Skip to main content

Tag: Psalms

Psalm 142 – Lei my uit gevangenskap dat ek u Naam kan loof

Psalm142Psalm 142 word – soos met Psalm 57 – verbind met ‘n noodsituasie uit Dawid se lewe, albei kere met verwysing na die tyd toe hy vir Saul in die grot ingevlug het.

Ons lees in Samuel van twee sulke geleenthede. Psalm 57 verwys waarskynlik na die eerste geleentheid by die Adullamgrot waarvan ons lees in 1 Sam 22.  Psalm 142 verwys waarskynlik na die tweede gebeure in die skuilplekke by En-Gedi waar Dawid in die omgewing van die Klipbokrotse in ‘n grot by ‘n skaapkraal geskuil het, waarvan ons in 1 Sam 24 vertel word.  Dit is die geleentheid waar Dawid ’n stukkie van Saul se mantel afgesny het, en dit Saul tot trane beweeg het.

Continue reading

Psalm 141 – Maar op U bly my oë gerig

Psalm141Hierdie Psalm is ‘n kragtige bevestiging van ons absolute afhanklikheid van die Here om aan Hom getrou te bly.  Die enigste betroubare beskerming teen die versoekinge van die hart sowel as teen die verleiding van goddeloses bly die Here self: “Op U, Here, my God aan wie ek behoort, is my oë gerig.” (vers 8).  Vanuit dié geestelike fokus kán ons nee sê vir die versoekinge en verleidinge en ons lewens inrig om in die beskerming van God te floreer.

Continue reading

Psalm 140 – Hou my veilig teen geweldenaars

Psalm140Die Psalm is opgedeel in vyf dele.  Die eerste drie vorm ‘n eenheid en beskryf die situasie van aanvegting waarin die Psalmis (Dawid) verkeer en vra telkens dat die Here hom daaruit sal verlos. Die drie dele word telkens afgesluit met ‘n Sela (140:4,6,9).  Die vierde deel vra dat die Here teen hierdie geweldenaars sal optree (140:10-12).  Die vyfde deel bevestig die getrouheid van die Here aan magteloses en behoeftiges en neem dit as ‘n belofte waarop regverdiges en opregtes altyd weer kan staatmaak (140:13-14).

Continue reading

Psalm 139 – Die wonder van God en van menswees

Psalm139Hierdie Psalm is vir my heilige grond.  Aan die een kant besing dit die wonder van God se intieme betrokkenheid by ons maak nie saak waar ons ons bevind nie.  God is alomteenwoordig by ons en vir ons.  Aan die ander kant besing dit die wonder van menswees: “omdat ek ‘n ontsagwekkende wonderwerk is.”

Dié twee waarhede ontlok twee gebede by die Psalmis.  Hy wil in die eerste plek God se eer ten alle koste beskerm en verklaar dat God se vyande ook sy vyande sal wees.  Hy wil in die tweede plek absoluut getrou en lojaal aan God leef en vra dat God se ondersoekende teenwoordigheid hom op die beproefde pad sal lei.

Continue reading

Psalm 138 – U besiel my met innerlike krag

Psalm138Psalm 138-145 is Dawidiese Psalms wat eintlik terugkyk en God se betroubaarheid deur die eeue bevestig.  Dit bevestig ook die ewige bedoelings wat God met sy mense van altyd af het.

Die Psalmis is in die voorhof van die tempel en buig in aanbidding na die Here se heilige tempel.  Sy hart is vol van lof aan die Here wat hy met musiek uitjubel voor die Here.

Continue reading

Onlangse kommentaar