Skip to main content

12 Loof

Ons kom by die laaste en twaalfde element van gebed: Loof (Youtube).

Bid en bely

Die Here Jesus het ons geleer in die Ons Vader om te bid dat sy Naam geheilig sal word, dat sy koninkryk sal kom, dat sy wil sal geskied. Ons sluit die Ons Vader af deur die bestaan van die koninkryk, die krag van God om dit voluit te laat aanbreek, en sy heerlikheid oor alles en vir altyd te bely.

13 Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. (Matt 6:13)

Dit is hoe die uur van gebed dan ook omraam word. Ons het begin met aanbidding. Ons sluit af met lofprysing.

  • Met aanbidding buig ons voor die Here uit respek en eerbied.
  • Met lofprysing staan ons op met opgehefde hande uit respek en eerbied vir God (Ps 134:2).

Sommige probeer aanbidding en lofprysing onderskei deur aanbidding met God se wese te verbind en lofprysing met God se werke. Maar, baie keer word God geprys vir sy wese, en baie keer word God aanbid vir sy werke.

Die verskil tussen aanbidding en lofprysing

Die verskil tussen aanbidding en lofprysing het baie meer met houding te make as met substansie.

Aanbidding is om op jou aangesig te val of te kniel voor God:

6 Laat ons in aanbidding buig en kniel, laat ons op ons knieë staan voor die Here, ons Maker (Ps 95:6)

So gebeur dit op aarde, so ook in die hemel:

9 En telkens wanneer die lewende wesens heerlikheid en eer en dank bring aan Hom wat op die troon sit, aan Hom wat vir ewig en ewig leef, 10 val die vier-en-twintig ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en ewig leef, en sit dan hulle krone voor die troon neer, terwyl hulle sê:  11 “U is waardig, ons Here en God,  om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang,  omdat U alle dinge geskep het;  deur u wil het alles ontstaan,  is dit geskep.” (Openb 4:9-11; vgl Ps 22:30; 1 Kor 14:25; Openb 4:10; 5:14; 7:11; 11:16; 19:4).

Lofprysing daarenteen is om op te staan, die dagbreek wakker te maak en vir almal te vertel wie God is en wat Hy doen:

8 My hart is standvastig, o God,  my hart is standvastig.  Ek wil sing, ek wil lofsing.  9 Word wakker, my gemoed!  Word wakker, harp en lier!  Ek wil die dagbreek wakker maak. (Ps 57:8-9)

Soos Dawid dit in ‘n ander Psalm sê:

12 My voet staan op gelyk grond;  in die byeenkomste  sal ek die Here prys. (Ps 26:12)

Om God te loof in gebed beteken om sy allesoortreffende waarde te erken. Dit is om God se krag en heerlikheid voor alle mense, voor die hele skepping, te erken. Waar jy in aanbidding hierdie dinge net vir die Here sê, juig jy in lofprysing dit uit dat almal dit kan hoor.

Soos Maria in die NT in haar lofsang gesê het:

46 “My siel loof die Here, 47 my gees jubel oor God my Verlosser, 48 want Hy het die nederigheid van sy diensmeisie raakgesien. Kyk, van nou af sal alle geslagte my gelukkig noem, 49 want die Magtige het groot dinge vir my gedoen – ja, heilig is sy Naam. (Luk 1:46-49)

Ek sal U vir altyd prys, omdat U opgetree het

Lofprysing is ook nie net vir dit wat in die verlede lê nie. Dit gaan ook oor dit wat in die toekoms gaan gebeur. Dit is om God te prys vir wat Hy nog gaan doen.

Dit leer Psalm 52 vir ons.

Dawid het die Psalm geskryf in ‘n tragiese en traumatiese tyd in sy lewe toe een van sy vyande, die Edomiet Doëg, ‘n familie van 85 priesters uitgewis het, omdat hulle vir Dawid gehelp het in sy vlug voor Saul uit (1 Sam 21-22).

In die Psalm bring Dawid die bose dade van Doëg voor die Here en bid dat die Here sal optree. Hy bid dat die Here Doëg vir goed sal afbreek, hom sal wegruk uit die land van die lewendes. Nie net as straf vir sy boosheid nie, maar ook sodat regverdiges sal moed skep dat God nie sonde ongestraf laat nie.

En dan sê Dawid:

10 Ek stel my vertroue in God se troue liefde, vir altyd en altyd. 11 Ek sal U vir altyd prys omdat U opgetree het. (Ps 52:10-11)

Let op die toekomstige verlede tyd: “omdat U opgetree het”!

Dit is iets wat Jesus ons ook geleer het. Waar ons seker is dat wat ons vra binne God se wil is, kan ons die gebed van geloof bid, en die Here loof dat Hy opgetree het:

24 Daarom sê Ek vir julle, alles waarvoor julle bid en vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so gebeur. (Mark 11:24)

Dit is ‘n gebed waaroor ‘n mens baie kan sê, en daar is uiteraard ‘n paar kwalifikasies. Een daarvan is in Johannes 15, vers 7-8:

7 As julle in My bly, en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal met julle gebeur. 8 Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle baie vrug dra en my dissipels kan wees.” (Joh 15:7-8)

Jesus in ons en ons in Jesus. Dan raak sy wil ons wil. En God word verheerlik – sy Naam word groot gemaak – dat ons baie vrug dra as sy dissipels.

Prakties

Ons sluit ons gebed dus af met lofprysing waarin ons die Here loof vir wat Hy gedoen het, en vir wat Hy nog sal doen.

Maar, voor ek jou begelei in lofprysing met sagte musiek op die agtergrond (Awake and See), net ‘n paar praktiese opmerkings vir die toekoms:

  • Jy moet goed nadink oor jou dagprogram en die beste tyd vir jou persoonlike gebedstyd vind. Onthou om dit met jou Bybellees te kombineer.
  • Commit jouself elke dag daaraan – dit is ongelooflik belangrik. As ‘n uur te lank is – en vir die meeste sal ‘n uur ‘n “tall order” wees – kies ‘n tydsduur wat vir jou kan werk. En hou daarby.
  • Staan onderbrekings teë. Veral wanneer jou roetine onderbreek word met verlof of oor die naweek.
  • Wees prakties en ontwikkel ‘n plan wat vir jou werk.
  • Onthou dat jy die video wat al die elemente van hierdie twaalf elemente van gebed kan aflaai om in een sitting van ‘n uur te gebruik.

Ek sluit af. Jy is in die leerskool van Jesus. Dit is Hy wat vir jou intree (Hebr 7:25). Vertrou Hom om jou te leer hoe om te bid en daarin te volhard.

Om te waak en bid.

Gebed

Dink terug aan alles wat jy die afgelope tyd in gebed ervaar en geleer het. Loof die Here in jou eie woorde.

Stilte

Dink vooruit aan dinge wat jy vir die Here gevra het, en loof Hom dat Hy sal antwoord.

Stilte

13 Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. (Matt 6:13)

Hier is die skakel na die video wat al twaalf elemente verenig.

Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Waak en bid - Pinkster 2021


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda