Skip to main content

MODULE 1 FACILITATORS REGISTRATION (English course)

 
  VERITAS FOUNDATION TRAINING

MODULE 1 FACILITATORS REGISTRATION (English course)

21 OCTOBER 2026 UNTIL 18 NOVEMBER 2026 (Morning Classes)

REGISTRATION IS NOW OPEN FOR MODULE 1 FACILITATOR TRAINING!

Are you ready to take the next step in your Veritas journey and help equip others to understand and apply the Word of God to the everyday life?

Veritas College International invites you to register and join our upcoming Module 1 Facilitator Online Training Course.(English Module)

This training is designed to equip you with the skills and confidence to facilitate Module 1 and guide others in discovering the message of the Bible for themselves.

Training dates: 21 October – 18 November 2026 (Weekly)
Time: 08:30 – 11:30 (Morning Classes)

Language:  English
Format: Online Ms TEAMS

Facilitator:  Dr Chris van Wyk

Who can register:  Participants must have completed the Module 1 Participant Course or currently be in the process of completing it.

What will you be equipped to facilitate?

During the Module 1 Facilitator Training, you will be equipped with the knowledge, skills, and practical tools needed to confidently facilitate Module 1.  The training will focus on developing your ability as a facilitator in the following key areas:

  • Understanding Paul’s letters
  • Knowing God and make Him known
  • Victorious living
  • Dynamics of church life
  • Expository preaching
  • Leading Interactive Bible Studies

All training sessions are compulsory.

Registration closes 5 October 2026.

 REGISTER HERE:  Module 1 Facilitator Registration

 Cost for the Module 1 Facilitators Course is R350-00 per person. 

 Please ensure payment is done before 21 October 2026.

 Here are the Banking details for Payment:

 

Account Name:  Veritas College International (SA)
Bank: ABSA
Account Type:  Cheque
Account Number: 4076441929
Universal Code: 632005
Reference for Payment: 800566 and add your Name & Surname
Email Proof of Payment: imundey@veritascollege.org

We look forward to welcoming you to the training and continuing this journey with you.

   

 

 

Soli Deo Gloria.

 

Amanda Smit, Facilitator & Cohort Coordinator

Veritas College International | www.veritascollege.org

PO Box 12430  Die Boord  Stellenbosch  7613  South Africa |+27 (0)84 313 1206

Equipping churches worldwide to interpret, live and share the biblical message since 1992

 

 

 

 

 

 

Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het

Die  fokus is in die volgende gedeelte op Jesus se prediking in Galilea. Jesus se hoofboodskap in hierdie tyd is dat die koninkryk van God naby gekom het. Dit het ‘n dubbele uitwerking.

Aan die een kant roep Jesus mense tot bekering en geloof in Hom. Hy verkondig die goeie nuus van die koninkryk deur sy gesag oor siekte en besetenheid te demonstreer. Dit sluit talle omvattende genesings en die bevryding van demone in. En baie reageer op sy roepstem met bekering en geloof, onder andere sy twaalf apostels.

Dit is egter aan die ander kant ook duidelik dat baie mense nie die roepstem tot bekering en geloof aanvaar nie. Dit sien ‘n mens veral in die skerp teenstand in sy grootword dorp Nasaret. En toenemend sal ons dié gesindheid ook by die Joodse leiers raaksien wat uiteindelik tot Jesus se totale verwerping sal lei.

Met die verkiesing van die twaalf apostels, kry sy bediening daarteenoor egter verdere momentum wanneer Jesus wys hoe geloof in die gemeenskap van gelowiges, wanneer hulle sy Woord as die rigsnoer van hulle lewe neem, gestalte kry .

Jesus spandeer daarom ook baie tyd aan die onderrig van sy dissipels. Hy snoer hulle saam in die stryd vir geregtigheid – persoonlik en publiek – en spel in detail die lewe van geregtigheid en die vrug wat gelowiges dra, in Matteus se Bergrede en Lukas se Vlakterede, uit.

Die dorp Kapernaum is ook nou al hoe meer die basis vir Jesus se bediening.

MATTEUS 4:12-17

Matteus het sy Evangelie begin met Jesus se geslagsregister en geboorte (Matt. 1). Hy het dit opgevolg met ‘n paar peuterverhale gestruktureer rondom die vlug na Egipte en die terugkeer na Nasaret (Matt. 2). Daarna het Matteus oor Johannes die Doper se bediening uitgewy sowel as Jesus se doop (Matt. 3). Dit is opgevolg met die versoeking in die woestyn (Matt. 4:1-11).

Hier begin Jesus dus met sy openbare bediening.

12 Toe Jesus hoor dat Johannes oorgelewer is, het Hy na Galilea vertrek.

13 En Hy het Nasaret verlaat en gaan woon in Kapernaum by die see in die gebied van Sebulon en Naftali.

14 So is vervul wat deur Jesaja die profeet gesê is:

15 “Gebied van Sebulon

en gebied van Naftali,

op die pad na die see,

oorkant die Jordaan,

Galilea, land van die heidene –

16 die volk wat in duisternis woon,

het ’n groot lig gesien,

en vir dié wat in die land

en skaduwee van die dood woon,

het ’n lig opgekom.” (Jes. 8:23-9:1)

17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: “Kom tot inkeer, want die koninkryk van die hemele is naby.”

Teks en konteks

4:12 Matteus koppel Jesus se vertrek na Galilea ook aan die einde van Johannes die Doper se bediening, toe hy in die tronk gegooi is.

4:13 Jesus verlaat Nasaret – Matteus sal eers later oor sy (moontlike tweede) verwerping in Nasaret berig (Matt. 13:53-58) – en gaan woon in Kapernaum by die see van Galilea.

4:14-16 Matteus verbind die skuif van Nasaret na Kapernaum, die gebied van Sebulon en Naftali, aan ‘n profesie van Jesaja 8:23-9:1. Die skuif na Kapernaum is dus nie net ‘n praktiese skuif om naby die See van Galilea te wees nie, maar ook die vervulling van die eeueoue profesie van Jesaja oor die Messias.

Sebulon en Naftali se stamgebied was in die gebied van Galilea. Sebulon was die sesde kind van Lea. Sy het van Sebulon gesê: “God het my ’n mooi geskenk gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar.” (Gen 30:20). Naftali was die seun van Ragel deur haar slavin Bilha (Gen 35:25).

Die twee stamme was in die Rigtertyd bekend vir hulle dapperheid in die gevegte teen die Kanaäniete onder leiding van Debora (Rigt 4-5). Hulle is egter saam met die res van die noordelike tien stamme weggevoer met die Assiriese ballingskap in 721 v.C. (2 Kon. 15:29). Dit het beteken dat daar ‘n gemengde bevolking oorgebly het, agtergeblewe Jode en inkommer heidene.

Die feit dat die Messias juis hier sy bediening begin het, was daarom van groot betekenis vir ‘n ontwrigte gebied. Jesus het nou lig gebring vir ‘n volk wat in duisternis woon. Vir hulle wat in die skaduwee van die dood (ballingskap) gewoon het, het ‘n lig (Jesus) nou opgekom.

4:17 Hiermee begin Jesus dus sy bediening in Galilea waarin Hy almal roep tot inkeer, want die koninkryk van die hemele is naby – ‘n geliefde beskrywing van Matteus. Die lig sal die houvas van die duisternis deurbreek. Deur bekering sal Jesus hulle lewens nuut en hoopvol maak.

Betekenis en boodskap

Daar is niemand wat te ver verlore is in die duisternis nie. Die lig van die Messias skyn tot in die diepste duisternis, selfs waar mense in die skaduwee van die dood lewe, en bring nuwe lewe. Sebulon en Naftali was al vir 8 eeue verlore, totdat die tyd vir die Messias aangebreek het, en hulle deur bekering weer ingelyf kon word in die geloofsgemeenskap wat Jesus kom skep het. Watter hoopvolle verhaal!

Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea

Jesus word van die doop in die Jordaan in die woestyn van Judea deur die Gees ingelei om deur die Satan versoek te word.

Matteus vertel hierdie verhaal van Jesus se versoeking as belangrike inleiding tot die begin van sy verkondiging (Matt. 4:12-17), die roeping van sy eerste dissipels (Matt. 4:18-22) en die barmhartige hart wat Hy aan sy mense bewys deur hulle nie net te onderrig nie, maar ook van elke siekte en kwaal te genees (Matt. 4:23-25).

Continue reading

Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan

Jesus woon op dié stadium nog in Nasaret. Hy sou egter hierna Kapernaum sy hoofkwartier maak (Matt. 4:13), sy “eie stad” (Matt. 9:1). Kapernaum was ‘n groter stad met ‘n hawe by die See van Galilea vanwaar Jesus baie gebiede kon bereik.

MATTEUS 3:13-17

13 Toe kom Jesus van Galilea af na Johannes by die Jordaan om deur hom gedoop te word.

14 Maar Johannes het Hom probeer keer en gesê: “Ek het nodig om deur U gedoop te word, en U kom na my toe?”

15 Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Laat dit nou toe, want so is dit paslik vir ons om alles te doen wat God vereis.” Toe laat hy Hom toe.

16 Nadat Hy gedoop is, het Jesus dadelik opgekom uit die water; en kyk, die hemele is vir Hom geopen en Hy het die Gees van God sien neerdaal soos ’n duif en op Hom kom.

17 En kyk, daar was ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.”

Continue reading

Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra

MATTEUS 3:7-12

7 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs sien kom vir sy doop het hy vir hulle gesê: “Julle gebroedsel van slange, wie het julle gewaarsku om te vlug vir die komende oordeel?

8 Lewer dan die vrug wat by die bekering pas

9 en moenie dink dat julle by julleself kan sê: ‘Ons het Abraham as vader’ nie. Want ek sê vir julle dat God uit hierdie klippe kinders vir Abraham kan verwek.

10 Die byl lê reeds aan die wortel van die bome; elke boom dan wat nie goeie vrug dra nie word uitgekap en in die vuur gegooi.

11 Ek doop julle met water wat wys op bekering, maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se sandale ek nie werd is om vir Hom te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

12 Sy oesvurk is in sy hand en Hy sal sy dorsvloer skoonmaak en sy koring in die graanskuur bymekaarmaak, maar die kaf met ’n onblusbare vuur verbrand.”

Continue reading

Onlangse kommentaar