Hierdie toespraak van Jesus, die sogenaamde Bergrede (hfst. 5-7), is die mees indringende verkondiging van wat die koninkryk van God behels. Ten diepste handel die koninkryk oor die vestiging van God se geregtigheid in elke aspek van die lewe – godsdienstig, sosiaal, persoonlik. Dit kan as die etiek van die koninkryk beskryf word wat aansluit by die boodskap van die OT, maar in alle opsigte dieper en vêrder as dit gaan. Die sentrale plek wat die “Ons Vader” gebed in die Bergrede neem, val ook op, waarin die gebed vir die koninkryk ook sentraal staan (6:9-13).
Die lewe is darem nie maklik nie! Van die hoogtepunt van die doop en die duif … word Jesus gelei na die dieptepunt van die duiwel se versoeking. Dit is egter nie slegte nuus nie. Dit is goeie nuus, dit is die evangelie. Hoekom? Want Jesus aanvaar die uitdaging sonder skroom, sonder klag, sonder om terug te deins. Dit is immers al die eerste oorwinning; om nie in te gee voor die behoefte om dinge makliker in die lewe te hê nie. En Hy slaag die toets uiteindelik met vlieënde vaandels as ewige getuienis dat ons in Hom die oorwinning oor die duiwel, die versoeker en aanklaer, het.
Baie van ons is bekend met die gelade sin waarmee Scott Peck sy boek The Road Less Travelled begin: “Life is difficult.” Maar minder van ons weet of onthou wat hy direk daarna skryf: “This is a great truth, one of the greatest truths. It is a great truth because once we truly see this truth, we transcend it. Once we truly know that life is difficult – once we truly understand and accept it – then life is no longer difficult. Because once it is accepted, the fact that life is difficult no longer matters.” Dit is die eintlike punt van die besef dat die lewe moeilik is. As jy dit eenmaal aanvaar dat die lewe moeilik is, kan jy daarmee handel, kan jy met moed en oortuiging daarop reageer.
Matteus vertel dus dié verhaal van Jesus se versoeking (4:1-11) as belangrike inleiding tot die begin van sy verkondiging (4:12-17), die roeping van sy eerste dissipels (4:18-22) en die barmhartige hart wat Hy aan sy mense bewys deur hulle nie net te onderrig nie, maar ook van elke siekte en kwaal te genees (4:23-25).
Matteus spring van Jesus se geboorte en uiteindelike verblyf in Nasaret direk na die voorbereidingswerk van Johannes die Doper (3:1-12) en die publieke aankondiging van Jesus as God se geliefde Seun, soos deur sy doop met water en deur die neerdaal van die Gees in die vorm van ‘n duif op Hom bevestig word (3:13-17).
Matteus vervolg die geboorte verhaal van Jesus deur te fokus op die reaksies van ’n wye reeks mense op God se bekendstelling van sy herderleier, Jesus, in vervulling van die OT beloftes. Die hele hoofstuk kom uit sy eie versameling van Jesusverhale. Die verhale van die volkstelling en die geboorte in die krip, met die herders wat die eerste menslike getuies daarvan word, word weer net in Lukas gevind.
Die reaksies op Jesus sluit in die eerste plek verteenwoordigers van die nasies in (sterrekenners) en in die tweede plek verteenwoordigers van die Joodse volk (koning Herodes, die hele Jerusalem, die leierpriesters en skrifkenners). Die nasies bewys aan Hom eer en bring vir Hom geskenke. Die volk is egter ontsteld oor die nuus en Herodes só briesend dat hy ’n tragiese kindermoord pleeg in ’n poging om Jesus uit die weg te ruim.
Matteus begin sy evangelie met die geslagsregister van Jesus Christus – Matt. 1:1-17 – en sy geboorte waarin gefokus word op beide die rol van Josef, sy aardse pa en die vervulling van die profesieë en beloftes van die OT – Matt. 1:18-25. Dit gee ons antwoorde op die wat en die hoe vrae oor Jesus se historisiteit en uiteraard die teologiese betekenis daarvan, soos hfst. 2 ons antwoorde gaan gee op die verdere waar en hoekom vrae (Hagner) as voorbereidende begronding van Jesus se bediening waaroor hfst. 3-4 gaan handel.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar