Tag: Spreuke
Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af
- Lewensles 5 – 4:1-9 – Neem jou ouers (rolmodelle) se opvoeding ter harte.
- Lewensles 6 – 4:10-19 – Kies die pad van wysheid en nie die pad van goddeloosheid nie.
- Lewensles 7 – 4:20-27 – Hou koers deur te fokus op jou binnekant en jou bakens.
Let op hoe lewensles 5 (rolmodelle) en 6 (keuses) met nommer 1 en 2 onderskeidelik ooreenkom, en lewensles 7 (binnekant en bakens) raakpunte het met nommer 3 (ken God in alles).
Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles
Dit is waarom die boek met soveel passie begin by die begin van die pad, die eerste beginsel van die geestelike lewe, met die ontsag vir God (1:1-7). Dit is wat die eerste tafel van die wet ook beklemtoon. Maar die interessante is, dat die beginsel van ontsag steeds die leidende waarde bly in die uitvoering van die tweede beginsel van die geestelike lewe, om die raad en begeleiding van rolmodelle te erken en volg (1:8-19). Dit is waarmee die tweede tafel van die wet ook begin, soos reeds aangedui.
In hoofstuk 3 gee die pa nou ’n verdere twee “lewenslesse” aan sy kind wat dit verder inskerp:
- Hy gee praktiese raad oor hoe om God te vertrou en in alles te ken (3:1-12).
- Hy gee praktiese voorbeelde van hoe dit lyk om die “regte pad” te volg (3:13-35).
Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore
- Die eerste gevolg van die soektog na wysheid is dat jy Hom só sal ken dat jy met vreugde en oordeel sal kan lewe (2:9-11).
- Die tweede gevolg is dat dit jou sal beskerm van die dwaasheid van slegte mense (2:12-15).
- Die derde gevolg is dat jy ook die versoeking van die slegte vrou sal kan afweer (2:16-19). Die omgekeerde geld natuurlik ook, dat die versoeking van die slegte man afgeweer kan word, hoewel Spreuke dit hier eensydig sê.
Maar – en dit is baie belangrik om dit te begryp – dit is jou eie verantwoordelikheid om dié pad, die pad van die goeie mense, te kies (2:20-22). Die Here gee die wysheid vir dié wat daarvoor soek, dié wat daarvoor vra en Hom daarvoor vertrou.
Spreuke 1:1-33 – Begin met God
Die eerste hoofstuk beklemtoon dat wysheid in die eerste plek van God af kom (1:1-7) en in die tweede plek bevestig word deur die ervaring van mense wat die pad met die Here stap, soos ouers en ander gelowige rolmodelle. Dit is na hulle wat ‘n mens moet luister om wysheid te bekom, die eerste van tien “lewenslesse” van die pa aan sy seun (1:8-19). Wysheid – van God en van rolmodelle – is daarom vir die pa soos ‘n vrou wat roep en op wie jy jou ore fyn moet instel (1:20-33), ‘n metafoor wat ook in ander wysheidstradisies gebruik word. Dink byvoorbeeld aan Atena en Minerva, die simbool van wysheid in onderskeidelik die latere Griekse en Romeinse tradisie. Minerva is baie keer met ‘n uil uitgebeeld. LEES MEER …
Onlangse kommentaar