Skip to main content

Tag: Wie is God?

Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Efesiërs 1:3-6

Prys God, die Vader van ons Here Jesus Christus, voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is. Deur wat Christus gedoen het, het God ons uitgekies. Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe. Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. Daarom prys ons God se grootheid. Deur sy Seun wat Hy liefhet, het Hy genade aan ons gegee. (NLV)

1. Paulus beskryf die uitverkiesing as iets wat God doen. Hoe werk dit? Watter voordele hou dit vir die uitverkorenes in?

2. Paulus beskryf die doel van die uitverkiesing as: “om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe.” Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat God jou uitverkies het om Syne te wees en voor sy aangesig te lewe.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Efesiërs 1 lees en my bydrae daaroor: Efesiërs 1:1-23 – God seën ons om alles in almal te vervul.

Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing?

1. Word alle mense gered deur Christus se verlossing?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

 Nee, slegs dié wat deur God uitgekies is en in ’n ware geloof in Christus ingelyf is. Tog betoon God in sy barmhartigheid sy algemene genade aan alle mense deur die effek van die sonde te beperk en lewe deur sy voorsiening moontlik te maak.

3. Lees Jesus se verduideliking van die uitverkiesing in Matteus 22:1-14. Wat tref jou?

4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.

Daar is inderdaad baie meer genooides as uitverkorenes

Jesus het vir die Jode baie gelykenisse vertel oor God se koningsheerskappy. Hy het die verhaal vertel van ’n koning wat ’n bruilofsfees vir sy seun voorberei het. Toe die fees gereed was, wou die gaste nie kom nie. Selfs met die tweede uitnodiging het die genooides net hulle skouers opgetrek. Die koning het sy mense gestuur na die straathoeke. Almal wat hulle kon kry, is genooi, slegtes sowel as goeies. Iemand het egter sonder die bruilofsklere opgedaag. Konings het dit gewoonlik verskaf. Hy is daarom uitgesmyt. Jesus som die gelykenis op met hierdie woorde: “Daar is inderdaad baie meer genooides as uitverkorenes.”

5. Lees die Geloofsbelydenis van Athanasius 410-44, die Nederlandse Geloofsbelydenis 16 en die Heidelbergse Kategismus 20 en 30. Dink na oor die betekenis van Christus se verlossing vir alle mense.

Geloofsbelydenis van Athanasius 41-44

41. By sy koms sal alle mense, met hulle liggame, opstaan

42. en van hulle eie werke moet rekenskap gee.

43. En die wat goed gedoen het, sal die ewige lewe ingaan, maar die wat sonde gedoen het, in die ewige vuur.

44. Dit is die algemene geloof; en as iemand dit nie getrou en vas glo nie, sal hy nie salig kan word nie.

Nederlandse Geloofsbelydenis 16

DIE EWIGE VERKIESING VAN GOD

Ons glo dat God, toe die hele geslag van Adam deur die sonde van die eerste mens in die verderf en ondergang gestort is, Hom betoon het soos Hy is, naamlik barmhartig en regverdig. God is barmhartig, aangesien Hy dié wat Hy uitverkies het, uit hierdie verderf trek en verlos; God het hulle, uit louter goedheid en sonder om hulle werke in die minste in aanmerking te neem, in sy ewige en onveranderlike raad uitverkies in Jesus Christus, ons Here. God is regverdig deurdat Hy die ander in hulle val en verderf laat bly waarin hulle hulleself gewerp het.

Rom. 3:12; 9:16; Deut. 32:8; 1 Sam. 12:22; Ps. 65:5; Mal. 1:2; 2 Tim. 1:9; Rom. 9:29; Tit. 3:4-5; Ef. 1:4-5; Rom. 11:5; Hand. 2:47; 13:48; 2 Tim. 2:20; Rom. 9:11; 1 Pet. 1:2; Rom. 9:21; Joh. 6:27, 44; 17:9,12; Joh. 13:9; 15:16; Rom. 11:34-35; Joh. 18:20; 15:19; Tit. 1:1; Ef. 1:3; Joh. 10:29; Matt. 15:24; 20:23.

Heidelbergse Kategismus 20, 30

20 Vraag: Word al die mense dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam verlore gegaan het?

Antwoord: Nee; (a); maar slegs die wat deur ‘n ware geloof in Hom ingelyf word en al sy weldade aanneem (b).

(a) Matt 7:14; 22:14. (b) Mark 16:16; Joh 1:12; 3:16, 18, 36; Jes 53:11; Ps 2:12; Rom 11:20; 3:22; Heb 4:3; 5:9; 10:39; 11:6.

30 Vraag: Glo die mense wat hulle saligheid en heil by die heiliges, by hulleself of iewers anders soek, ook in die enigste Verlosser, Jesus?

Antwoord: Nee, maar hulle verloën met die daad die enigste Verlosser as Heiland, Jesus, alhoewel hulle met die mond in Hom roem (a). Slegs een van twee dinge is immers moontlik: of Jesus is nie ‘n volkome Verlosser nie, of die wat hierdie Verlosser met ‘n ware geloof aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid nodig is (b).

(a) 1 Kor 1:13, 30, 31; Gal 5:4..(b) Heb 12:2; Jes 9:6; Kol 1:19, 20; 2:10; 1 Joh 1:7.

God-flavors en God-colors

Let me tell you why you are here. You’re here to be salt-seasoning that brings out the God-flavors of this earth. If you lose your saltiness, how will people taste godliness? You’ve lost your usefulness and will end up in the garbage.”

Here’s another way to put it: You’re here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept. We’re going public with this, as public as a city on a hill. If I make you light-bearers, you don’t think I’m going to hide you under a bucket, do you? I’m putting you on a light stand. Now that I’ve put you there on a hilltop, on a light stand—shine! Keep open house; be generous with your lives. By opening up to others, you’ll prompt people to open up with God, this generous Father in heaven.” (Matteus 5:13-16 in The Message)

Ons roeping in die lewe is niks minder of niks meer as dit nie:

  • Mense moet God kan proe in hoe ons lewe en hoe ons optree.
  • Mense moet God kan sien in hoe ons optree.

Continue reading

Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 24, die Heidelbergse Kategismus 86-87 en 91, die Dordtse Leerreëls 5.10,12; 3-4.11. Wat leer jy oor die rol en betekenis van goeie werke en gehoorsaamheid aan God se Woord? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Continue reading

Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Timoteus 6:11-19

Maar jy, Timoteus, man van God; vlug weg van al hierdie bose dinge, en volg na wat reg en goed is. Beywer jou vir ’n lewe volgens die wil van God, gekenmerk deur toewyding, geloof, liefde, volharding en deernis. Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. Hou stewig vas aan die ewige lewe wat God jou gegee het, en wat jy so opreg bely het voor baie getuies. En voor God wat aan alles lewe skenk, en voor Christus Jesus, wat die goeie belydenis voor Pontius Pilatus afgelê het, druk ek dit jou op die hart dat jy jou opdrag stiptelik en onberispelik uitvoer totdat ons Here Jesus Christus weer verskyn. Want op die bestemde tyd sal God Jesus Christus openbaar, Hý, die geseënde en alleen Magtige, die Koning van die konings en die Heer van die here. Hy alleen besit onsterflikheid, en bewoon die ntoeganklike lig. Niemand het Hom ooit gesien of kan Hom sien nie. Hom kom toe die eer en die ewige krag. Sê aan hulle wat ryk is in hierdie wêreld om nie trots te wees en op hulle geld te vertrou wat spoedig sal verdwyn nie. Maar hulle vertroue moet in die lewende God wees wat aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet. Sê hulle moet hulle geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim gee aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle gegee het, met ander te deel. Deur dit te doen, sal hulle vir hulle ’n skat opbou – ’n goeie fondament vir die toekoms sodat hulle die egte lewe kan ontvang. (NLV)

1. Paulus spoor Timoteus aan om hom te beywer vir ‘n lewe volgens die wil van God. Wat behels dit en hoekom is dit so belangrik?

2. Rykdom is ‘n seëning van die Here. Watter rol speel dit in ons geestelike lewe? Watter rol speel dit in die ewige lewe?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan om in alles God se wil te doen, en veral deur goed doen ‘n skat op te bou vir die ewige lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Timoteus 6 sowel as my bydrae daaroor: 1 Timoteus 6:1-21 – Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou.

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.