Die verhaal van die vrou wat Jesus se voete met geurige olie gesalf het, wys die diep impak wat vergifnis op iemand wat in sonde gelewe het, maak. Daar is doodgewoon ‘n oorvloed van liefde wat oorborrel as jy God se genade en barmhartigheid ervaar. Niks is te veel om vir die Here te gee of te doen nie, want die vryheid wat Hy deur vergifnis bring, verander letterlik jou hele lewe.
Ek wil na die verhaal kyk op drie maniere.
Eerstens die gewone feite van die verhaal – die landscape of action soos dit bekend staan in die narratiewe praktyk.
Tweedens die dieper betekenis van die verhaal – die landscape of consciousness or identity.
Derdens hoe ons God hierin raaksien en ons Hom kan navolg – die landscapeoftranscendence (Monteleone).
Dit is ‘n metodiek wat jy met enige verhaal in die Bybel kan volg om die betekenis daarvan vir jouself te ontsluit.
Jesus is op pad na Jerusalem vir sy kruisdood.
Hy spandeer tyd aan sy dissipels om hulle voor te berei vir wat op hulle wag. Jesus
is baie bewus van die teenstand wat nie net Hy gaan ervaar nie. Ook hulle.
Want die Jode is soos ‘n onvrugbare vyeboom,
sê Jesus in ‘n gelykenis (Luk 13:6-9). Die boer, dit is God, verwag om vye daaraan
te kry, maar verniet. Die boer besluit toe om dit nog ‘n jaar te gee, dan moet
die boom uit as dit nie vrug dra nie. Onheilspellende woorde.
Die Jode was egter net nie ontvanklik vir die
boodskap van Jesus nie. Soos die onvrugbare vyeboom.
Jesus en die kromgetrekte vrou
Een sabbatdag was Jesus weer in die sinagoge
in een van die dorpies op pad na Jerusalem toe. En Hy sien ‘n kromgetrekte vrou
en genees haar. Getrou aan hulle onvrugbare aard het die Jode egter ernstige
probleme daarmee (Luk 13:10-17). Die leier van die sinagoge en sy vriende het Jesus
aangevat en sleggesê.
En al het hulle skaam gekry toe Jesus hulle skerp
oor hulle skynheiligheid aanspreek, het dit hulle nie van standpunt verander
nie.
‘n Mens wil-wil moedeloos raak oor die onvrugbaarheid,
die halstarrigheid, die openlike vyandigheid, die gebrek aan deernis met ‘n
kromgetrekte vrou.
En dan vertel Jesus hierdie gelykenis:
Jesus vra toe weer: “Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat ‘n vrou geneem en in drie sata koringmeel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur is.” (Lukas 13:20-21 – BDV)
‘n Saton (mv
sata) was ‘n inhoudsmaat vir droë bestanddele, 13,5 liter. Drie sata was dus
ongeveer veertig liter.
Was jy al moedeloos oor die kerk?
Was jy al op só ‘n moedelose
plek? Waar jy wonder oor die vrug op jou arbeid? Waar jy wonder oor die vrug op
die arbeid van die kerk?
Waar jy kan sien dat die evangelie net nie
aankom in mense se lewens nie. Waar goeie dinge wat gebeur met mense bevraagteken
word. Waar kromgetrekte vroue se genesing met argwaan bejeën word. Waar skynheiligheid
seëvier.
Danielle, ‘n student, vra my vandag oor my gedagtes oor ‘n visie en missie as deel van die plan wat God vir hierdie wêreld het. Ek kon myself nie keer om ‘n bietjie te dink en te skryf daaroor nie, veral omdat ek net vanoggend oor die uitleg van die Jubeljaar uit Jesaja 61 in Jesus se preek in Nasaret (Lukas 4) geskryf het.
My definisie van ‘n visie en missie is as volg:
‘n Visie het te make met jou droom vir die wêreld, en ‘n missie met jou doel om daarby uit te kom.
Anders gestel: visie het te make met wie jy is of wil wees; missie het te make met wat jy wil doen of wat jou doelwitte is.
Dit moet uiteraard tot aksie lei, die doen in die titel van hierdie bydrae.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar