Matteus sluit hierdie gedeelte oor die krag en missie van die koninkryk af met die tweede belangrike toespraak van Jesus, die uitsendingsrede, wat onderrig aan die dissipels gee vir die taak waarvoor Jesus hulle uitstuur. Dit gee sewe perspektiewe wat die dissipels vir hulle taak moet motiveer en versterk, ten spyte van die werklikheid van vervolginge, uitdagings, verdeeldheid.
Hoofstuk nege gee vir ons ’n verdere vyf wonderwerke van Jesus weer wat ingevleg word saam met drie bydraes van Jesus oor dissipelskap, waarvan die laaste een die groot uitsending van die twaalf, waarvan ons in hoofstuk 10 gaan lees, inlei.
Met hoofstuk agt kom ‘n volgende hoofdeel van Matteus se verhaal op die tafel, wat ek in die inleiding as volg gedefinieer het: die krag en missie van die koninkryk – hfst. 8-10. Die drie hoofstukke handel oor ‘n seleksie van verhale uit Jesus se bediening wat twee hoofaksente bevat:
GENESINGS: Matteus fokus sterk op die verhale van Jesus se genesings en wonders; daar is nege genesingsverhale (‘n melaatse, verskillende verlamdes, ‘n koorsige skoonma, verskillende besetenes, ‘ n bloeiende vrou, en ‘n gestorwe dogter) en een wonderverhaal oor die storm wat stil gemaak word, verweef met die ander verhale. Só word God se krag gedemonstreer;
DISSIPELSKAP: Matteus fokus sterk op ‘n beskrywing van hoe Jesus gevolg moet word. Tussen die verhale van genesings en wonders is daar verskillende verhale van volgelingskap ingeweef, soos die verhaal van Matteus se roeping, en die verhaal oor die uitsending van die twaalf, waarin Jesus ook uitbrei oor die ontberinge van dissipelskap en die eis tot lojaliteit aan Hom, waarby ook sy lering oor vastye en feestye ingesluit word. Só word God se missie uitgevoer.
Hoofstuk sewe bevat ’n klomp samevattende gedagtes van Jesus wat agt laaste opdragte vir die dissipels gee en só ’n prentjie van die vrug van geregtigheid in die dissipels se lewe vir ons skets.
Nadat Jesus hierdie ses sleutel aspekte van die stryd vir geregtigheid op die tafel gesit het, fokus Hy op hóé mens die lewe van geregtigheid beoefen. En onthou, dit omsluit eintlik almal met wie jy in ‘n verhouding is. Mense wat naby aan jou is soos huweliksmaats, en mense wat jou teenstanders en selfs jou vyande is. Mense wat wat jou kwaad maak en ontstel met hulle dwaasheid en “nikswerdgeid” (“a useless soort van vent,” soos een van my vriende soms uit radeloosheid opmerk), sowel as jou verhouding met jouself, waarin dit belangrik is om reg te kyk, reg te praat en reg op te tree teenoor dié wat jou kwaad (kan) aandoen.
Jesus lig in hierdie hoofstuk twee oorhoofse aspekte van die lewe van geregtigheid uit:
Liefdadigheid, gebed en vas – die lewe met God – 6:1-18;
Fokus op God nie op jou eie welvaart nie – die lewe in die gemeenskap – 6:19-34.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar