Skip to main content

Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012

In ‘n vorige rondte het ons Paulus se twee eskatologiese briewe gelees aan die gemeente in Tessalonika en sy vier leerstellige briewe aan die gemeentes in Galasië, Korinte en Rome.

Ons lees van 12 Januarie 2012 af Paulus se vier briewe wat hy uit die gevangenis in Rome skrywe aan die gemeentes in Filippi, Kolosse (ook bedoel vir Laodisea) en Efese, sowel as aan Filemon, en sluit af met sy drie pastorale briewe aan Timoteus en Titus[1].  Filemon was waarskynlik ‘n geestelike leier van Kollosse (Kol 4:9 – Onesimus, sy slaaf, is “een van hulle”).  Die vier gevangenis briewe is waarskynlik deur Tigikus (Kol 4:7,9; Ef 6:21) en Onesimus (Kol 4:9 – Filemon se slaaf) afgelewer in die vroeë sestiger jare van die eerste eeu, moontlik op dieselfde reis.

Die briewe aan die gemeentes in Filippi en Efese (Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle in Open 2:1-7) sal ook in die lig van die uitvoerige verhale oor die stigting van dié gemeentes gelees word soos Lukas ons in die boek Handelinge vertel.  Verfris jou geheue hier: Filippi, Efese.

Daar was, interessant genoeg, ook nog ander briewe van Paulus, bv dié een aan Laodisea (Kol 4:16 – Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle: Open 3:14-22), wat ongelukkig verlore geraak het.  Hoe jammer!

Lees verder oor die Skedule van leeswerk, die byeenkomste in Somerstrand en die toekomstige beplanning van die Bybelskool.

Continue reading

Handelinge 16:6-40 – Die kerk in Europa begin met die bekering van ’n vrou

Ons begin ons leeswerk van Paulus se laaste 7 briewe met die brief aan die Filippense.  Ek gee hier eers ‘n inleiding op die brief, voor ons die verhaal in Handelinge lees wat oor die stigting van die gemeente handel.  Môre lees ons dan verder aan sy brief aan die Filippense.  Jy kan ook vandag meer lees oor Paulus en oor sy 13 briewe.

Continue reading

Filippense 1:1-11 – Laat julle liefde in onderskeiding toeneem

Let op dat Timoteus ook as skrywer aangedui word in vers 1, en daarby saam – en op dieselfde vlak – met Paulus as dienaars (douloi – slawe) van Christus bekendgestel word.  Paulus kies dus om homself nie as apostel bekend te stel nie, maar as ’n dienaar, soos Timoteus.  Dit is betekenisvol.  Trouens dit is die eerste en enigste keer wat Paulus só skryf oor homself in samehang met iemand anders.  En dit word nie net gedoen omdat Timoteus vroeër in Filippi gewerk het, en nou weer op pad was daarheen nie (Fil 2:19), maar omdat Paulus daarmee iets van die selfontlediging illustreer wat in hoofstuk 2 aan die orde gestel sal word.

Continue reading

Filippense 1:12-2:4 – Wees eensgesind na buite en na binne

Dit tref my dat Paulus hulle adelphoi noem, die voorkeur manier waarop die broers en susters in die familie van God aangespreek is.  Dit is ’n woord wat beide geslagte ingesluit het.  Hulle is ook die heiliges in Christus Jesus (1:1), die kinders (tekna) van God (2:15),  en die geliefdes (agapetoi) uit Paulus se perspektief, mense wat na aan sy hart lê (2:12), maar in terme van hulle onderlinge gemeenskap, familie van mekaar (1:12,14; 3:1,13,17; 4:1,8,17).  Hierdie verbintenis aan mekaar in die Here is belangriker as enige ander band wat mense aan mekaar bind.

Continue reading

Filippense 2:5-30 – Jesus se selfontlediging inspireer ons as ligdraers in die wêreld

Hierdie is die hart van die boodskap van Paulus aan die gemeente van Filippi.  Dit is ‘n teks waaroor ‘n mens nooit uitgepraat kan raak nie, en oor en oor moet lees en oor moet nadink, tot dit deel raak van die praktyk van jou lewe.

Jesus ontledig Homself en word deur God verhoog

Die lied in Fil 2:6-11 word in twee dele verdeel: in Christus Jesus se ontlediging (vers 6-8) en verhoging (vers 9-11).  In beide gevalle word dit trapsgewys beskryf.  Jesus het Hom eerstens ontledig (kenosis) deur nie aan sy Goddelike gestalte (morphe) vas te klem nie, tweedens dié van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word, en derdens gehoorsaam te word met die dood aan die kruis.  Omgekeerd word die verhoging in die eerste plek as die verheffing tot die hoogste eer geskets, tweedens as die verkryging van ’n Naam bo elke naam, en derdens die kosmiese erkenning dat Hy Here is.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms