Skip to main content

Tag: Eksodus

Eksodus 36:2-38 – Die volk bring meer as wat nodig is

Die volk bring meer as wat nodig is – Eks. 36:2-7

Ná die ongelooflike tragedie van die goue kalf waarin die volk, mans en vroue, hulle goue oorringe aan ‘n afgodsbeeld afgestaan het, word die offergawes vir die bou van die tabernakel ‘n oorvloedige stroom wat gou meer was as wat nodig was.  Soveel so dat Moses heel gou die proses van die insameling van die offergawes moet stopsit.  Daar was meer as genoeg.  Daar was selfs oor.  En onthou dat dit vrywillig was, soos elkeen in sy hart en gees hulle voorgeneem het.  Wat ‘n omdraai in die lewe van die volk!  Van losbandige opstand téén God na ‘n oorvloed van offers áán God.

Laat ‘n mens dink aan die Here Jesus wat in Simon die Fariseër se huis die vrou se geskenk van die albaster fles met geurige olie loof waarmee sy sy voete gesalf het: “Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” (Luk. 7:47).  Dit is duidelik dat hulle waarskynlik ‘n ontmoeting vóór die episode in Simon se huis gehad het.  Lees meer in my onlangse preek daaroor: Die vrou wat Jesus se voete met geurige olie gesalf het.

Die bou van die tabernakel – Eks. 36:8-38

Hierop volg die uitvoering van die instruksies oor die tabernakel wat gegee is in Eks. 26:1-37.  Ek het reeds meer oor die betekenis van die onderskeie dele daarvan in daardie hoofstuk gesê.  Lees daar meer oor die tentdoeke en bedekkings se geestelike betekenis wat die volk aan sleutel elemente van hulle verhouding met die Here moes herinner.  Dit was ook van die begin af duidelik dat God se teenwoordigheid in die tabernakel ‘n betekenis sou hê vir die hele heelal.

Eksodus 35:1-36:1 – Elkeen wie se hart en gees hulle daartoe aangespoor het, het vrywillig offergawes gebring

Die tafel is nou gedek vir die bou van die Tabernakel.  Die Here se instruksies is volledig gegee in Eksodus 25-31.  Die toorn van die Here oor die afvalligheid van die volk net die goue bulkalf is afgeweer deur Moses se bemiddeling in Eksodus 32-34.  In die volgende ses hoofstukke van Eksodus 35-40 sal die uitvoering van God se opdrag dus gegee word, in baie opsigte ‘n herhaling van die gedetailleerde beskrywings in Eksodus 25-31.

Ek gee weer in tabelvorm die ooreenkomste, dié keer aan die hand van die orde van die uitvoering van die opdrag, sowel as die unieke bydraes wat hier geplaas is:

Continue reading

Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie

Moses se middelaarskap bly op die voorgrond in hoofstuk 34 waarin hy die opdrag kry om weer twee plat klippe voor te berei dat die Here die Tien Gebooie vir ‘n tweede keer daarop kan skryf.  Die Here sal dan ook aan sy versoek voldoen om sy heerlikheid aan Moses van agter af ten toon te stel – Eks. 34:1-7.  Dit lei tot Moses se verdere versoek dat die Here hulle ongeregtigheid en sonde sal vergewe en hulle as God se “eiendom” sal aanneem.  Die Here hernuwe daarop die verbond met die volk en gee ‘n verdere twaalf voorskrifte wat hulle moet gehoorsaam, ‘n soort kultiese Twaalf Gebooie – Eks. 34:8-27.  Dit word opgevolg met ‘n beskrywing van die heerlike afloop van hierdie verbondsluiting wat ‘n verheerliking van Moses insluit.  Sy gesig het geblink van die heerlikheid van die Here – Eks. 34:28-35.

Continue reading

Eksodus 33 – Onthou tog hierdie nasie is u volk

Die diepste impak van die destruktiewe gevolge van die sonde lê altyd in die afstand wat kom tussen God en die mens.  Soos Jesaja eeue later sou verklaar: “Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie.  Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.” (Jes. 59:1-2).  Die rede vir die afstand lê nooit in God opgesluit nie, maar in die sonde en moedswilligheid van sy mense.

Daarom wil die Here nie saamtrek met die volk na Kanaän nie, al sou Hy steeds sy belofte om die beloofde land vir hulle te gee, uitvoer.  Net sy engel sou saamtrek, anders sou Hy waarskynlik genoodsaak wees om die volk uit te wis weens hulle moedswilligheid – Eks 33:1-6.  Moses slaan egter ‘n tydelike tent van ontmoeting op buite die kamp om as middelaar tussen God en die volk op te tree, sodat hulle as’t ware van ver af die interaksie wat hy met God het, kan gadeslaan en benut – Eks. 33:7-11. Uiteindelik gebruik hy dié tent van ontmoeting om die Here te oortuig om dié besluit om nie saam te trek nie, te heroorweeg – Eks. 33:12-23.

Continue reading

Eksodus 32 – Die tragedie van die goue bulkalf en die toorn van Jahwe

Die episode van die goue bulkalf staan vir altyd as ‘n herinnering aan die eerste en grootste versoeking vir die Godsvolk om ander gode náás Jahwe te aanbid, om God op hulle eie terme te aanbid en nie op Syne nie.  Die gevolge daarvan kan altyd in die moreel-etiese konsekwensies gesien word.  Waar ander of eensydige “prentjies” van God as verklaring vir Hom gebruik word, kan sy wil vir die lewe (die Tora) geïgnoreer word soos ons hier in die onvermydelike “losbandigheid” van die volk kan sien, die tweede grootste versoeking vir die Godsvolk.

Jou Godsbeeld bepaal jou mensbeeld.  Waar jy sekere aspekte van God bo ander verhoog, bv. die klem vandag op God se genade en insluiting, sal jy geneig wees om sonde oor te sien en sondige praktyke goed te keur, dinge wat deur ander aspekte van ‘n Bybelse Godsbeeld aangespreek word, bv. God se toorn en verkiesing.  God se genade maak net sin in die lig van sy toorn, soos Romeine 1-3 so helder uitlê.  God se insluiting maak net sin in die lig van die verkiesing, soos Romeine 9-11 so helder uitlê.

Lees dus hierdie gedeelte met groot aandag, omdat hier fundamentele aspekte van ons Godsverhouding neergelê word.  Die tragedie van die goue bulkalf – Eks. 32:1-6 – word opgevolg deur die toorn van God – Eks. 32:7-14.  Dit is alleen wanneer ‘n mens dít goed begryp dat jy die triomf van die genade en vergifnis van God – Eks. 32:15-35 kan raaksien in die gedeelte: “Toe het die Here daarvan afgesien om die ramp waarvan Hy gepraat het, oor sy volk te bring.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda