Skip to main content

Psalm 14

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 14 en Psalm 53 het basies dieselfde inhoud, met net ’n paar woorde en die opskrifte wat verskil. Die hoofverskil lê in die gebruik van God se naam. Psalm 14 gebruik 4 keer God se persoonsnaam, Jahwe, en Psalm 53 net die algemene naam vir God, Êlôhîm. Die kontras in die Psalm is nie tussen ryk en arm nie, maar tussen goddeloses en regverdiges, hoewel dit wel wil lyk asof die regverdiges hier ook in nood is (hulpeloos) – vers 5. Dis ‘n kontras tussen dwases en wyses, tussen onverstandiges en verstandiges. Tussen mense wat niks van God begryp nie, en dié wat wel iets van God begryp. En let op dat hierdie kontras nie tussen intellektuele dwases en wyses is nie, maar tussen geestelike dwases en wyses. Intellek en verstandelike vermoëns is nie in Dawid se visier nie, wel mense se verhouding met God en begrip vir wat Hy doen, al dan nie.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Dawidspsalm. Net dwase sê vir hulleself: “Daar is geen God nie.” Hulle is korrup en hulle dade is boos. Niemand doen die goeie nie! Die Here kyk neer vanuit die hemel op die hele mensegeslag om te sien of daar één verstandige is, één wat vir God soek. Maar nee! Almal het afgedwaal, almal het versleg. Niemand doen wat goed is nie, nie eens een nie! Sal boosdoeners dan nooit leer nie? Hulle eet my volk soos brood; hulle dink nie daaraan om die Here te dien nie. Angs pak hulle beet, want God is met hulle wat Hom gehoorsaam. Die planne teen die hulpeloses sal verydel word, want die Here sal sy volk beskerm. Mag daar vir Israel redding kom uit Sion! Wanneer die Here sy volk herstel, sal Jakob juig, sal Israel bly wees.” NLV

Boodskap en betekenis

Om dwaas te wees, is nie ‘n beskrywing uit ‘n menslike perspektief nie, maar uit God se perspektief. ‘n Dwaas is iemand wat lewe sonder om na God te luister om van Hom leiding te ontvang. ‘n Wyse is iemand wie se lewe juis draai om die luister na God en die vertroue op die pad waarop Hy sy of haar lewe begelei (vgl. Ps. 1:6). Maar, eweneens is dit ‘n Psalm wat Paulus in die NT gebruik om ons van ons eie sonde te oortuig (veral Ps. 14:1-3 in Rom. 3:10-12). Almal het gesondig, en is skuldig aan die dinge wat hierdie Psalm noem. Ons almal kan net verlossing ervaar in die soendood van die Here Jesus Christus (vgl. Rom. 3:9-31). Gebruik die Psalm om te reflekteer oor jou eie geestelike pelgrimstog met God. Ook ons word deur die Here Jesus Christus van die dwaasheid van ons sonde en opstand teen God gered om in God se teenwoordigheid te groei in wysheid en vreugde.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 15

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die volgende tien Psalms – Psalm 15 tot 24 – fokus op die sentrale rol wat die tempel speel as plek waar God se teenwoordigheid beleef en gevier kan word, beide in die hemel as op die aarde. Met dié Psalms word ons uitgenooi om God se teenwoordigheid op te soek en vanuit die invloed wat Hy in ons hele bestaan het, te leef. Watter vreugde is Psalm 15 waarmee die reeks begin. Kort, kragtig, helder!  Die belangrike punt wat die Psalm maak, is dat jou lewe met ander mense volledig verweef is met jou lewe met God. Hoe jy leef, prakties, elke dag, berei jou voor om in God se teenwoordigheid te leef, en andersom. Jou alledaagse lewe beïnvloed jou geestelike lewe, en jou geestelike lewe beïnvloed jou alledaagse lewe.

Bid die Psalm

“’n Dawidspsalm. Here, wie mag dit waag om in u teenwoordigheid te kom? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat onberispelik lewe en doen wat reg is, met ’n opregte hart die waarheid praat; wat nie sy medemens belaster, hom benadeel, of van hom kwaadpraat nie; wat dié wat aanhou sondig, verfoei, húlle eer wat die Here dien, en beloftes gestand doen selfs tot sy nadeel; wat nie geld op rente uitleen nie, en nie omkoopgeld teen onskuldiges aanvaar nie. ’n Mens wat so optree, sal vir altyd stewig staan.” NLV

Boodskap en betekenis

Dié Psalm fokus op ‘n lewe wat beide in die teenwoordigheid van God geleef word, sowel as in die gemeenskap met ander mense. ‘n Mens sou kon sê: 1) Practicing the Presence of God moet in jou verhouding met mense gebeur, EN 2) Practicing the Presence of people moet in jou verhouding met God gebeur. ’n Mens se woorde en dade moet ’n koherente integriteit hê wat beide in jou godsdiens as in jou gedrag gesien kan word. Gebruik die Psalm om in die Here se teenwoordigheid tot rus te kom. Oorweeg elkeen van die riglyne vir die lewe en maak dit prakties deel van jou lewe.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 16:1-6

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalm is al op baie maniere in koorstukke verwerk, omdat dit só ’n pragtige prentjie skilder van die rus wat daar in die teenwoordigheid van God is. Alles vloei uit die verwagting in die eerste vers: “Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U.” Want, Dawid bely in die eerste deel van die Psalm dat hy aan God behoort. Die Here alleen is sy erfenis, die Een wat sy lotsbestemming bepaal.

Bid die Psalm

“’n Gebed van Dawid. Beskerm my, o God, want ek kom na U toe vir skuiling. Ek sê vir die Here: “U is my Here! Alle goeie dinge kry ek van U alleen.” Die sogenaamde heiliges in die land, vervloek is elkeen wat vreugde in hulle vind. Mag hulle wat ander gode najaag baie droefheid beleef. Drankoffers van bloed sal ek nie uitgiet nie, of die name van hulle afgode op my lippe neem nie. Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming. ’n Pragtige plek is vir my afgemeet. Wat ek geërf het, is vir my mooi!” NLV

Boodskap en betekenis

Iets wat my besonders tref, is dat Dawid bely dat God ’n aanspraak op Hom het: “Ek behoort aan U” (vers 2). Hy gebruik die woord ’Adonay wat Heer of Eienaar kan beteken. Hy sê: “My Heer is U”. Maar, dié feit, dat hy God se onderdaan of slaaf is – dat God ’n aanspraak op hom het – is nie vir hom’n verskrikking nie, maar ’n troos. Daar is regtig niks goeds vir hom behalwe by God nie – die tema van die Psalm. Daarom kan hy nee sê vir die afgode wat baie ander verlei (vers 3-4), omdat hy in God se teenwoordigheid die dwaasheid en smart besef wat afgodediens mense berokken. Luister vandag na enige van die toonsettings van hierdie Psalm op die Internet (bv.: “Neem my in beskerming” van die Drakensberg Seunskoor op YouTube) en wy jouself toe aan die Here, die Een aan wie jy ook behoort.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 16:7-11

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid sê nie net nee vir die afgode, omdat hy ervaar dat God sorg en vir hom ’n pragtige deel gegee het nie (vgl. vers 5-6). Dit is ook nie net omdat God hom tot die regte insig bring nie (vers 7). Dit is veral omdat die Here altyd by hom is, en hy daarom nie struikel nie (vers 8) dat hy vir die afgode kan nee sê. God se teenwoordigheid verlig sy lewe tot in hulle diepste donkertes, iets waarop hy in Psalm 23 verder sal nadink. Daarom is Dawid nie net bly nie, maar voel hy veilig. God leer hom hoe om te leef. Uit sy hand kom net wat mooi is (vers 9-11).

Bid die Psalm

“Ek prys die Here wat my insig gee; ook in die nag is ek daarvan bewus. Die Here is altyd by my. Ja, Hy is aan my regterhand; daarom sal ek nie struikel nie. Hieroor is my hart vol vreugde. Ek besing sy lof, en woon in veiligheid. Want aan die doderyk sal U my nie prysgee, of toelaat dat u getroues in die graf ontbind nie. U wys vir my die lewenspad; in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” NLV

Boodskap en betekenis

Let mooi op wat Dawid in vers 10 sê: dat al sou hy sterf, hy nie in die mag van die dood sal wees nie. Selfs dán glo hy is God nog in beheer. Dawid het hier iets begin raaksien, wat in die NT met Jesus se opstanding helder en duidelik geword het, die opstanding uit die dood. Petrus noem op Pinksterdag vir Dawid ‘n profeet wat Jesus se opstanding vooruit gesien het (Hand 2:29-36) en Paulus doen dieselfde in sy toespraak in Antiogië in Pisidië (Hand 13:32-37). Let ook op hoe die Psalm gemaklik wissel tussen getuienis en gebed, tussen iets sê oor Dawid se verhouding met God, en om God direk aan te spreek. Sy praat oor God lei tot ’n praat met God en andersom. Volg Dawid se voorbeeld na in jou eie omstandighede. Laat jou gesprekke ook oorgaan in gebede en vice versa.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 17:1-9

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie Psalm gaan oor die feit dat God die gebed van die hulpeloses nie verontagsaam nie en bid om verlossing op grond van God se regverdige karakter. Dit is ’n Psalm vir beskerming wat ‘n onskuldige bid wat onder groot druk verkeer. Dit lyk asof dit ook ‘n nag-gebed is, want Dawid bid dit waarskynlik gedurende ‘n lang nag se worsteling met sy omstandighede (vers 3, 15). Belangrik: dit is nie ‘n gebed van iemand wat homself probeer regverdig of probeer verontskuldig nie. Hy is in ‘n spesifieke situasie en kan eerlik sê dat hy geen skuld aan die omstandighede het nie. En hy wil nie net hê dat mense sal sien hy is onskuldig nie, maar dat God dit sal sien en daarom sal optree. Met pragtige metafore beskryf Dawid sy verlange, dat God hom soos sy oogappel sal beskerm, sal wegsteek onder sy vlerke, en sal beskerm van die mense wat sy dood soek.

Bid die Psalm

“’n Dawidsgebed. Luister na my wanneer ek smeek dat U aan my reg moet laat geskied, Here, luister na my geroep om hulp. Gee tog aandag aan my gebed, want wat ek sê, is met opregtheid. Verklaar my nou onskuldig; U sien tog self wat reg is! U het my gedagtes getoets, my in die nag ondersoek. U het my deeglik beproef, maar niks verkeerds gekry nie; ek is vasbeslote om nie te sondig in wat ek sê nie. Wat mensewerk betref – ek het volgens u voorskrifte gelewe en nie die paaie gevolg van geweldenaars nie. My voetstappe was in u voetspore. My voete het nie gewankel nie. Ek roep tot U, o God, want ek weet U sal antwoord. Draai na my toe en luister as ek bid. U wat red met u sterke hand, toon u wonderlike trou aan hulle wat beskerming soek van vyande. Beskerm my soos die appel van u oog. Bedek my in die skadu van u vlerke, van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.” NLV

Boodskap en betekenis

Let op hoe Dawid die twee-paaie metafoor van Psalm 1 gebruik en aanpas as hy oor sy handel en wandel praat en dit kontrasteer met dié van die goddelose in vers 5: “Elke stap van my was vas op die koers wat U aangewys het. My voete het nie daarvan afgewyk nie.” ‘n Mens hoor die herinnering aan die wonder van die Uittog uit Egipte in sy gebed in vers 7 (vgl. Eks. 15:11-13). Soos soveel keer in die Psalms is God se wonderdade in die verlede die aanleiding tot vertroue in die hede. Dit is waarom die geloofsgemeenskap ook so belangrik is vir elkeen wat onder druk kom in die lewe, want die wonderdade van God word juis in die geloofsgemeenskap lewendig gehou. En dit is ook waarom hy in vers 7 nie net van uitkoms in sy eie situasie praat nie, maar sê dat verlossing iets is wat vir almal geld in die geloofsgemeenskap. Dawid maak dus volledig staat op God se regverdigheid – en dat Hy niemand wat regverdig lewe in die steek sal laat nie. Laat my dink aan Paulus wat ook nie soseer bekommerd was of mense sy werk en lewe beoordeel nie, maar wat God daarvan sou dink (1 Kor. 4:3-5). Hierdie Psalm is dus ’n smeking dat God jou sal bewaar soos sy oogappel. Dat Hy reg sal laat geskied in die onreg wat jou aangedoen word. Dit is ook ’n aanmoediging om te dink voor jy praat, om jou denke in God se Woord te bly skool, sodat jou woorde en werke onberispelik kan wees.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar