Skip to main content

10 Dink na

Ons kom by die tiende element van gebed: “om na te dink”of “te bepeins”: Dink na (Youtube).

Regdeur die Skrif word ons opgeroep om na te dink oor wat God sê, om die betekenis daarvan vir ons te bepeins, sodat ons alles wat God daarin vir ons neergepen het, kan nakom. Dit is die primêre manier waarmee God met ons praat.

Die opdrag aan Josua

Dit leer ons by Josua. Dit is een van die groot opdragte wat die Here eenmaal vir Josua gegee het. Nie net om die Skrif te lees en te bestudeer nie, maar om daaroor na te dink, te bepeins, sodat hy dit kan nakom.

In die tyd as assistent vir Moses het Josua wonderlike dinge beleef.

Josua het die volk in die woestyn tot ‘n oorwinning gelei oor die Amelekiete met Moses wat op die berg vir hulle ingetree het met Aäron en Hur wat sy arms omhoog gehou het (Eks 17). Maar, toe alreeds het die Here vir Moses opdrag gegee om die oorwinning te skrif te stel sodat dit vir Josua as herinnering kan dien van wat die Here deur hom vermag het (Eks 17:14).

Josua was saam op die berg met Moses met die gawe van die wet. Hy het homself soms weggesteek in die Tent van Ontmoeting as God met Moses soos met ‘n vriend gepraat het in die hoop dat hy sal kan deel in dié voorreg (Eks 33:11).

Maar, steeds het die Here verkies om Josua nie deur direkte openbarings aan te spreek nie. Eerder deur die Skrif self. Daarom lees ons dat as Josua as aanvoerder van die volk die land begin inneem, die Here self vir Hom sê:

8 Hierdie boekrol van die wet mag nie uit jou mond verdwyn nie. Jy moet dit dag en nag mymerend prewel, sodat jy alles wat daarin geskryf is, nougeset kan nakom; want dan sal jy voorspoedig wees op jou pad; dan sal jy sukses behaal. (Jos 1:8)

Die Hebreeuse woord hāgâ word hier gebruik. Dit is die woord wat in die OT gebruik word om oor die Skrif na te dink, om dit “mymerend te prewel” soos dit in die 2020-vertaling weergegee word. Die 1933/53-vertaling het die woord “bepeins” gebruik. Die 1983-vertaling het die woord “oordink” gebruik. Die ABA gebruik net die woord “dink”.

Die gawe van aandag

Dick Eastman noem hierdie element van gebed “The Gift of Attention”. Dit is om te buig voor die Skrif en die inhoud daarvan jou binnekant te laat vul, sodat jy dit in jou lewe kan toepas, dat jy dit kan navolg.

Soos talle Psalms vir ons leer. Veral Psalm 1, 19 en 119.

Luister na Psalm 1 wat eintlik die hele Psalmboek inlei:

1 Gelukkig is die mens wat nie die raad van goddeloses volg, nie op die pad van sondaars gaan staan en nie in die byeenkoms van spotters sit nie, 2 maar wat vreugde vind in die wet van die Here en sy wet dag en nag mymerend prewel. 3 So iemand sal wees soos ‘n boom geplant langs watervore, wat sy vrugte op sy tyd gee en waarvan die blare nie verdor nie. Alles wat hy aanpak, gedy. (Ps 1:1-3)

Hierdie tipe gebed leer jou om dag en nag jou vreugde te vind in die wet van die Here. Om die betekenis daarvan van alle kante te beskou, sodat alles wat jy doen vanuit die Woord sal kom, en jy geestelik suksesvol kan wees.

Psalm 19 prys ook God se stem in die natuur, maar fokus dan op die plek waar God se stem die helderste gehoor kan word, in die wet van die Here. En spreek dan die versugting uit:

15 Laat die woorde van my mond  en die bepeinsing van my hart  vir U aanvaarbaar wees,  Here, my Rots en my Verlosser. (Ps 19:15)

Dit leer ons dat ons hierdie nadenke in ons hart tot eer van die Here moet doen, dat ons ons bepeinsing voor Hom sal doen, totdat ons die wete kry dat ons gedagtes vir Hom aanvaarbaar is.

En Psalm 119 eggo dit, ek haal net een van die baie verse wat daaroor gaan aan, vers 15-16:

15 Oor u opdragte wil ek nadink; ek wil op u paaie let. 16 In u voorskrifte vind ek vreugde; ek sal u woord nie vergeet nie. (Ps 119:15-16)

Hierdie gebed probeer dus dieper gaan met God se opdragte. Fokus daarop om dit beter te verstaan. Is nie tevrede met ‘n oppervlakkige verstaan en toepassing van die boodskap van die Bybel nie.

Om God se wonders en werk te onthou

Dit gaan ook nie net oor God se opdragte nie. Dit gaan ook oor sy wonders en werke in die verlede. Soos Asaf, een van Dawid se drie musiekleiers, in Psalm 77 sê:

12 Ek sal die Here se dade onthou, ja, ek wil u wonders van vroeër onthou. 13 Ek sal oor al u werke mymerend prewel, oor u handelinge wil ek nadink. (Ps 77:12-13)

Dit is veral belangrik in tye van aanvegting, soos Jeremia ons leer net na die val van Jerusalem. In sy Klaagliedere dink hy na oor God se troue liefde, sy ontferming wat geen einde ken nie om die hoop van verandering lewendig te hou:

21 Dít roep ek in herinnering (“dit laat ek terugkeer na my hart”) daarom het ek hoop: GET 22 Dit is deur die troue liefde van die Here dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. 23 Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. 24 My erfdeel is die Here, sê ek; daarom hoop ek op Hom. (Klaag 3:21-24)

Jeremia sê dit so mooi. Hy laat God se troue liefde en ontferming “terugkeer na sy hart”. Dit is wat hierdie gebed is, ‘n “terugkeer van God se woorde, werke en wonders na die hart”!

Prakties

Paulus help ons in die NT met ‘n hele aantal onderwerpe om te gebruik in hierdie tipe gebed van nadenke. Net ná Paulus ons geleer het om in alles ons begeertes na God te bring in gebed (Fil 4:6-7), leer hy ons om ons gedagtes vol te maak met gedagtes wat ons op God en sy werk in ons lewe te rig (Fil 4:8-9).

Soos met aanbidding werk hierdie nadenke beter as ‘n mens ‘n spesifieke tema kies. Ek gaan sagte musiek op die agtergrond speel (Tranquility – Full version) en dan vir jou kans gee om aan die hand van hierdie gedeelte in Filippense 4:8-9 een of meer dinge te kies waaroor jy nadink in gebed voor die Here. Ek sluit oudergewoonte af met die laaste deel van die Ons Vader.

Gebed

8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop. 9 Wat julle van my geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het: hou aan om dit te doen. En die God van vrede sal met julle wees. (Fil 4:8-9)

Stilte

13 Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. (Matt 6:13)

Die elfde gebed is Luister (Youtube).

Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Waak en bid - Pinkster 2021


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda