Skip to main content

Psalm 7:1-10

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid bid hier om uitkoms van onregverdige vervolging, veral van die Benjaminiete wat Saul ondersteun het. Hy soek by die Here sy God beskerming teen die mense wat hom vervolg. Let op dat hy pleit beide op grond van sy eie onskuld – as hy iets verkeerds gedoen het, sal hy die vervolging aanvaar (Ps. 7:4-6) – as op grond van God se karakter – God is regverdig (Ps. 7:7). Hy vra dat God sal optree teen die verwoede aanslag teen hom en sal bevind dat hy wat Dawid in die reg is.

Bid die Psalm

“’n Dawidspsalm wat hy vir die Here gesing het na aanleiding van Kus, ’n Benjaminiet. Here my God, ek soek u beskerming. Red my van al my vervolgers, red my! Anders sal hulle my toetakel soos ’n leeu, my in stukke skeur sonder dat iemand my red. Here my God, as ek iets verkeerds gedoen het, as ek skuldig is aan onreg, as ek ’n vriend van my verraai het, my vyand sonder rede beroof het, laat my vyande my agtervolg en vang, my in die grond in vertrap, my eer tot in die stof verneder. Sela Staan op, Here, in u toorn! Tree op teen my vyande se woede! Kom tot aksie, my God! Laat u geregtigheid seëvier! Laat die nasies om U versamel. Sit op u troon, ver bo hulle verhewe. Here, U wat regspreek oor die volke, oordeel my, Here, volgens my regverdigheid en in die lig van my onskuld. Regverdige God wat gedagtes en gevoelens deursoek, maak ’n einde aan die boosheid van die goddelose, maar ondersteun die regverdiges.” NLV

Boodskap en betekenis

Gebruik die Psalm om by God as Regter te pleit vir verlossing van jou vyande sodat die reg vir alle gelowiges wat hulle toevlug tot Hom neem, gehandhaaf kan word. Maar, let op dat dit insluit dat jy jouself oopstel dat die Here jou eie gedagtes en gevoelens ook deursoek, soos in talle ander Skrifgedeeltes bevestig word (Ps. 26:2; Jer. 11:20). Vra ook dat God ’n einde sal maak aan die bose dade van die goddelose mense sodat sy koninkryk oral gestalte kan kry.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deuteronomium 4:39)

Psalm 7:11-18

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid bid verder op grond van God se karakter – Hy is ‘n beskermer van die opregtes – en vra dat Hy nie net sal help nie, maar ook die skuldiges sal straf. Daarby vra Dawid dat die Here dit in die publiek sal bevestig; dat die skuldiges self in die diep gat sal val wat hulle vir Dawid gegrawe het.

Bid die Psalm

“God is my skild, Hy wat opregtes van hart verlos. God is ’n regverdige regter; God oordeel bose mense daagliks. As iemand nie berou het nie, maak Hy sy swaard skerp. Hy span sy boog en hou dit gereed. Hy het dodelike wapens voorberei en sy vurige pyle is gereed. Hy wat swanger is van sonde, wat verwagtend is van onheil, gee geboorte aan leuens. Hy grawe ’n gat om ander te vang, maar val dan self daarin. Sy boosheid tref homself, sy geweld kom neer op sy eie kop. Ek wil die Here dank omdat Hy regverdig is. Die Naam van die allerhoogste Here wil ek besing.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie tipe gebed is vir sommige ‘n probleem vanweë die geweld wat daarin opgeneem is en dat God boonop as die Een geskets word wat wraak neem. Let eerstens op dat Dawid nie hier vir persoonlike wraak vra nie, maar eerder dat God dinge sal regstel. Let tweedens op dat wraak van God se kant af ook in die NT onderstreep word, soos Paulus Deuteronomium 32:35 in Romeine 12:19-20 aanhaal. Bid dus hierdie Psalm deur van eie wraakgedagtes afstand te neem, en die uitkoms van jou lewe ook in die konflikte daarvan aan die Here oor te laat.  Dank Hom dat Hy regverdig is.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deuteronomium 4:39)

Psalm 8

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 8 is ‘n loflied aan die Skepper wat in enige situasie gesing kan word. Dit laat jou nadink oor jou nietigheid en jou waardigheid, God se grootheid en sy sorg. Daarsonder kan jy nie sin en betekenis in jou lewe ervaar nie.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Met snaarinstrumente. ’n Dawidspsalm. Here, ons Here, hoe vol majesteit is u Naam op die hele aarde! U heerlikheid is hoër as die hemele. Kinders en babas besing u lof, want U het dié wat sterk is, bestraf, vyand en wreker stilgemaak. Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het, wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee? U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer. U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het. U het vir hom mag gegee oor alle dinge: skape en beeste, alles, en ook die wilde diere van die veld, die voëls in die lug, die visse in die see, en alles wat swem deur die seestrome. Here, ons God, hoe vol majesteit is u Naam oor die hele aarde!” NLV

Boodskap en betekenis

Alles wat God gemaak het, is onder die koninklike voete van die mens gestel. ‘n Mens hoor hier dus onmiskenbaar die parallel met Genesis 1:26. God het ons as Imago Dei, as sy beeld gemaak, as sy gelykenis. Geen ander wese het daardie hoë status nie, nie die engele nie, nie die serafs nie, nie enige lewende wese nie. Maar die kontras tussen die nietigheid van die mens en sy waardigheid beteken dat die grootheid in nietigheid bestaan, presies soos dit van Christus geskrywe word, dat Hy Homself ontledig het, die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem het, nietig en klein geword het… en dat God Hom uitermate verhoog het, groot gemaak het, selfs groter as wat Hy was voor sy menswording (Fil. 2:5-11). Dit is waarom die Hosannas van die kinders vir Jesus so kosbaar was, want hulle het die waarheid van Psalm 8 in Hom raakgesien (vgl. Matt. 21:6 waar Jesus uit Psalm 8 aanhaal). Dit is ook waarom beide die Hebreërskrywer en Paulus Psalm 8 gebruik om ons verhewe posisie in die nuwe bedeling aan Jesus se verhoging te koppel. (Hebr. 2:6-8; 1 Kor. 15:27). Wy jouself in verwondering aan hierdie God toe.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deuteronomium 4:39)

Psalm 9:1-13

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 9 en 10 was waarskynlik aanvanklik een Psalm omdat elke versreël van die gekombineerde twee Psalms min of meer met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin (‘n mens noem dit daarom ‘n akrostiese Psalm). Dit is ook insiggewend dat die geleentheid vir die Psalms waarskynlik aan Absalom se dood gekoppel word met die opskrif: “Dood van die seun.” Die Psalm kan in vier gedagte-eenhede opgedeel word wat ons agtereenvolgens in vier dele oor die volgende vier dae gaan bid.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Op die wysie van “Die dood van die seun”. ’n Dawidspsalm. Here, ek sal U prys met my hele hart. Ek sal vertel van al u wonderlike dade. Ek sal juig in die vreugde wat U gee. Ek sal u Naam prys, o Allerhoogste. Wanneer my vyande omdraai en vlug, sal hulle voor U struikel en vernietig word. Want U het in my guns beslis; U het op u troon as regter regverdig geoordeel. U het die nasies berispe en die goddeloses vernietig; U het hulle name vir altyd uitgevee. Die vyande se ondergang het gekom; hulle stede is puinhope vir altyd. Niemand kan hulle meer onthou nie. Maar die Here regeer vir altyd, sy troon het Hy vir regspraak ingerig. Hy sal die wêreld met regverdigheid oordeel, en in billikheid oor die volke regspreek. Die Here is ’n skuilplek vir die onderdrukte, ’n toevlug in tye van moeilikheid. Dié wat u Naam bely, vertrou op U, want niemand wat U soek, laat U in die steek nie, Here. Sing lofliedere vir die Here wat op Sion woon, vertel van sy dade onder die volke. Want Hy wat bloedvergieting wreek, gee om vir hulpelose mense. Hulle wat tot Hom roep in nood, dié vergeet Hy nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Dit kom voor asof Dawid hier nadink oor wat hy geleer het tydens die opstand van sy seun Absalom, maar dit in die konteks plaas van sy nadenke oor waar goddeloosheid vandaan kom en hoe ‘n mens met God in gesprek moet tree daaroor. Ook in die nuwe uitdagings wat nog sal kom. God se regverdigheid staan vir Dawid bó alles uit. Hy kan self daarvan getuig in sy eie lewe. Maar, dit is ook waar van die nasies. God is ‘n toevlug in gevaar vir almal wat Hom vertrou. Daarby wreek Hy die dood van die onskuldiges.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deuteronomium 4:39)

Psalm 9:14-21

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In die lig van God se regverdigheid wat Hy in Israel sowel as onder die nasies op soveel wyses ten toon gestel het, het Dawid vrymoedigheid om die Here te nader vir uitkoms in die ellende waarin hulle deur sy haters gedompel is. Hy vra vir ‘n beslissende optrede van die Here wat sal laat blyk dat Hy God is en hulle net maar mense.

Bid die Psalm

“Here, wees my genadig. Kyk na die ellende wat haters my aangedoen het! Ruk my uit die poorte van die dood sodat ek u dade bekend kan maak, U kan prys in die poorte van Sion, en kan jubel omdat U my gered het. Die nasies het geval in die gat wat hulle gegrawe het. Hulle voete is in hulle eie net gevang. Die Here is bekend vir sy regverdige oordeel. Die goddeloses is gevang met hulle eie handewerk. Higgajon Sela Die goddeloses is op pad na die graf soos al die nasies wat God vergeet. Want die behoeftiges word nie vir altyd vergeet nie, en die hoop van die armes sal nie vir altyd vernietig word nie. Staan tog op, Here! Moenie dat mense U teëstaan nie! Laat die nasies voor U teregstaan. Here, laat hulle bewe van angs en besef hulle is maar net mense. Sela” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid bid dat God hom weer genadig sal red van die ellende waarin hy verkeer. Hy erken dat God God is, en bid dat almal tot daardie besef sal kom. Bid vanuit dieselfde perspektief oor die ellende en teëstand wat jy self ervaar.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deuteronomium 4:39)

Onlangse kommentaar