Skip to main content

Oorsig oor die gesprek van Elihu met Job en sy drie vriende – Job 32-37

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Inleiding

Elihu se woorde in hfst. 32-36 is ‘n direkte reaksie op Job en sy drie vriende se gesprek. Elihu kla in 32:14: “Met my het Job nog nie geargumenteer nie.”  Hy is ook negatief oor die drie vriende: “Met julle argumente sal ék hom nie aanpak nie.”  Hieruit kan ‘n mens agter kom dat daar ‘n wisselwerking is tussen sy toespraak en die voorafgaande drie hoofstukke (29-31) sowel as die vorige drie gespreksrondtes tussen Job en sy drie vriende (3-27).

Elihu se vierdelige toespraak is dus ook ‘n antwoord op die vorige toespraak van Job.  Trouens, Elihu verwoord doelgerig sy woorde as ‘n antwoord aan Job en sy drie vriende: “Luister na my … ek het geluister na julle argumente.” (32:10-11).  Hoewel hfst. 31:40 dus die einde van Job se woorde in dié drie hoofstukke aankondig, en daarmee die einde van alles wat hy te sê gehad het, is daar tog ‘n eksplisiete verband tussen Elihu se woorde en Job se laaste woorde.  Daar is dus ‘n element van ‘n gesprek tussen Job en Elihu te bespeur, al was dit net van Elihu se kant af só bedoel.

Continue reading

Job 32 – Elihu: My gees dwing my om te praat

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Elihu word bekendgestel as die seun van Brakel, ‘n Bussiet uit die familie van Ram.  Dit is moeilik om daaruit veel af te lei.  Die naam Brakel is onbekend.  Die pleknaam Bus word saam met Dedan en Tema (Elifas was ook van Tema) met die Edomiete geassosieer. Ram word weer met die stamboom van Dawid geassosieer (Rut 4:10).  Sy afkoms en woonplek is verder onbekend, hoewel die betekenis van sy naam iets oor sy boodskap sê: “Hy is God.”

Dit is duidelik dat Elihu kwaad geword het. Dit word vier keer in die eerste vyf verse genoem.  Hy het kwaad geword vir Job, sowel as vir die drie vriende.  Die redes wat hy uitspel, is as volg.  Eerstens het hy kwaad geword, omdat Job volgehou het dat hy reg het, nie God nie (32:2).  Tweedens het hy kwaad geword, omdat die vriende Job nie reg kon antwoord nie, en nie sy skuld met hulle argumente kon aantoon nie (32:3).

Daarom kon hy nie langer stilbly nie, al was hy baie jonger as hulle, sê Elihu.  Hy was huiwerig omat hulle grysaards was en hy die wysheid van die grysheid die voordeel van die twyfel wou gee.  Maar helaas het hy agter gekom dat die gewig van die jare nie die gewig van die wysheid bepaal nie.

Continue reading

Job 33 – Elihu 1: God hoef nie rekenskap aan jou te gee nie

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Elihu begin sy eerste toespraak met ‘n bevestiging van sy eie menswees.  Dit gee hom die reg om met Job te mag praat, hoewel dit ‘n gelyke reg is, omdat hy ook maar uit klei gevorm is.  Maar vanuit dié posisie wil hy weet hoekom Job dan vir God beskuldig.  Hy hoef mos nie rekenskap aan Job te gee nie? (33:1-13).

Elihu brei dan die drie vriende se oorsaak-en-gevolg teologie uit met twee basiese fundamentele beginsels van God se rol in die voorspoed of verlies wat mense ervaar: 1) God spreek die mens aan deur ‘n openbaring om hom te waarsku van ‘n verkeerde koers (33:14-18).  2) God spreek die mens aan deur ernstige siekte dat hy hom tot God kan wend om deur vergifnis weer gesondheid te kan ervaar (33:19-30).

Continue reading

Job 34 – Elihu 2: God doen niks verkeerd nie!

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Elihu se tweede toespraak kan in twee dele ingedeel word op grond van die feit dat die drie vriende in die eerste deel aangespreek word (34:1-15) en Job in die tweede deel (34:16-37).

  • God doen niks verkeerd nie! Elihu haal ‘n vraag van Job uit die tweede gespreksrondte aan en verwoord dit as ‘n stelling in vers 3: “Die oor toets woorde soos die verhemelte kos proe.” (vgl. 12:11).  Met hierdie subtiele aansluiting by Job se eie woorde nooi hy dan die vriende uit om Job se woorde te toets en as ongeldig te bevind.
  • Job se woorde is sonder insig. Elihu neem een van die vriende, Sofar, se fokus op die verstand: “As jy jou verstand reg wil gebruik …” (11:13), en daag Job uit om sy verstand te gebruik en met Elihu saam te stem dat God nie op enige manier skuldig bevind kan word aan enige partydigheid of onregverdigheid nie.  Dit moet Job wees wat êrens gefouteer het, en nou die prys daarvoor betaal.  Job se woorde toon daarom geen insig nie.

Continue reading

Job 35 – Elihu 3: Jou vroomheid is onder verdenking

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Elihu gebruik ‘n vraag wat hy in die mond van Job plaas en sy eie kommentaar daarop om Job se vroomheid onder verdenking te plaas.

Die vraag wat Job sou vra, na Elihu se mening, is: “Wat baat dit my, wat kan ek wen as ek nie sondig nie?” (35:3).  Hy beantwoord dit deur Job te herinner aan God se onpartydigheid, hoewel dit gou blyk eerder as God se ongevoeligheid beskryf sal moet word, ‘n onhoudbare interpretasie van God se houding teenoor mense (35:1-8).

Die kommentaar wat Elihu op sy vroomheid bied, is: “Mense roep om hulp, maar Hy antwoord nie.” (35:12).  Hy bewys dié kommentaar deur te verwys na die redes vir dié gebrek aan gebedsverhoring: onafhanklikheid (35:10), hoogmoed en boosheid (35:12).  God luister veral nie na “hol woorde” van sondige mense nie (35:9-16).  Hoewel dié redes iets om die lyf het, skop Elihu weereens die bal mis deurdat hy op meer insig in God se handelinge met Job aanspraak maak, as wat inderdaad die geval is.

Continue reading

Onlangse kommentaar