Skip to main content

Tag: Wie is God?

Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 2 Tessalonisense 2:13-14

Geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. Deur die Goeie Nuus wat ons verkondig, het God julle hiertoe geroep sodat julle die heerlikheid van ons Here Jesus Christus kan verkry. (NLV)

1. Die verlossing en die heiliging kom deur die Gees. Watter rol speel geloof, dink jy?

2. God heilig ons om die heerlikheid van die Here Jesus te verkry. Wat vra dit van jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God jou verlos en heilig om die heerlikheid van Jesus te verkry.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 2 Tessalonisense 2 en my bydrae daaroor: 2 Tessalonisense 2:13-17 – God sterk ons in die goeie.

Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 1 Petrus 1:1-2

God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. Die gevolg is dat julle gehoorsaam is aan Hom en deur die bloed van Jesus Christus skoongemaak is. Mag God se genade en vrede steeds meer en meer julle deel wees. (NLV)

1. Ons verlossing is iets wat God doen deur sy Gees. Dit berus op sy besluit. Hy wy ons aan Hom toe in sy genade. Ons kan dit nie verdien nie. Hoe laat dit jou voel?

2. Ons heiliging is ook iets wat God vir ons skenk, maar dit raak sigbaar deur ons gehoorsaamheid? Hoe ervaar jy die proses van heiliging in jou lewe?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die verlossing en dat Hy jou heilig deur gehoorsaamheid.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van 1 Petrus 1 lees en my bydrae daaroor: 1 Petrus 1 – Jubel oor God en leef uit die hoop.

Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging?

1. Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Verlossing is die vrymaking van sonde wat God my vir altyd gee. Heiliging is die toewyding aan God wat die Gees voortdurend in my werk. Verlossing en heiliging is gawes van God op grond van Christus se kruisdood en opstanding wat deur die Heilige Gees in my bewerk word. Daar is by niemand anders enige saligheid te soek of te vind nie.

3. Lees Petrus se verduideliking van verlossing en heiliging in 2 Petrus 1:3-11. Wat tref jou?

4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.

Maak die verlossing sigbaar in julle leefstyl

God het ons vrygemaak van die sonde. Dit is ons verlossing. Ons kry deel aan sy Goddelike natuur. Só het ons alles wat ons nodig het om naby Hom te lewe. Dit is ons heiliging. Daardeur kom ons vry van die neigings van ons menslike natuur. Die verlossing word sigbaar in ons leefstyl. Ons leer God beter ken en kan onsself dissiplineer. Ons kan uithou en aanhou. ’n Lewe naby God skep groter liefde vir ander. Só bewys ons leefstyl dat God ons regtig geroep en gekies het. As ons dit doen, sal ons nooit struikel nie.

5. Lees die Dordtse Leerreëls Hoofstuk 5.1.1-2,7,15. Dink na oor die betekenis van die volharding van die heiliges vir jou.

Continue reading

Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18

13 MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.

14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Is daar hoop?

Kurt Vonnegut het ‘n boek geskryf, Cat’s Cradle. John, die hoofkarakter, beplan ‘n boek oor die dag dat die wêreld eindig. Terwyl hy besig is met sy navorsing kom John op ‘n hoofstuk in ‘n boek af met die titel: “What Can a Thoughtful Man Hope for Mankind on Earth, Given the Experience of the Past Million Years?” Dit neem John nie lank om die hoofstuk te lees nie, want dit bestaan uit net een woord: “Nothing”, gevolg deur ‘n punt.

Die boek beskryf die gevoel wat baie mense vandag het. Daar is geen hoop op die langtermyn nie. “Nothing”. Oor die onmiddellike toekoms kan mens dalk optimisties wees. Maar op die langtermyn lyk dinge bleek. Daar is geen hoop nie.

Continue reading

Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Apostoliese Geloofsbelydenis 7, die Geloofsbelydenis van Nicea 7, die Geloofsbelydenis van Athanasius 40, die Nederlandse Geloofsbelydenis 37, en die Heidelbergse Kategismus 42 en 52. Wat leer jy oor die wederkoms van Jesus Christus? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.