Skip to main content

Psalm 77 – O God, u weg is heilig

Hierdie Psalm worstel met die vraag of God nog handel soos in die verlede.  Om die waarheid te sê, die worsteling is só erg dat die Psalmis eintlik amper hoop opgegee het, soos die kernvers in vers 11 met hartseer uitdruk: “My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.”

Dit wil vir die Psalmis nie voorkom asof God nog die tipe dade doen soos in die vroeër dae, die jare lank gelede nie (vers 6), of hoe?

Continue reading

Psalm 78 – Die raaisel van onbestendigheid

Dit is ’n lang Psalm, 72 verse. Om ’n mens te help om sin daarvan te maak, kan ‘n mens die Psalm as volg indeel om die retoriese krag van die Psalmis se onderrig te kan waardeer:

  • Die raaisel van onbestendigheid: vers 1–11
  • Eerste Herinnering oor vals bekerings wat niks verander nie: vers 12-39

o   Gebeure in die woestyn: vers 12–32

o   Versorging (vers 12–16)

o   Opstand (vers17–20)

o   Straf (vers 21–32)

o   Nadenke: vers 33–39

  • Tweede herinnering oor God se keuse van Dawid, die een met die opregte hart: vers 40-72

o   Van Egipte tot Kanaän: vers 40–64

o   Versorging (vers 40–55)

o   Opstand (vers 56–58)

o   Straf (vers 59–64)

o   Nadenke: vers 65–72

Continue reading

Psalm 79 – Ontferm U tog gou oor ons, want ons kragte is gedaan

Psalm 79 bring die haglike toestand van die volk wat agtergebly het in die land, na die meeste van hulle in ballingskap weggevoer is, onder God se aandag.  Die tempel is ontheilig, die stad is vernietig en baie min van hulle het oorgebly.  Daarom pleit Asaf by God dat Hy hulle situasie sal omkeer. 

Continue reading

Psalm 80 – Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!

Hierdie Psalm is ryk aan metafore wat ons gebede ’n besondere krag kan gee.  Dit praat oor God in terme van beide sy intieme persoonlike verhouding met sy mense, uitgedruk met die metafoor van die herder, sowel as sy kosmiese Heerskappy oor alles.  Dit praat ook oor God se mense in terme van beide die historiese openbare status as God se volk, sowel as in terme van die intieme verhouding met Hom, uitgedruk met die metafoor van die wingerdstok.

Continue reading

Psalm 81 – Maak jy jou mond wyd oop, dan vul Ek dit!

Psalm 81 is weereens ’n “liturgiese preek” wat:

  • ’n oproep tot lof bevat (vers 2-6),
  • ’n lerende gedeelte (preek) wat God se voorsiening, die volk se koppigheid, maar ook God se gereedheid om te help as hulle sou luister op die tafel sit (vers 7-15) en
  • ’n appèl aan die einde om die Here te dien insluit, omdat dit God se voorsiening vir hulle sal ontsluit (16-17).

Continue reading

Onlangse kommentaar