Matteus 24:3-51 – Jesus motiveer sy dissipels tot waaksaamheid en gereedheid, betroubaarheid en verstandigheid
Jesus vervolg in hoofstuk 24 (tot 25) met sy profetiese rede waarin Hy sy dissipels help om die eise van die eindtyd te verstaan om te kan volhard. Die eindtyd is iets wat nou al ’n aanvang neem met Jesus se bediening (24:3-14), dit sluit die groot verdrukking in wat ’n dubbele betekenis het – dit is iets wat hulle in hulle tyd sal ervaar, sowel as iets wat aan die einde van alle tyd sal gebeur (24:15-28). Hulle moet dus leer om met onderskeiding daarin op te tree. Daarna sal die Seun van die Mens weer kom op die wolke en die uitverkorenes versamel vir die koninkryk wat in sy volle betekenis sal aanbreek ( 24:29-31). Hierdie verlossing sal groot vreugde bring.
Jesus skerp hierdie boodskap oor die eindtyd in met ’n appèl aan die dissipels met die voorbeeld van die vyeboom (24:32-35), wat hulle moet leer om voortdurend waaksaam en gereed te wees (24:36-44) en tot betroubaarheid en verstandigheid moet aanspoor (24:45-51).
Jesus sluit sy toespraak in hoofstuk 25 af oor die koms van die koninkryk met drie uitnemende gelykenisse wat die dissipels aanspoor tot waaksaamheid (gelykenis van die tien meisies – 25:1-13), getrouheid (gelykenis van die muntstukke – 25:14-30) en barmhartigheid (gelykenis van die skape en die bokke – 25:31-46).
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik