Skip to main content

Psalm 17:10-15

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die keersy van die gebed om beskerming is Dawid se gebed van God se wraak vir die goddelose. Sy gebed is skerp en vol wraak. Hy bid dit selfs af op die goddelose se kinders en kleinkinders. Die geweld van die gebed vir die verwoesting van die arrogante opstandige goddelose is wel waarskynlik metafories, maar steeds erg! Dit is militêre taal, gekoppel aan die herinnering van die oorwinning oor Farao in die Uittog (vgl. Eks. 15).

Bid die Psalm

“Hulle het opstandig geword. Hulle praatjies is verwaand. Hulle spoor my op en omsingel my, hulle is gereed om my neer te gooi op die grond. Hulle is soos honger leeus, gretig om my te verskeur, soos jong leeus wat wegkruip en wag vir hulle kans. Staan op, Here! Weerstaan hulle en bring hulle op hulle knieë! Red my van bose mense met u swaard! Red my met u magtige hand, Here, van mense van hierdie wêreld wat hulle loon in hierdie lewe kry. Mag hulle die volle straf ontvang, hulle kinders nog meer as dit erf, en ook hulle kleinkinders. Maar omdat ek reg gedoen het, sal ek U sien. Wanneer ek wakker word, sal ek tevrede wees in u teenwoordigheid.” NLV

Boodskap en betekenis

Let tog op dat Dawid se hoop lê in wat God kan doen, nie in sy eie planne of in die toeval van die oomblik nie. Dit is nie asof hy self die kinders en kleinkinders wil uitwis nie. Vers 15 se verwysing na die wakker word uit die slaap, kan moontlik ‘n versluierde verwysing na die wakker word uit die dood se slaap wees, waar Dawid rekening hou met die feit dat niks God se teenwoordigheid kan troef nie, selfs nie die dood nie. Ons kom soms in situasies van erge leed aan die hand van ander mense. Bring jou ervarings voor die Here, wees eerlik, en bring dan jouself tot rus in die Here se teenwoordigheid. Hy sal intree vir jou. Hy sal jou vyande hanteer.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 18:1-4

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 18 is die oorwinningslied van Dawid oor sy vyande, veral oor Saul, en word ook in 2 Samuel 22 herhaal. In 2 Samuel 22 word die Psalm naby die einde van die verhaal van Dawid geplaas, saam met ‘n paar verhale oor die helde wat saam met hom geveg het, net voor die verhaal van sy seun Salomo, sy opvolger. Dawid het egter hierdie Psalm gesing nadat Saul op die slagveld gesneuwel het, moontlik met sy troonbestyging (vgl. vers 1). Ons lees Psalm 18 in ses dele.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Lied van Dawid, die dienaar van die Here. Hy het die lied vir die Here gesing op die dag toe die Here hom uit die mag van al sy vyande en van Saul gered het. Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. Ek het tot die Here geroep, Hy wat lofwaardig is, want Hy red my van my vyande.” NLV

Boodskap en betekenis

Let op dat Dawid homself nie in die eerste plek as koning beskryf nie, maar as dienaar van die Here. Dawid loof die Here vir Sy hulp in nood op ’n besondere wyse. Die pragtige woorde van hierdie Psalm weerklink daarom baie keer in ons kerke: “Ek het U baie lief, o Heer, my rots, my sterkte, my verweer.” (TT Cloete se woorde). Dink terug aan kere wat jy ook hierdie verlossing van vyande ervaar het, en loof die Here vir sy getrouheid in die verlede.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 18:5-19

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid ervaar in die tweede deel van Psalm 18 dat God antwoord uit sy hemelse tempel. God beweeg metafories gesproke “hemel en aarde” om hom te hulp te snel. Let op die treffende natuur-metafore om die Godsverskyning (epifanie) op die “voertuig” van die gerubs (hemelwesens met vier vlerke – vgl. Eseg. 10) te beskryf. ‘n Mens kan verskeie beskrywings in hierdie gedeelte met van die verhale in Genesis en Eksodus verbind. Die vuur, rook en wolke rondom die Here herinner aan die beskrywing van sy verskyning op Sinaiberg (Eks. 19:16-19). Die bodem van die waters wat sigbaar geraak het herinner aan die lied van Moses nadat hulle die Rietsee oorgesteek het (Eks. 15:1-18). Die redding uit die groot waters herinner op ‘n manier aan Noag se redding (Gen. 6-8).

Bid die Psalm

“Bande van die dood omring my; strome van onheil oorweldig my. Bande van die dood draai my vas; strikke van die dood wag my in. In my angs het ek tot die Here geroep, tot my God geroep om hulp. In sy heiligdom het Hy geluister; my hulpgeroep het Hy gehoor. Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gerammel, hulle het geruk vanweë sy toorn. Rook het uit sy neusgate geborrel, verterende vlamme uit sy mond, gloeiende kole uit sy binnekant. Hy het die hemele oopgebreek en afgekom; donkerte was onder sy voete. Hy het ’n gerub bestyg en gevlieg, Hy het gesweef op die vlerke van die wind. Hy het Homself met donkerte omhul, reënwolke en wolkemassas het Hom bedek. Uit die gloed voor Hom het wolke gekom, hael en weerligstrale. Die Here se stem donder uit die hemel; die Allerhoogste laat sy stem hoor: hael en weerligstrale. Hy skiet sy pyle, verstrooi sy vyande; sy weerlig flits, hulle is verbysterd. Die bodem van die see word sigbaar, die fondamente van die aarde word ontbloot deur die gebulder van die Here, en die rukwind van sy asem. Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp, uit diepwaters het Hy my getrek. Hy verlos my van magtige vyande, van haters wat te sterk was vir my. Hulle het aangeval toe ek in die moeilikheid was, maar die Here hou my staande.” NLV

Boodskap en betekenis

God se hulp in dreigende omstandighede, selfs so gevaarlik soos die “bande van die dood” (vers 5), staan bo alles vas. Let ook op vir die beskrywings van die veiligheid wat God vir hom is (rots, bergvesting, skild) en die verlossing wat God vir hom gee (redder, horing van my heil). Dit is met dié asemrowende beelde wat Dawid sy ervaring van bevryding van magtige vyande en haters beskryf. Hulle was te sterk vir hom, maar dit het nie saak gemaak nie. Hulle vermoëns was nie eers naastenby ‘n bedreiging vir die Here nie. God het hom bevry. God was sy helper toe hy oorval is op die dag van sy nood. Dié deel van die Psalm verkondig dus dat ons God nie net luister nie (vers 7), maar inderdaad uit die nood verlos (vers 17-19). ‘n Boodskap wat Dawid vir alle gelowiges deur al die eeue verkondig. Dink aan situasies waar jy of ander om jou of in die wêreld lewensbedreiging ervaar en roep die Here aan daaroor in die verwagting dat Hy sal antwoord. God luister en tree op. God hoor en verhoor. God kan “hemel en aarde” beweeg om ook jou nood aan te spreek. Jou vyande en haters is nie God se gelyke nie. By verre nie! Laat dit die verwagting in jou gebede vorm.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 18:20-25

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Daarom loof Dawid in die derde deel van die Psalm dié God wat hom verlos het. Hy het hom uitgelei na ‘n veilige ruimte, omdat God hom liefhet (vers 20). Hy loof God ook omdat Hy Dawid se onskuld aanvaar het en sy vashou aan die Here raakgesien en beantwoord het (vers 21–25).

Bid die Psalm

“Hy lei my na veiligheid, en red my omdat Hy my liefhet. Die Here beloon my opregtheid; Hy vergoed my onskuld. Want ek was getrou aan die voorskrifte van die Here; ek was nie skuldig teenoor my God nie. Want sy voorskrifte het ek onderhou; en van sy bepalings nie afgewyk nie. Ek is onskuldig voor Hom; ek het weggebly van sonde. Die Here het my opregtheid beloon, want ek was onskuldig voor Hom.” NLV

Boodskap en betekenis

Let op hoe Dawid sy verhouding met God beskryf, want dit gee ons ’n goeie aanduiding hoe ons eie verhouding met God werk: gehoorsaam God se wil; laat jou deur al sy bepalings lei; wyk nie van sy voorskrifte af nie; leef opreg voor God; wees op jou hoede teen enige ongeregtigheid. Psalm 19 gaan verder hierop uitbrei. Gebruik die Psalm om jou te herinner daaraan dat God jou getrouheid raaksien en sal beloon. Daar is niks wat met jou kan gebeur wat jou uit God se hand kan ruk nie. Hy bring vir jou vryheid.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 18:26-36

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid gee in die vierde deel van Psalm 18 ‘n pragtige beskrywing van God se getrouheid vir almal wat Hom dien – getrou teenoor die getroues; opreg teenoor die opregtes; rein teenoor die reines. Maar God verwerp dié wat huigel (vers 26–28). Dawid gaan oor tot ’n verdere loflied aan hierdie onvergelykbare God wat sy dienaar, Dawid, beskerm en laat oorwin deur die lig wat Hy gee. Die Here laat sy duisternis opklaar (vers 29).

Bid die Psalm

“Vir die getroues is U getrou; vir die opregtes is U opreg. Vir dié wat rein is, is U rein, vir dié wat vals is, is U vals. U red hulle wat nederig is, maar die hoogmoediges verneder U. U laat my lamp skyn, Here my God. U verlig my duisternis. Met U loop ek ’n leër storm; met my God spring ek oor ’n muur. God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. Want wie anders as die Here is God? Wie anders as God is ’n rots? God rus my toe met krag; Hy maak my pad veilig. Hy maak my voete soos dié van ’n wildsbok, op hoë plekke laat Hy my veilig staan. Hy oefen my hande vir die geveg, my arms om ’n bronsboog te trek. U redding is vir my ’n skild. U regterhand ondersteun my; u hulp maak my sterk.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie beskrywings van hoe God aktief is in ons lewe, word baie keer gebruik as versterking in die geloofstryd: “met u hulp loop ek ’n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie” (vers 30). Want wie is God behalwe die Here!? Sy weë is volmaak, selfs al gaan dit deur die konflik van vyandskap en oorlog. Dawid brei uit hoe God hom gehelp het om sy vyande te agtervolg, in te haal en uit te wis. God leer sy hande hoe om oorlog te maak. Hy stel hom in staat om selfs ‘n koperboog te span! Dawid leer ons hier om sterk te staan in die geloofstryd. Die weg van die Here is volmaak, selfs al gaan dit deur donker dieptes. Hy sterk ons in die stryd. Hy waarborg die oorwinning. Sing (of neurie) gerus die “koortjie” wat op vers 34 gebaseer is: “Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan.”

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar