Skip to main content

Tag: Wie is God?

Wat is die Ons Vader? – Lukas 9:18-22

Eendag ná Jesus alleen in gebed was, het Hy na sy dissipels gekom en gevra: “Wie sê die mense is Ek?” “Wel,” het hulle geantwoord, “sommige sê Johannes die Doper, sommige sê Elia, en ander sê U is een van die vroeëre profete wat uit die dood opgestaan het.” Toe vra Hy vir hulle: “Wie, sê julle, is Ek?” Petrus het geantwoord: “U is die Messias wat deur God gestuur is!” Jesus het hulle gewaarsku om dit vir niemand te vertel nie. “Want Ek, die Seun van die Mens, moet baie dinge ly,” het Hy gesê. “Ek sal deur die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifkenners verwerp word. Ek sal doodgemaak word, maar drie dae later sal Ek uit die dood opgewek word.” (NLV)

Dit is opvallend hoe ‘n belangrike rol gebed speel in Jesus se lewe. Hy bid byvoorbeeld by elke belangrike wending in sy bediening. Hy vertrek na ‘n eensame plek net voor die roeping van eerste dissipels en die uitbreiding van sy bediening in Galilea (Luk 4:42). Hy bid voor die keuse van die 12 dissipels en die lewering van die bergrede (Luk 6:12). Hy bid soms alleen terwyl sy dissipels by Hom is sodat hulle kan leer by Hom (Luk 9:18). Hy bid op die berg van verheerliking en net voor Hy die pad na Jerusalem aandurf en die 72 sendelinge uitstuur (Luk 9:28). Hy bid selfs net voor sy onderrig oor gebed (Luk 11:1). Hy bid ‘n laaste keer op die Olyfberg (Getsemane) net voor die kruisiging (Luk 22:30).

1. Wat leer jy hieruit?

2. Jesus begin al hoe meer op die 12 fokus. Die tyd het vir Jesus aangebreek om sy dissipels in te lei in sy ware identiteit en die doel van Sy koms na die aarde.  Die tyd was ryp vir hulle (en Hom) dat Hy Hom kan gee vir sy verwerping, kruisdood, en opstanding.  Daarom begin Hy met hulle daaroor gesels. Wat leer jy hieruit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat dit net deur gebed is wat jy jou ware identiteit en roeping as kind van God kan verstaan en uitleef.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Lukas 9 sowel as my bydrae daaroor: Lukas 9:1-50 – God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het.

Wat is die Ons Vader? – Lukas 6:12-13

Eendag kort hierna het Jesus na ’n berg gegaan om te bid, en Hy het die hele nag in gebed deurgebring. Teen dagbreek het Hy al sy dissipels bymekaargeroep en twaalf van hulle gekies om apostels te wees. Hier is hulle name: (NLV)

Geen beweging van waarde het nog ooit ontstaan sonder dat daar nie ’n groepie dissipels was wat ingelei kon word in die boodskap en draers daarvan kon word nie.  Jesus het dit geweet en optimaal benut.  Daarom sonder Hy Homself af, bid, en kies dan twaalf wat by Hom kan leer en uiteindelik die impak van Jesus se evangelie kan vermenigvuldig.

1. Wat sê dit vir jou van jou verhouding met Jesus?

2. Wat sê dit vir jou van jou eie bediening of roeping?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die rol van gebed in die uitleef van jou roeping.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Lukas 6 lees en my bydrae daaroor: Lukas 6:1-49 – Luister en Leef.

Wat is die Ons Vader? – Matteus 6:9-13

1) laat u Naam geheilig word.

2) Laat u koninkryk kom.

3) Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel.

4) Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het.

5) En vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het.

6) Bewaar ons sodat ons nie aan verleiding sal toegee nie; maar bevry ons van die greep van die Bose. (NLV)

1. Hierdie gebed is die kosbaarste geskenk wat ons van die Here af ontvang het. Dink ná oor wat die eerste drietal bedes oor God sê. Wat beteken elkeen van hulle?

2. Dink na oor wat die tweede drietal bedes oor ons sê. Wat beteken elkeen van hulle?

3. Lees die verse later vandag weer om dit te memoriseer (in ‘n vertaling wat vir jou werk) en ‘n daaglikse deel van jou gebed te maak.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Matteus 6 sowel as my bydrae daaroor: Matteus 6 – Jesus fokus op die lewe van geregtigheid.

Vraag 43: Wat is die Ons Vader?

1. Wat is die Ons Vader?

2. Lees die NLV se weergawe en oordink dit.

 Bid dan soos volg: Ons Vader in die hemel,

1) laat u Naam geheilig word.

2) Laat u koninkryk kom.

3) Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel.

4) Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het.

5) En vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het.

6) Bewaar ons sodat ons nie aan verleiding sal toegee nie; maar bevry ons van die greep van die Bose. (Matteus 6:9-13; vgl Lukas 11:2-4).

3. Lees die lering van Jesus oor gebed aan die dissipels in Lukas 11:5-13. Wat tref jou?

4. Wat is die doel van hierdie gelykenis?

5. Hoe help hierdie twee stukkies agtergrond jou om die gelykenis beter te verstaan: 1) In die Midde-Oosterse kultuur van gasvryheid is daar verwag dat gashere hul gaste moes kos gee. 2) In ‘n huis waar daar net een kamer vir slaapplek was – gewoonlik slegs ‘n hoër platform op die grondvloer – sou die hele gesin gesteur word as die pa opstaan om te help.

6. Wat dink jy bedoel Jesus met die idee van gebed as “onbeskaamdheid”?

7. Watter prentjie skets hierdie gelykenis vir jou van God? Hoe help dit jou om met meer verwagting te bid?

8. Sal God regtig vir jou enigiets gee wat jy vra, soek of voor klop?

9. Waarom sluit Jesus die gebed af met die verwysing na die gawe van die Heilige Gees?

10. Sluit af deur die Ons Vader te bid in jou eie woorde.

Salomo se gebed word met God se vuur beseël – 2 Kronieke 6-7

Salomo het so pas die tempel voltooi en God se teenwoordigheid het die tempel gevul (2 Kron 3-5). Hy volg dit op met twee gesprekke. Die eerste gesprek is ‘n toespraak gerig aan die volk (2 Kron 6:1-11). Die ander gesprek is ’n gebed gerig aan die Here (2 Kron 6:12-42). Daarmee plaas Salomo gebed sentraal in die verhouding met God, iets wat selfs vir die vreemdelinge sal geld.

Lees die twee hoofstukke deur in die Bybel en dink eers ná oor wat die Here daardeur vir jou sê. Dan kan jy nadink oor die paar opmerkings oor gebed wat ek hier gee.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.