Jesus sluit sy toespraak oor die koms van die koninkryk af met drie uitnemende gelykenisse wat die dissipels aanspoor tot waaksaamheid (gelykenis van die tien meisies – 25:1-13), getrouheid (gelykenis van die muntstukke – 25:14-30) en barmhartigheid (gelykenis van die skape en die bokke – 25:31-46).
Jesus vervolg in hoofstuk 24 (tot 25) met sy profetiese rede waarin Hy sy dissipels help om die eise van dieeindtyd te verstaan om te kan volhard. Die eindtyd is iets wat nou al ’n aanvang neem met Jesus se bediening (24:3-14), dit sluit die groot verdrukking in wat ’n dubbele betekenis het – dit is iets wat hulle in hulle tyd sal ervaar, sowel as iets wat aan die einde van alle tyd sal gebeur (24:15-28). Hulle moet dus leer om met onderskeiding daarin op te tree. Daarna sal die Seun van die Mens weer kom op die wolke en die uitverkorenes versamel vir die koninkryk wat in sy volle betekenis sal aanbreek ( 24:29-31). Hierdie verlossing sal groot vreugde bring.
Jesus skerp hierdie boodskap oor die eindtyd in met ’n appèl aan die dissipels met die voorbeeld van die vyeboom (24:32-35), wat hulle moet leer om voortdurend waaksaam en gereed te wees (24:36-44) en tot betroubaarheid en verstandigheid moet aanspoor (24:45-51).
Jesus sluit sy toespraak in hoofstuk 25 af oor die koms van die koninkryk met drie uitnemende gelykenisse wat die dissipelsaanspoor totwaaksaamheid (gelykenis van die tien meisies – 25:1-13), getrouheid (gelykenis van die muntstukke – 25:14-30) en barmhartigheid (gelykenis van die skape en die bokke – 25:31-46).
Die verhale, simboliese handelinge, gelykenisse, gesprekke en die laaste genesingsverhaal van hoofstuk 19-22 word opgevolg met die vyfde en laaste toespraak van Jesus, dié keer ’n profetiese rede, in verband met die verdere koms van die koninkryk – hfst. 23-25.
Dit sluit ’n verdoemende veroordeling van die skrifkenners en Fariseërs se skynheiligheid in (23:1-12), sewe oordele oor hulle omdat hulle mense van die koninkryk uitsluit met hulle skynheiligheid (23:13-36) asook ’n veroordeling van Jerusalem wat God se genade versmaai het (23:37-39) en tot die vernietiging van die tempel sal lei (24:1-2).
Jesus vervolg sy gesprek met die Fariseërs met ’n derde gelykenis oor die reaksie van genooide gaste na ’n bruilofsfees met die implisiete betekenis dat die Fariseërs optree soos die eerste genooides wat die uitnodiging geweier het (22:1-14). Daarmee onderstreep Jesus finaal hulle onbetroubaarheid. Die gelykenis word opgevolg met drie vrae wat die Fariseërs in reaksie daarop aan Jesus vra: oor belasting aan die keiser (22:15-22), oor die opstanding van die dooies (22:23-33) en die groot gebod in die wet (22:34-40). Dit is almal vrae wat Hom polities, godsdienstig en eties probeer vastrek, hoewel Jesus net te uitgeslape is vir hulle met sy deeglike praktiese antwoorde. Jesus sluit sy wedersydse gesprek met hulle af met ’n eie vraag wat Hy aan hulle rig oor Sy identiteit waarop hulle geen antwoord gehad het nie (22:41-46). In hoofstuk 23 sal Hy ’n omvattende oordeel oor hulle uitspreek.
Jesus arriveer uiteindelik in Jerusalem vir die volvoering van sy roeping – sy lyding, kruisdood en opstanding – soos Hy nou al drie maal duidelik aan die dissipels gekommunikeer het.
Hoofstuk 21 fokus op:
die impak van Jesus se Intog in Jerusalem op die stad en sy mense (21:1-11);
die impak van Jesus op die tempel en die kultus deur Jesus se reiniging van die tempel (21:12-17);
die simboliese vervloeking van die vyeboom deur Jesus (21:18-22) as inleiding tot sy gesprek met die Joodse leiers wat handel oor drie wesenlike sake:
Jesus se gesag (21:23-27);
Die noodsaak van gehoorsaamheid aan die hand van die gelykenis van die twee kinders (21:28-32);
Die noodsaak van geloof om die koninkryk te beërwe na aanleiding van die gelykenis van die huurders en die wingerd (21:33-46).
Die implikasies hiervan kan nie misgekyk word nie, soos die leierpriesters en die Fariseërs uiteindelik te kenne gee dat hulle dit begin besef. Dit is, dat God die koninkryk van hulle sal wegneem en sal gee aan dié wat in Hom glo. Die Jode maak die fout, sê Jesus, om te dink dat hulle Hom uit die weg kan ruim deur Hom dood te maak. Maar wat eerder sal gebeur, verklaar Jesus, is dat hulle verpletter sal word, juis op dié klip wat hulle, die bouers, as hoeksteen vir God se gebou afgekeur het. Hoe tragies.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar