Bybel Direkte Vertaling (BDV)

Die Bybel: ‘n Direkte Vertaling het so pas in Maart 2014 verskyn.  Die doel van hierdie nuwe Afrikaanse Bybelvertalingsprojek is om ‘n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik te skep.

Direkte vertaling in BOEK-vorm

Die publikasie is by al die Bybelgenootskap takke beskikbaar oor die land. Hier is die verskillende takke se telefoonnommers:

  • Kaapstad – 021 910 8777
  • Bloemfontein – 051 444 5980
  • Durban – 031 207 4933
  • Kempton Park – 011 970 4010
  • Mthatha – 047 532 6402
  • Port Elizabeth – 041 364 1138

Direkte vertaling in EBOEK-vorm

Die publikasie is ook elektronies beskikbaar vir tablette en slimfone.  Skaf dit aan by die volgende webtuistes:

  • Dit is beskikbaar by www.mybooks.co.za vir R34.95 in ePub formaat wat met bv. Bluefire se leser op iPhones en Android toestelle gelees kan word.  Skaf dit hier aan.
  • Dit is ook beskikbaar by www.amazon.com vir $3.09 in mobi formaat wat met Kindle se leser (of Kindle toeps) gelees kan word.  Skaf dit hier aan.
  • Individuele Bybelboeke is steeds gratis beskikbaar by die nuwe domein www.bybeldirektevertaling.co.za.  Hier is die direkte skakel.
  • Vir ouer selfone en somige Blackberries is die vertaling ook in eboek formaat by http://m.bibles.co.za gratis beskikbaar.  Die lêers daar is in Java formaat (.jar en .jad) wat op ouer selfone kan installeer.  iPhones se iOS kan dit egter nie (in standaardvorm) gebruik nie.   Selfone met Android verwerkers kan dit ook nie gebruik nie, behalwe met ‘n applikasie soos JBED, maar dit verg ‘n redelike mate van tegniese vaardigheid.  Koop eerder die eboeke by die boonste skakels.

Meer inligting

Meer inligting oor die Bybel Direkte Vertaling is by die volgende skakels beskikbaar:

Terloops, die afkorting wat die Bybelgenootskap verkies, is BDV (Bybel Direkte Vertaling).


by Chris van Wyk

Bybel, Bybel Direkte Vertaling


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Chris
    Ons is ‘n klompie leraars wat vir die Bybelgenootskap ‘n 40dae veldtog oor die bybel geskryf het. Hoe maak mens om die teks te copy en paste in ons document?
    NG Witrivier 079292545

    • Hi Jurgens, die OT boeke is nog net in pdf beskikbaar en kan nie só gebruik word nie. Jy kan Bybelgenootskap vra om die beperkings vir julle af te haal, maar ek vermoed ter wille van sekuriteit dat hulle dit nie sal doen nie. Die NT boeke sowel as Psalms kan via Kindle gekopieer en geplak word. Jy kan dit soos gewoonlik kopieer (10% beperking) of highlight en dan via read.amazon.com/notebook almal op een plek bekom. Daar is ook ‘n beperking, maar dit is ruim genoeg om te gebruik.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: