Skip to main content

Tag: Psalms

Psalm 147- Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het

Psalm147Psalm 147 raai die geloofsgemeenskap ook aan om op die Here te vertrou, soos Psalm 146, maar begrond dit nie net in God se kongruente karakter nie, maar veral in sy vreugdevolle versorging wat Hy ten toonstel in die natuur sowel as in die geskiedenis van sy mense: ”Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het, wat hulle hoop vestig op sy troue liefde.

Die Psalm kan in drie verdeel word op grond van die opdrag om die Here se lof te besing in vers 1, 7 en 12. In aldrie dele word op verskillende maniere die geweldige grootheid van God besing wat in sy kreatiewe krag in die kosmos ten toon gestel word, sowel as die grenslose genot van God wat in sy vreugdevolle versorging van alles wat leef en beef – kraaie en kinders – ten toon gestel word.  God is groot in sy almag, maar ook vol van genade in sy nabyheid.

Continue reading

Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan

Psalm146Inleiding

Psalm 146-150 sluit die vyfde Psalmboek, trouens die hele boek van die Psalms, af met vyf Halleluja-lofliedere.  Telkens verskyn dié opskrif in hierdie vyf Psalms: “Halleluja!” – dit beteken: “Prys die Here!

  • Psalm 146 raai die geloofsgemeenskap aan om op die Here te vertrou, nie op mense nie. Die redes vir ons lof lê in God se kongruente karakter.  Jy kan staatmaak daarop dat Hy is en doen soos Hy Hom in die Skepping en die lewe openbaar.
  • Psalm 147 raai die geloofsgemeenskap ook aan op die Here te vertrou, maar begrond dit in God se vreugdevolle versorging wat Hy ten toonstel in die natuur sowel as in die geskiedenis van sy mense: ”Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het.
  • Psalm 148 brei die oproep tot lof uit tot die hele heelal – skepsels en skeppings. Die redes vir die lof lê in God se betroubare bevestiging van alles wat leef.
  • Psalm 149 roep die geloofsgemeenskap op om God te loof in hulle byeenkomste. Die redes vir die lof lê in God se goedgesindheid aan sy getroue volgelinge.
  • Psalm 150 roep alles wat asem het op om God te loof: “na die omvang van sy grootheid.”

God is dus kongruent in sy karakter, vreugdevol in sy versorging, betroubaar in sy bevestiging, goedgesind teenoor sy getroue volgelinge, en onpeilbaar groot in sy omvang.  Sela.

Continue reading

Psalm 145 – Die Here is goed vir almal

Psalm145Psalm 145 is die afsluiting van die groepie Dawid Psalms – Ps. 138-145 – wat God se betroubaarheid deur die eeue bevestig sowel as die goeie bedoelings wat Hy van altyd af het vir sy mense, trouens vir alle mense: “Die Here is goed vir almal.” (vers 9).  Daarom, sê Dawid: “My mond sal die lof van die Here verkondig; alle mense moet sy heilige Naam prys vir altyd en ewig.” (vers 21).

‘n Mens kan die Psalm in twee deel, hoewel elke vers eintlik die hele boodskap van lof in sigself alreeds dra.

  • Die eerste deel – vers 1-9 – besing God se lof aan die hand van sy allesoortreffende kwaliteite en karakter, hoewel dit uiteraard verbind is aan die konkrete voorbeelde wat daarvan getuig. God se groot goedheid is lofwaardig vir ewig.
  • Die tweede deel – vers 10-21 – raak ‘n bietjie meer spesifiek en besing God se lof meer direk aan die hand van sy groot werke en magtige dade, en maak dit nog meer universeel op alles en almal van toepassing as selfs in die eerste deel van die Psalm. Dit is ook uitsonderlike beloftes wat jy kan aangryp in jou gebede!  God se besondere beloftes verryk die lewe vir ewig.

Continue reading

Psalm 144 – Hoe gelukkig is die volk wie se God die Here is

Psalm144Die Psalm val duidelik in twee dele uiteen.  Die eerste deel – vers 1-11 – beskryf in die eerste persoon enkelvoud die gebed van die koning om bevryding.  Die tweede deel – vers 12-15 – beskryf in die eerste persoon meervoud die gebed van die koning vir en namens die geloofsgemeenskap dat die Here hulle op omvattende wyse sal seën.

Die BDV verbind dié twee dele met ‘n “sodat” in vers 12 om die implisiete verband tussen die bevryding van konflik en die seën van ‘n florerende gemeenskap te beklemtoon.  Daarmee word twee van die grootste teologiese lyne in die OT aan mekaar verbind – die Abrahamitiese tradisie van seën en die Mosaïese tradisie van bevryding.  En dit is betekenisvol dat dit in die gebed van Dawid gekombineer word, want hy is dan ook die voorafskaduwing van die Messias, Jesus Christus, die een wat ons verlos en die een wat ons seën.

Continue reading

Psalm 143 – U goeie Gees moet my lei op gelyk grond

Psalm143Daar is verskillende interpretasies van die konteks van Psalm 143.  Dit kan wees dat dié Psalm steeds in die konteks van die grot gebid word, as ‘n mens vers 4 vergelyk met vers 4 in Ps. 142 waar min of meer dieselfde taal gebruik word.

Baie verklaarders dink egter dat juis die smeekbede in vers 1 en die versoek in vers 8 dui op ‘n gebed in die tempel waarin die Here se aangesig gesoek is binne ‘n moeilike situasie, waarin Dawid se vyande hom agtervolg om hom te verpletter.  Uit Dawid se lewensverhaal weet ons van vele sulke gevalle, selfs van die opstand van sy eie seun, Absalom.

Die Psalm is liturgies in Gereformeerde kringe as een van die sogenaamde boetepsalms in die Psalmboek  hanteer (Ps. 6; 32; 38; 51; 102; 130; 143) veral as gevolg van die belydenis in vers 2 dat: “niemand wat leef, is voor U regverdig nie.” (BDV).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…