Skip to main content

Nehemia 13 – Nehemia stel nog hervormings in met sy tweede termyn

Ons lees vandag twee gedeeltes.  Die eerste drie verse het met die laaste hervorming te make toe die muur van Jerusalem ingewy is.  Die res van die hoofstuk het te make met die tweede termyn van Nehemia waartydens hy opgetree het teen Tobija en weereens hervormings ingestel het ten opsigte van die Leviete, die Sabbat en godsdienstig-gemengde huwelike.  Ná elkeen van die hervormings is ook ’n gebed van Nehemia opgeteken.

Continue reading

Tien gebede van Nehemia

Nehemia was ‘n man van gebed

Prayer – Graham Dean

Nehemia was ‘n man van gebed. Dit sien ons in die tien gebede van hom wat in die boek Nehemia opgeteken is. Hierdie gebede gee ons ‘n intieme kykie in die tipe verhouding met God wat nodig is om nie net sy wil te ken nie, maar inderdaad uit te voer.

Ek nooi jou uit om die boek Nehemia hoofstuk vir hoofstuk deur te lees en spesifiek op te let na die tien gebede van hom wat deur die boek versprei is (Esra se gebed is ook ingesluit as die elfde een):

  1. Nehemia vas en bid om ‘n helder visie (Neh 1:5-11)
  2. Nehemia nader die koning met ‘n skietgebed tot die Here (Neh 2:5)
  3. Nehemia reageer op teenstand met publieke gebed (Neh 4:4-5)
  4. Nehemia roep almal op tot gebed terwyl hy waaksaamheid opskerp (Neh 4:9)
  5. Nehemia bid dat sy werk bevestig sal word (Neh 5:19)
  6. Nehemia vra dat die Here sy hande sal sterk (Neh 6:9)
  7. Nehemia vra dat die Here die teenstand sal hanteer (Neh 6:14)
  8. Esra lei die volk in gebed om aan God alleen verbind te wees (Neh 9-10)
  9. Nehemia bid dat sy liefdesdiens nie verlore sal gaan nie (Neh 13:14)
  10. Nehemia bid vir God se ontferming met die herstel van die Sabbat (Neh 13:22)
  11. Nehemia tree in vir die volk en sy leiers (Neh 13:29-31)

Gebruik dit as inspirasie om in jou eie omgewing die Here se aangesig te soek vir die roeping wat Hy op jou hart wil lê. Laai dit hier af in pdf formaat: Tien gebede van Nehemia.pdf.

Continue reading

Onlangse kommentaar