Skip to main content

Psalm 87 – Elke persoon wat God ken, is in Sion gebore

Psalm 87 brei uit op die stelling in die vorige Psalm: “Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en voor U, my Heer, in aanbidding buig; hulle sal u Naam eer.” (Ps. 86:9 – 2014 vertaling).

Die Psalmis se visie is dat Sion die sentrum van al die nasies se aanbidding van die Here sal word, ’n droom wat deur verskeie van die profete geëggo word.  Trouens, die Joodse volk word in ballingskap gestuur, omdat hulle nie die droom van die Here wou omarm nie – dit is om ’n blywende ontmoetingsplek vir die nasies met God te wees (Jes. 2:1-5; Miga 4:1-7).

Continue reading

Psalm 88 – Die swaarkry het vir my te veel geword

Hierdie Psalm kom van Heman, die Esragiet.  Hy was een van vier bekende wyses in Israel (waaronder ook Etan van die volgende Psalm), wie se wysheid egter deur Salomo oortref is (1 Kon. 4:31). Hulle was nakomelinge van Serag uit die stam van Juda (1 Kron. 2:6), vandaar die naam Esragiet (nakomeling van Serag).  Hy moet onderskei word van die ander Heman, ook uit die stam van Levi, maar ‘n kleinseun van Samuel wat ‘n tempelsanger en simbaalspeler was, saam met Asaf en Jedutan (wat ook Etan genoem word, maar onderskei moet word van die Esragiet in die volgende Psalm!) in die tyd van Dawid (1 Kron. 6:33).

Continue reading

Psalm 89 – Sal U dan vir altyd u hulp weerhou?

Die laaste Psalm in die 3de Psalmboek, Psalm 89,  begin met die wonderlike uitkoms wat God gee, wat eintlik ’n noodsaaklike boodskap is ná die donkerte van Psalm 88. Tog vra die Psalm ook of ’n mens altyd kan staatmaak daarop, veral wanneer dit lyk asof God in sy toorn sy verbond nie in ag neem nie (vers 39 en verder). ’n Situasie waarmee menige van ons kan identifiseer.

Continue reading

Onlangse kommentaar