Skip to main content

Nehemia 6-7 – Nehemia voltooi die muur ten spyte van groot gevaar en vestig ’n gesonde gemeenskap in Jerusalem

Vandag lees ons twee hoofstukke wat handel oor die voltooiing van die muur ten spyte van verdere teenstand.  Vier episodes van die afhandeling word beskryf:

  • Sanballat, Tobija en Gesem probeer Nehemia die skrik op die lyf jaag, gerugsteun deur die profeet Semaja wat hom in diskrediet probeer bring – 6:1-14
  • Die muur word voltooi en in gebruik geneem – 6:15-7:3
  • Nehemia vestig ’n gesonde gemeenskap deur hulle te herinner aan hulle familieregister – 7:4-69
  • Die bydraes vir die bouwerk aan die tempel word erken – 7:70-72

Continue reading

Nehemia 8 – Esra help die volk om mense van die Boek te word

Die muur is voltooi op die 25ste dag van Elul, die sesde maand (29 dae lank).  Almal het teruggekeer na hulle plekke.  Vyf dae later op die 1ste dag van die sewende maand, Tishri, het die hele volk soos een man bymekaargekom in Jerusalem soos die wet hulle beveel het (Lev. 23:24) om ’n spesiale Sabbat vir die Here te vier. 

Continue reading

Nehemia 9 – Die geloofsgemeenskap verootmoedig hulle voor die Here met skuldbelydenis onder begeleiding van die Leviete

Nehemia 9-10 vorm ’n eenheid in die beskrywing wat alles op dié vasdag gebeur het:

  • Die geloofsgemeenskap het hulle voor die Here verootmoedig met skuldbelydenis onder begeleiding van die Leviete – 9:1-37.
  • Die geloofsgemeenskap het hulle aan die Here verbind met ’n skriftelike ooreenkoms bevestig deur ’n plegtige eed saamgestel uit sewe sleutel elemente van die wet  – 9:38-10:39

Ons lees vandag hoofstuk 9.

Continue reading

Nehemia 10 – Die geloofsgemeenskap verbind hulle aan die Here met ’n skriftelike ooreenkoms en ’n plegtige eed

Ons lees vandag hoofstuk 10 wat oor die tweede fase van die deurslaggewende herverbintenis aktiwiteite van dié dag handel.

Die herverbintenis van die volk sluit die volgende drie hoof sake in:

  • ‘n Skriftelike ooreenkoms van hulle verbondsverbintenis – 9:38-10:27
  • ’n Plegtige eed wat hulle aflê om dié verbintenis na te kom – 10:28-29
  • Sewe verbondsvoorwaardes waaraan hulle hul verbind – 10:30-39

Continue reading

Nehemia 11-12 – Die gemeenskapslewe in Jerusalem word herstel en die muur feestelik ingewy

Ons lees vandag weer 2 hoofstukke.

  • In hoofstuk 11 word ’n lys van inwoners gegee wat in Jerusalem kom woon het asook in die nedersettings buite Jerusalem.
  • In hoofstuk 12 word die lys van die priesters en Leviete wat in die tyd van Serubbabel teruggekom het uit Babel opgedateer en die hoofstuk afgesluit met die beskrywing van die inwyding van die voltooide muur van Jerusalem.

Continue reading

Onlangse kommentaar