Skip to main content

Psalm 82 – Staan op, o God, oordeel die aarde

Dit is ‘n kort Psalm, maar een wat soos geen ander Psalm is nie.  Wat uitstaan van die Psalm is dat dit ’n direkte visioen op ’n “hemelse vergadering” bevat: “God staan op in die vergadering van die gode …” (vers 1-7) as aanleiding en motivering tot ’n gebed wat die Psalm afrond: “Kom tog, o God! Lewer uitspraak …” (vers 8).  Dit is ook die struktuur en indeling van die Psalm.

Continue reading

Psalm 83 – O God, moet U nie doof hou nie, u vyande is oproerig

Hierdie Psalm is duidelik een wat in ’n situasie van aanvegting gebruik word om God se optrede teen sy vyande af te smeek: “O God, moet tog nie stilbly nie; moet U nie doof hou nie en moenie stil wees nie, o God.” (vers 2 – 2014 vertaling). Hoekom?  “Want kyk, u vyande is oproerig, u haters loop kop omhoog.” (vers 3 – 2014 vertaling).

Om die Psalm beter te verstaan, help dit om iets meer te weet van die twaalf nasies en agt leiers wat in die Psalm genoem word as teenstanders van God en sy volk.  Hier is ’n lysie daarvan uiteraard met net die mees noodsaaklike inligting:

Continue reading

Psalm 84 – Hoe gelukkig is hulle wat in u huis woon

Die volgende paar Psalms word aan die Koragiete toegeskryf – Ps. 84-88 – met Psalm 86 wat aan Dawid verbind word.

Psalm 84 is ’n besondere beskrywing van die tempel as die spilpunt van God se teenwoordigheid in Israel – beide uit die hoek van die mense wat daar woon (vers 5) as die mense wat die pelgrimstog daarheen onderneem (vers 6). Dit is ook ’n Psalm wat verskeie kere getoonset is en onder ander op pragtige wyse deur Chris Lamprecht as koormusiek  verwerk is.

Continue reading

Psalm 85 – Die verbintenis aan en verwagting van God vir uitkoms

Dit is belangrik om in hierdie Psalm vers 2-4 van vers 5-8 te onderskei, iets wat meer duidelik in die 2014 vertaling as in die 1983 vertaling gedoen word.  Anders maak die verandering in perspektief van vers 4 na 5 nie sin nie – “4U het u gloeiende toorn laat afkoel … 5moet tog nie langer op ons toornig wees nie!”

Só kan ’n mens beter raaksien dat vers 2-4 terugverwys na God se herstel van die volk ná ’n tyd van woede (vers 4).  Dit kan verwys na enige episode in die Rigters- of Koningstyd, selfs na die terugkeer uit ballingskap.  Hy het die lot van die volk verander, hulle ’n nuwe toekoms gegee (vers 2).  Dink bv. aan die uitkoms in die tyd van Debora en Barak waarvan in Psalm 83 vertel is.

Continue reading

Psalm 86 – Gee my ’n teken van u goedheid

Midde-in die Psalms van die Koragiete vind ons hierdie juweel van ’n Psalm wat aan Dawid toegeskryf word, die enigste Psalm van Dawid in die derde Psalmboek.  Dit word as ’n gebed getipeer, die gebed van iemand wat smeek om God se uitkoms in nood.

Die Psalm gee vir ons ’n navolgenswaardige struktuur vir ons smeekbedes:

  • Roep na God in die tyd van jou nood – vers 1-7
  • Prys Hom vir sy wese en werke – vers 8-10
  • Verbind jou aan Hom – vers 11-13
  • Vra van Hom genade en spesifieke uitkomste – vers 14-17

Continue reading

Onlangse kommentaar