Skip to main content

Sluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aan

Vanaf 24 September is daar ‘n landwye gebedsinisiatief — 49 dae waarin gelowiges saam bid vir leiers regoor Suid-Afrika, gebaseer op ‘n gedeelde daaglikse fokus wat gewortel is in Sagaria 10. Elke dag bring ‘n kort Skrifgedeelte en gebedsvoorstel, en jy sal elke oggend en aand inteken soos jy bid, sodat jou stad sy eie gebedsmomentum kan sien groei saam met ander regoor die land. (Bereik dit as ‘n channel op WhatsApp of by hierdie skakel ná registrasie: https://bit.ly/49daysapp)

Wat dit behels:

  • Registreer met net jou naam en stad — geen wagwoord nodig nie – https://49-day-prayer-challenge.onhercules.app/
  • ‘n Paar minute elke oggend en aand om die dag se voorstel te lees en aan te dui dat jy gebid het
  • Deel wees van iets groter — jou gebede tel by jou stad se totaal, sodat jy saam met ‘n hele gemeenskap bid, nie alleen nie

Hoe jy kan help om die woord te versprei:

  • Nooi ‘n paar mense in jou eie kring — familie, vriende, jou kerk of werkplek — om aan te sluit en te registreer
  • Deel dit in jou WhatsApp-groepe of op Facebook wanneer dit begin
  • Moedig jou stad of dorp aan om dit te ondersteun, sodat elke area verteenwoordig word

Sal jy gewillig wees om aan te sluit, en ‘n paar ander mense ook hiervan te laat weet?

Hansie Louw

Julle is die sout vir die aarde

Jesus se verwysing na gelowiges as die “sout van die aarde” sou baie betekenis gehad het vir vissermanne wat bekend was met die proses van vis sout vir preservering. Vissermanne het hulle vis na die hawe by Magdala gebring om gesout te word en dan in die res van die Romeinse ryk verskeep te word. Die hawe by Magdala was bekend as Taricheae, die plek waar vis gesout word.

MATTEUS 5:13

13 “Júlle is die sout vir die aarde, maar as die sout smaakloos word, waarmee sal dit sout gemaak word? Dis vir niks meer goed nie behalwe om buite gegooi en op getrap te word deur die mense.

Continue reading

Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm

Jesus openbaar sy koninkryk deur woordbediening en wonderwerke

1ste diskoers: Geregtigheid van die koninkryk (hfst. 5–7)

Hierdie toespraak van Jesus, die sogenaamde Bergrede (Matteus 5-7), is die mees indringende verkondiging van wat die koninkryk van God behels. Ten diepste handel die koninkryk oor die vestiging van God se geregtigheid in elke aspek van die lewe – godsdienstig, sosiaal, persoonlik.  Dit kan as die etiek van die koninkryk beskryf word wat aansluit by die boodskap van die OT, maar in talle opsigte dieper en verder as dit gaan.  Die sentrale plek wat die “Ons Vader” gebed in die Bergrede neem, val ook op, waarin die gebed vir die koninkryk ook sentraal staan (Matt. 6:9-13).

Die woord geregtigheid word eksplisiet op vyf plekke genoem (Matt. 5:6,10,20; 6:1,33), maar lê vir my onderliggend aan die meeste van Jesus se uitsprake in dié drie hoofstukke:

  • die fokus op “goeie werke” waardeur God sigbaar word (Matt. 5:16);
  • die sentrale toepassing en vervulling van die “wet en profete” deur Jesus (Matt. 5:17-48; ook Matt. 7:12);
  • die drie kern godsdienstige handelinge: “liefdadigheid” (Matt. 6:2), “gebed” (Matt. 6:5-6) en “vas” (Matt. 6:16-18);
  • die keuse vir eksklusiewe “lojaliteit” (Matt. 6:24);
  • die keuse vir ’n regverdige “oordeel” (Matt. 7:1-5);
  • die belofte van God wat “goeie dinge” gee (Matt. 7:11);
  • die fokus op en beoordeling van “goeie vrugte” (Matt. 7:15-20);
  • die fokus daarop om “God se wil” te doen (Matt. 7:21-23).

In die lig hiervan kan ’n mens die drie hoofstukke van die Bergrede in Matteus met drie titels beskrywe:

  1. Die stryd vir geregtigheid – Matteus 5
  2. Die lewe van geregtigheid – Matteus 6
  3. Die vrug van geregtigheid – Matteus 7

Continue reading

Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom

MATTEUS 4:23-25

23 Jesus het rondgegaan in die hele Galilea en onderrig gegee in hulle sinagoges en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en kwaal onder die volk genees.

24 En die nuus oor Hom het in die hele Sirië versprei, en hulle het vir Hom almal gebring wat siek was en aan allerhande siektes en hewige pyne gely het, wat met die duiwel besete was, wat aan epilepsie gely het en verlamdes, en Hy het hulle gesond gemaak.

25 En groot skares van Galilea en Dekapolis en Jerusalem en Judea en van oorkant die Jordaan het Hom gevolg.

Continue reading

Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea

MATTEUS 4:18-22

18 Terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy twee broers, Simon wat Petrus genoem word, en Andreas sy broer, ’n werpnet in die see sien gooi, want hulle was vissers.

19 En Hy sê vir hulle: “Kom agter My aan en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20 Hulle het toe dadelik hulle nette gelos en Hom gevolg.

21 En Hy het van daar verder gegaan en twee ander broers gesien, Jakobus die seun van Sebedeus en Johannes sy broer, wat in die skuit saam met Sebedeus, hulle vader, besig was om hulle nette reg te maak, en Hy het hulle geroep.

22 Hulle het toe dadelik die skuit en hulle vader gelos en Hom gevolg.

Continue reading

Onlangse kommentaar