Skip to main content

Lukas 4:1-13 – Jesus deurstaan die toets

Dit tref my vandag dat alles wat goed is, begin met die werk van die Heilige Gees in jou lewe.  Dit was ook so met Jesus. “Vol van die Heilige Gees” het Jesus van die Jordaan af gekom, om sy bediening te begin.

Maar voordat Hy sy eerste preek kan lewer of genesing kan gee, word Hy getoets soos dit die geval was met bykans alle diensknegte van die Here – Adam, Abraham, Moses, die volk Israel ensomeer.  Jesus word dus die woestyn ingelei om daar nie maar sommer net só ’n klein toetsie te ondergaan nie, maar deur die duiwel self versoek te word.  Daarna sou Hy as getoetste (ook gedoopte) mens en Seun van God sy bediening kon begin.

Continue reading

WEEK 2: Lukas 4:14-9:50

Hou die volgende breë raamwerk in gedagte as jy die leeswerk van hierdie week doen:

  • Hoofstuk 1:1-4:14 fokus op die geboorte van Jesus tot by sy bekendstelling as die gedoopte, getoetste seun van Adam, Seun van God.
  • Hoofstuk 4:15-9:50 – wat ons dié week gaan lees – fokus op Jesus se bediening in die meer plattelandse streke totdat Hy die reis na Jerusalem vasbeslote aanpak om sy roeping daar te voltooi.

Lukas 4:14-5:39 – Jesus het gekom vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes

Vandag lees ons die verhale van die begin van Jesus se bediening.  Ons fokus meer op die breë lyne as in die eksegetiese detail van elke vers.  In die blote lees van die opskrifte van elke gedeelte, kan ’n mens alreeds ’n goeie idee kry van wat Jesus se bediening ingehou het:
  • 4:14-15 – Jesus tree op in Galilea (Mark 1:14-15; Matt 4:12-17)
  • 4:16-30 – Jesus tree op in Nasaret en word daar verdryf (Mark 6:1-6; Matt 13:53-58)
  • 4:31-37 – Jesus genees die besetene in Kapernaum (Mark 1:21-28)
  • 4:38-41 – Jesus genees Petrus se skoonmoeder (Mark 1:29-34; Matt 8:14-17)
  • 4:42-44 – Jesus preek op ander plattelandse plekke (Mark 1:35-39)
  • 5:1-11 – Jesus roep sy eerste dissipels (Mark 1:16-20; Matt 4:18-22)
  • 5:12-16 – Jesus genees ’n melaatse (Mark 1:40-45; Matt 8:1-4)
  • 5:17-26 – Jesus genees ’n verlamde man (Mark 2:1-12; Matt 9:1-8)
  • 5:27-32 – Jesus roep Levi (Matteus) die tollenaar as dissipel (Mark 2:13-17; Matt 9:9-13)
  • 5:33-39 – Jesus plaas vas in perspektief (Mark 2:18-22; Matt 9:14-17)

Die volgende aspekte van sy bediening staan vir my uit:

Continue reading

Lukas 6:1-49 – Luister en Leef

Lukas beskryf Jesus se bediening in hierdie hoofstuk uit drie perspektiewe:
  • Dat Jesus die godsdienstige reëls van die sabbatdag relativeer en ondergeskik stel aan die regte verhouding met nekaar en God – 6:1-11;
  • Dat Jesus sy lewe deel met ’n aantal leiers wat Hy uitkies, wat soos ons weet, die impak van sy bediening vermenigvuldig het – 6:12-14;
  • Dat Jesus die lewe gee vir elkeen wat bereid is om te luister na sy woorde EN dit te doen – 6:15-49.

Continue reading

Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief

Dit is ’n baie belangrike gedeelte hierdie.  Aan die een kant laat die groot geloof van die offisier Jesus verwonderd.  Aan die ander kant, vermoed ek, laat die twyfel van Johannes die Doper, die grootste aardse mens tot op daardie stadium (7:28), ons verwonderd.  Maar, natuurlik, nie vir Jesus nie.  Want Hy toon deernis met Johannes se twyfel, en kom op ’n ongelooflike kragtige manier vir hom op.  Soos Johannes vir Jesus ’n Voorloper was, so raak Jesus vir Johannes die Verlosser, die Een wat instaan en help en omgee.

Dít is wat my van Jesus so fassineer – Hy laat Hom net deur niks afsit nie, nie eers deur die twyfel van een van die “groot seuns” van Sy tyd nie.  En dit laat my net weer besef, dít is die Een wat ons aanbid; dít is die Een wat vir ons intree (Hebr 9:24); dít is die Een wat alles ten goede laat meewerk (Rom 8:28); dít is die Een wat die Begin en Voleinder is van ons geloof (Hebr 12:2).

Continue reading

Onlangse kommentaar