Die Christelike lewe sentreer om Christus Jesus, nie net in terme van ‘n eie persoonlike verhouding nie, maar ook in terme van ons bediening en publieke betrokkenheid. Timoteus word dus daaraan herinner dat hy sterk moet wees in die gemeente en gemeenskap deur die genade wat Christus Jesus aan hom verleen (2:1 – vgl Ef 6:10).
Daaruit vloei die opdragte wat Paulus aan hom gee voort, waarvan die eerste (2:2), die aanstel van betroubare leraars – nie net vir hom kan bystaan nie, maar ook kan sorg dat die waarheid van die evangelie nie in gedrang kom nie. Die gemeente is immers die draers van die waarheid.
Let op hoe Paulus vir Timoteus motiveer in sy bediening met twee leidende metafore.
Let op hoe Paulus hier van die laaste dae praat (1 Tim 4), maar dit uitspel in terme van dinge wat in sy eie tyd en dié van Timoteus gebeur. Timoteus moet hom afskei van sulke mense, wat duidelik maak dat hulle in die laaste dae lewe, soos Lukas alreeds gesê het (Hand 2:16-17). Om die waarheid te sê, dié tipe dinge is van die tyd van Moses al met ons, soos hy met die voorbeeld van die opstand van Jannes en Jambes verduidelik. Die intensiteit en algemeenheid daarvan het net toegeneem.
Jannes en Jambres was volgens die Joodse tradisie twee broers, albei towenaars, wat deur die farao ingeroep is om Moses en Aäron, teen te staan (Eks 7:10–12). Nog ‘n Joodse tradisie verbind hulle ook met die twee amptenare wat met Bileam saamgewerk het (Num 22:22).
Paulus beweeg van die toewyding aan en toerusting van die woord na die verkondiging van die woord. Dit is die een ding van sy bediening waarin Timoteus moet volhard, om te alle tye, en onder alle omstandighede aan die evangelie en aan sy roeping getrou te bly. Eugene Peterson vertaal vers 1-2 so: “God is looking over your shoulder … He is about to break into the open with his rule, so proclaim the Message with intensity; keep on your watch.” Inderdaad!
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar