Skip to main content

Psalm 82 – Staan op, o God, oordeel die aarde

Dit is ‘n kort Psalm, maar een wat soos geen ander Psalm is nie.  Wat uitstaan van die Psalm is dat dit ’n direkte visioen op ’n “hemelse vergadering” bevat: “God staan op in die vergadering van die gode …” (vers 1-7) as aanleiding en motivering tot ’n gebed wat die Psalm afrond: “Kom tog, o God! Lewer uitspraak …” (vers 8).  Dit is ook die struktuur en indeling van die Psalm.

Continue reading

Psalm 83 – O God, moet U nie doof hou nie, u vyande is oproerig

Hierdie Psalm is duidelik een wat in ’n situasie van aanvegting gebruik word om God se optrede teen sy vyande af te smeek: “O God, moet tog nie stilbly nie; moet U nie doof hou nie en moenie stil wees nie, o God.” (vers 2 – 2014 vertaling). Hoekom?  “Want kyk, u vyande is oproerig, u haters loop kop omhoog.” (vers 3 – 2014 vertaling).

Om die Psalm beter te verstaan, help dit om iets meer te weet van die twaalf nasies en agt leiers wat in die Psalm genoem word as teenstanders van God en sy volk.  Hier is ’n lysie daarvan uiteraard met net die mees noodsaaklike inligting:

Continue reading

Psalm 84 – Hoe gelukkig is hulle wat in u huis woon

Die volgende paar Psalms word aan die Koragiete toegeskryf – Ps. 84-88 – met Psalm 86 wat aan Dawid verbind word.

Psalm 84 is ’n besondere beskrywing van die tempel as die spilpunt van God se teenwoordigheid in Israel – beide uit die hoek van die mense wat daar woon (vers 5) as die mense wat die pelgrimstog daarheen onderneem (vers 6). Dit is ook ’n Psalm wat verskeie kere getoonset is en onder ander op pragtige wyse deur Chris Lamprecht as koormusiek  verwerk is.

Continue reading

Psalm 85 – Die verbintenis aan en verwagting van God vir uitkoms

Dit is belangrik om in hierdie Psalm vers 2-4 van vers 5-8 te onderskei, iets wat meer duidelik in die 2014 vertaling as in die 1983 vertaling gedoen word.  Anders maak die verandering in perspektief van vers 4 na 5 nie sin nie – “4U het u gloeiende toorn laat afkoel … 5moet tog nie langer op ons toornig wees nie!”

Só kan ’n mens beter raaksien dat vers 2-4 terugverwys na God se herstel van die volk ná ’n tyd van woede (vers 4).  Dit kan verwys na enige episode in die Rigters- of Koningstyd, selfs na die terugkeer uit ballingskap.  Hy het die lot van die volk verander, hulle ’n nuwe toekoms gegee (vers 2).  Dink bv. aan die uitkoms in die tyd van Debora en Barak waarvan in Psalm 83 vertel is.

Continue reading

Psalm 86 – Gee my ’n teken van u goedheid

Midde-in die Psalms van die Koragiete vind ons hierdie juweel van ’n Psalm wat aan Dawid toegeskryf word, die enigste Psalm van Dawid in die derde Psalmboek.  Dit word as ’n gebed getipeer, die gebed van iemand wat smeek om God se uitkoms in nood.

Die Psalm gee vir ons ’n navolgenswaardige struktuur vir ons smeekbedes:

  • Roep na God in die tyd van jou nood – vers 1-7
  • Prys Hom vir sy wese en werke – vers 8-10
  • Verbind jou aan Hom – vers 11-13
  • Vra van Hom genade en spesifieke uitkomste – vers 14-17

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda