binne (1:1-5:12)
Israel neem die land in besit (5:13-12:24)
Die land word verdeel onder die 12 stamme (13:1-21:45)
Die volk hernuwe hulle verbond met die Here (22-24)
Dit is meteens, reg aan die begin van die boek, duidelik dat die Here ‘n uiters geslaagde leierskapsverandering te weeg gebring het. Die Here kommandeer Josua op ná Moses se dood en beveel hom om gereed te maak en deur die Jordaan die land Kanaän binne te trek, hy en die hele volk. Die belofte van die land gaan nou in vervulling gaan deur hulle gehoorsaamheid aan God se opdrag.
Die Here gee Josua twee bykomende beloftes, die beloftes van oorwinning en God se teenwoordigheid: “Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie.” En: “Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie.”
Josua kan die uitdaging van die Intog aanpak in volle versekering dat God met hom sal wees. En hierdie belofte word uitgebrei dat dit die roeping wat God vir hom het, insluit. “Jy moet hierdie volk die land in besit laat neem – Wees daarom sterk, want Ek is by jou.”
Die Here beklemtoon daarmee die werklikheid van die belofte. Hy het die land aan hulle gegee, soos Hy aan Abraham (Gen 12:1-7) en Moses (Deut 4:1-5) belowe het. Trouens, ‘n mens kan “dit gee Ek aan julle” as verlede tyd vertaal “dit het Ek aan julle gegee”.
Maar dit bly steeds ook iets wat hulle in besit moet neem. Dit is “elke plek waarop julle voetsool trap” wat aan hulle gegee is en word.
Josua stuur van Sittim af twee verkenners om die land te gaan deurkyk. Hy stel veral belang in Jerigo wat net anderkant die Jordaan en net noord van die Dooie See was. Sittim was die plek waar die Israeliete moeilikheid met die Moabitiese vrouens onder Bileam se leiding opgetel het totdat Pinehas ‘n einde aan die afvalligheid gebring het (Num 25).
Die twee verkenners gaan tuis in die huis van die prostituut Ragab wat ‘n huis in die muur van Jerigo gehad het. In die Hebreeus is dit duidelik dat hulle daar, dws in die huis, geslaap het, en nie by haar nie (anders as in Rigt 16:1 met Simson in Gasa waar hy by haar, die prostituut, geslaap het).
Hulle teenwoordigheid gaan egter nie ongesiens verby nie, en die koning eis dat hulle uitgelewer word. Hy was baie bewus van die gevaar wat die Israeliete net anderkant die Jordaan vir hom ingehou het.
Sy besluit om hulle weg te steek en die koning en sy manne om die bos te lei. Dit wil voorkom asof sy hulle eers êrens in die huis versteek het, en daarna op die dak laat klim het en onder oopgespreide vlasstoppels (gebruik om op te slaap en as voer) laat wegkruip het.
Die volgende fase van Josua se veldtog breek aan met die vertrek die môre vroeg van Sittim af. Hulle het tot by die Jordaan getrek en daar oorgebly in voorbereiding vir die Intog in Kanaän. Dit was ‘n groot groep, want dit het drie dae geneem om almal daar te kry.
Die Leviete kry die opdrag om met die ark van die verbond – ‘n simbool van God wat die stryd voer – omtrent ‘n kilometer voor die Israeliete uit te trek, sodat die Here so self die pad kon aanwys. Só was dit ook die geval met hulle reis deur die woestyn waar die Here op dié manier vir hulle oorbly plekke aangewys het (Num 10:33).
Trouens, die Here het hulle gestraf as hulle dit gewaag het om sonder sy leiding te beweeg (Num 14:44). Hierdie begeleiding van die Here deur die ark sou egter nooit ‘n magiese of outomatiese karakter aanneem nie, soos die Israeliete in die tyd van Samuel sou uitvind. Daar is hulle verslaan ten spyte van die ark se teenwoordigheid, want hulle het die Here nie geraadpleeg nie (1 Sam 4). Gehoorsaamheid aan die Here bly die vereiste wat Hy stel vir elkeen wat Hom wil volg.
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Onlangse kommentaar