1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse
Geloofsbelydenis 24-25, die Heidelbergse Kategismus 62-64 en 88-90, die Dordtse
Leerreëls 3-4.1. Wat leer jy oor die vraag of jy deur die wet of goeie werke
gered kan word? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?
Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe. Hy het die Gees ryklik op ons uitgestort op grond van wat Jesus Christus ons Verlosser gedoen het. Só is ons vrygespreek deur sy genade, en het ons erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop. Hierdie boodskap is betroubaar. Daarom wil ek hê jy moet hierdie dinge met groot beslistheid handhaaf sodat hulle wat op God vertrou, hulle op goeie werke kan toespits, dit wil sê werke wat goed en voordelig vir mense is. (NLV)
1. Paulus verduidelik hier die hele weg van
verlossing en heiliging. Dink weer ná oor hoe jy wederbaar en vernuwe is. Wat het
in jou lewe verander?
2. Die hele punt van jou verlossing is dat
jy jouself op goeie werke kan toespits, dinge wat goed en voordelig vir mense
is. Wat vra dit van jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou
te herinner aan die feit dat God jou gered het om jou op goeie werke toe te
spits, dinge wat goed en voordelig vir mense is.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer
lees in die konteks van Titus 3 sowel as my bydrae daaroor:Titus 3:1-15 –
Gesonde lewe.
My geliefdes, julle was altyd baie gehoorsaam toe ek by julle was. Noudat ek weg is, moet julle nog meer gehoorsaam wees. Vol ontsag en eerbied vir God moet julle voortgaan om aan julle verlossing gestalte te gee. Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê! (NLV)
1. God roep ons om aan ons verlossing
gestalte te gee. Wat beteken dit en hoekom is dit nodig?
2. Hoe bewerk God die gewilligheid en
vermoë in ons lewe om te handel soos Hy graag wil hê? Wat doen God en wat doen
ons?
3. Lees die verse later vandag weer om jou
te herinner aan God wat jou die gewilligheid en vermoë gee om aan jou
verlossing gestalte te gee.
Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word. Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ’n Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit onder ’n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys! (NLV)
1. Jesus gebruik hier twee basiese metafore
om ons rol in die wêreld te beskryf. Dink na oor wat elkeen van die metafore prakties
van jou vra.
2. Hoe verskil ‘n voorbeeldige lewe van ‘n
lewe waarin die wet nagekom word? Dink veral aan die Tien Gebooie.
3. Lees die verse later vandag weer om jou
te herinner daaraan dat God jou verlos het om voorbeeldig te lewe sodat mense
dit kan sien en jou hemelse Vader daarvoor kan prys.
Ons wat van geboorte Jode is en nie sondaars uit die nie-Joodse nasies nie, weet dat niemand deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie. Net deur die geloof in Jesus Christus kan dit gebeur! Selfs ons het tot geloof in Christus Jesus gekom sodat ons deur geloof, en nie omdat ons die wet onderhou nie, deur God vrygespreek kan word. Niemand sal mos deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie! (NLV)
1. Paulus is duidelik daaroor niemand God
tevrede kan stel deur die wet na te kom of goeie werke te doen nie. Dit is net
deur geloof wat ons vrygespreek word. Hoe laat dit jou voel?
2. Watter rol speel die wet of goeie werke
dan in jou lewe?
3. Lees die verse later vandag weer om jou
te herinner aan die feit dat God jou vrygespreek het sonder dat jy die wet in
alle opsigte onderhou.
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
Onlangse kommentaar