Die tempel bly die middelpunt van hierdie fase van Jesus se bediening. Hy lewer ’n kort stukkie kommentaar op die gawes wat mense bring (21:1-4 – die klein gawe van die arm weduwee) en ’n langer profetiese rede in 6 dele:
21:5-6: die tempel sal afgebreek word in die afsienbare toekoms;
21:7-19: allerlei rampe en vervolginge sal daarop volg;
21:20-24: Jerusalem sal verwoes word;
21:25-28: Die Seun van die mens sal terugkeer;
21:29-33: Die koninkryk van God sal kom (gelykenis van die vyeboom);
21:34-38: Die dissipels moet waaksaam en biddend bly.
Die drama rondom Jesus verhoog al hoe meer in intensiteit. Terwyl Hy nog vol in die bediening staan, en die volk gretig na sy woorde luister, word Jesus se dood deur die Joodse leiers beplan. En ’n gulde geleentheid doen hom voor met die Satan wat in Judas invaar en aanbied om vir Jesus te verraai. Judas doen dit waarskynlik omdat hy op een of ander manier teleurgestel is in Jesus – die Satan omdat hy onbewus was van God se plan met Jesus se kruisdood en opstanding.
22:7-13
Op die Donderdag, die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood, of te wel die Paasfees, stuur Jesus vir twee van die binnekring dissipels, Petrus en Johannes, om alles reg te kry. Waarskynlik doen Hy dit so sodat Judas nie die plek te wete sou kom nie, en Hy die Paasmaaltyd met sy dissipels sou kon eet, sonder inmenging van die Joodse leiers. Sommige geleerdes dink dat die bokamer wat gereedgemaak is, die huis van Maria was, die ma van Johannes Markus, waarvan ons later in Handelinge lees (12:12).
Dit bly darem ongelooflik dat die Joodse leiers dit regkry om ten spyte van Jesus se onskuld, die doodstraf vir Jesus te bewerkstellig.
In die eerste verhoor deur die Joodse Raad self, vind hulle Hom skuldig aan iets wat hulleself nie glo nie, dat Hy sê dat Hy die Christus is (22:66-71).
In die tweede verhoor deur Pilatus, die Romeinse goewerneur, kla die Jode Hom aan dat Hy beweer dat Hy ook die Koning is – ook iets waarin hulle nie glo nie – en bevind Pilatus Hom onskuldig (23:1-5), maar tog word Hy ook na ’n derde verhoor gestuur, dié deur Herodes.
In die derde verhoor deur die Joodse koning Herodes, maar ook onderdaan van die Romeinse ryk, verander Herodes se blydskap in veragting, toe Jesus nie vir hom wonderwerke wil doen nie, en dryf Herodes met Jesus die spot en stuur Hom terug na Pilatus (23:6-12). Let op dat ook Herodes dié bewering dat Hy Koning is verwerp, en daarom eintlik nie ’n rede het om Hom sleg te behandel nie.
In die vierde verhoor (in wese ’n voorsetting van die tweede verhoor) is Pilatus eksplisiet in sy onskuldigbevinding (“geen grond vir die aanklag”) en tog swig hy onder die druk van die moordlustigheid van die Joodse leiers en gee Jesus in die teenwoordigheid van al die Jode, ook die skare wat so graag na Hom geluister het, oor om gekruisig te word (23:13-25).
Soek jy ‘n planmatige deurlees van die evangelies van Jesus Christus?
Die vier evangeliste verteenwoordig met vier simbole: Matteus, ‘n gevleuelde mens, Markus, ‘n gevleuelde leeu, Lukas, ‘n gevleuelde bul, en Johannes, ‘n arend – https://ancientwordtour.wordpress.com/2013/06/
Begin by Markus wat ‘n vergelykende lees van Markus, Matteus, en Lukas is, met twee gedeeltes uit Johannes wat met Markus verband hou. E-pos my vir ‘n lêer wat al die gedeeltes langs mekaar vir jou gee wat ‘n mens kan gebruik om die evangelies saam te lees (100 bladsye dik!).
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar