Eksodus 26 – Jy moet die tabernakel oprig presies volgens die plan wat op die berg vir jou gewys is
Die instruksies vir die tabernakel waarbinne die ark, die tafel en die kandelaar gehuisves moes word, kom volgende aan die beurt. Die uitvoering daarvan word in Eks. 36:8-38 vertel. Dit is opmerklik hoe elke element in die fynste detail voorgeskryf word. Moses moet die tabernakel beplan en oprig presies volgens die plan wat op die berg vir hom gewys is. Op geen manier mag hy daarvan afgewyk het. Die werklikheid van God in die hemel bepaal dus die werklikheid van God hier op aarde, waarin ons Hom nougeset en lojaal moet navolg. Selfs ons gebede dra daardie karakter, soos ons in die Ons Vader bid dat God se wil sal geskied in die hemel net so ook op die aarde (Matt. 6:10).

Onlangse kommentaar