Psalm 87 – Elke persoon wat God ken, is in Sion gebore
Psalm 87 brei uit op die stelling in die vorige Psalm: “Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en voor U, my Heer, in aanbidding buig; hulle sal u Naam eer.” (Ps. 86:9 – 2014 vertaling).
Die Psalmis se visie is dat Sion die sentrum van al die nasies se aanbidding van die Here sal word, ’n droom wat deur verskeie van die profete geëggo word. Trouens, die Joodse volk word in ballingskap gestuur, omdat hulle nie die droom van die Here wou omarm nie – dit is om ’n blywende ontmoetingsplek vir die nasies met God te wees (Jes. 2:1-5; Miga 4:1-7).
Onlangse kommentaar