Skip to main content

Waak en bid – Pinkster 2021

Continue reading

00 Waak en bid – inleiding

Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.

Gebed ontsluit God se krag

Ek het al baie oor gebed gepreek. Ook verskillende Pinksterreekse oor gebed gehou. Maar, hierdie reeks is anders.

Hierdie reeks is vir gelowiges wat dieper in die praktyk van gebed wil ingaan. Wat wil leer hoe om beter te bid.

Ek is in my voorbereiding getref deur hierdie stelling van Dick Eastman:

“Where there is an absence of prayer there will be an absence of power. Where there is frequency of prayer there will be a continuing display of God’s power.” (Dick Eastman, The Hour That Changes the World).

Daar is diep in my ‘n behoefte om jou bloot te stel aan hierdie krag van gebed. Aan die werklikheid dat gebed dinge verander. Hoekom? Want God stel Homself oop om op ons versoeke en behoeftes te reageer. Gebed ontsluit God se krag in ons lewe.

Continue reading

01 Aanbid

Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.

Ons begin met die eerste element van gebed: Aanbidding.

Om jou daarvoor voor te berei, wil ek eers iets sê oor die plek waar jy bid.

‘n Alleenplek

Almal van ons het ‘n plek nodig, ‘n plek waar jy alleen kan wees met God. ‘n “Binneste kamer”.

6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan na jou binneste kamer, maak jou deur toe en bid tot jou Vader wat in die verborgenheid is, en jou Vader wat in die verborgenheid sien, sal jou beloon. (Matt 6:6).

Continue reading

02 Wag

Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.

Die tweede element van gebed is om op die Here te wag. Dit kan op twee maniere verstaan word. En natuurlik beoefen word.

1. Die eerste manier van wag, is die erkenning van God se teenwoordigheid.

Soos Dawid dit in Psalm 27 sê:

14 Wag op die Here! Wees sterk en hou moed, ja, wag op die Here! (Ps 27:14; vgl Ps 31:25)

Continue reading

03 Bely

Continue reading

Onlangse kommentaar