Skip to main content

Die hermeneutiese probleem

wpid-photo-jul-5-2011-449-pm
Baie hermeneute gebruik Gadamer se “two horizons” as model om verstaan as ‘n “versmelting van horisonne” uit te druk. Dié grafika druk iets daarvan uit.

Prof. Hennie Rossouw skets alreeds veertig jaar gelede in 1979 die hermeneutiese probleem in die lees van antieke tekste.  Hy formuleer die hermeneutiese probleem as die vraag: “Hoe lees ons ’n teks?” Dit is dus iets anders as om te vra: “Wat sê die teks?” Laasgenoemde vraag is gemik op inhoud.  Eersgenoemde vraag is gemik op toepassing.  Prof. Hennie se Referaat is hierby ingesluit vir dié wat meer wil lees (dankie Pieter Roux!).

Calvyn sou sê dit is die verskil tussen die simplex sensus (literêr-historiese betekenis) van die teks en sy usus (toepassing).

Prof. Hennie bespreek drie maniere waarop ’n mens die teks kan lees, fundamentalisties, wetenskaplik, en hermeneuties.

Continue reading

Sabbat

Continue reading

Die aarde is rond

Apollo 17 se foto van 1972 - NASA
Apollo 17 se foto van 1972 – NASA

Sommige mense het die idee dat voor Kopernikus niemand geweet het dat die aarde rond is nie, en dat die kerk eers daarna, in reaksie op die moderne wetenskap, tot inkeer gekom het en hulle kosmologie aangepas het tot wat ons vandag as die algemene beeld ken dat die aarde ‘n sfeer is wat in die ruimte voortspoed om die son.

Dit is nie korrek nie.

Eerstens, die Bybel praat nie net in digterlike taal van ‘n aarde wat op pilare bevestig is nie om daarmee die betroubaarheid van God se skepping uit te druk nie (Ps. 75:4). Die Bybel praat ook vanuit die waarneming dat die horison van die aarde nie ‘n reguit lyn beskryf nie, maar ‘n sirkel. Jesaja 40:22 praat bv. van die “sirkel van die aarde” – soos Peterson vertaal: “God sits high above the round ball of earth” wat die idee van ‘n geboë horison in spel bring. So ook Spreuke 8:27. Job 26:10 praat ook van ‘n sirkel op die aarde waar die grens tussen lig en donker te siene is, wat op dieselfde wyse ‘n aanduiding is dat die aarde nie net as ‘n plat oppervlak gesien is nie, maar ook as ‘n geboë of sferiese voorwerp.

Continue reading

Geloofsbelydenisse verwoord die konsensus van die Christelike gemeenskap deur die eeue

Ek kry van tyd tot tyd navrae oor geloofsvrae wat met die Godheid van die Vader, Seun en die Heilige Gees verband hou, sowel as ander vraagstukke wat mense graag wil hê dat ek vir hulle opklaar.  Ek antwoord wanneer ek kan, en plaas dit dan ook op dié webtuiste.

‘n Mens kan egter baie leer by die konsensus wat in die Christelike gemeenskap oor die eeue bereik is oor allerlei.  Dit is vervat in geloofsbelydenisse wat weliswaar soms onderling verskil – ons dink immers nie dieselfde oor alles nie – maar ‘n goeie basis vir jou gee om jou eie standpunt te vorm oor die sake wat in die Bybel oor God en geloof aangeraak word.

Hier is daarom ‘n paar skakels na van die geloofsbelydenisse deur die eeue wat jou kan begelei in jou denke:

Continue reading

Bybel Direkte Vertaling (BDV)

Die Bybel: ‘n Direkte Vertaling het so pas in Maart 2014 verskyn.  Die doel van hierdie nuwe Afrikaanse Bybelvertalingsprojek is om ‘n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik te skep.

Continue reading

Onlangse kommentaar