Tag: Job
Job is ‘n voorbeeld van volharding en gebed
Job deurbreek ‘n eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie

Ek wil iets meer sê oor die probleem van ‘n oorsaak-en-gevolg teologie wat aanhak by bogenoemde twee vrae.
Die vriende van Job werk met ‘n eenvoudige oorsaak-gevolg teologie. Wat jy doen, het gevolge. As jy goeie dinge doen, sal daar goeie dinge met jou gebeur. As jy slegte dinge doen, sal daar slegte dinge met jou gebeur:
Job handel ook oor die vraag na vroomheid

Job handel egter ook vir my oor die dieper vraag na die vroomheid van godvresendes, veral in ‘n situasie van verlies. Die Satan – die teëstander onder die “seuns van God”, die hemelwesens – draai dié vraag na regverdigheid as volg om. Sal godvresendes “regverdig” wees teenoor God, by wyse van spreke, selfs al word hulle teleurgestel in hulle verwagting van sy beskerming en sy geskenk van voorspoed? Sal godvresendes Hom bly dien, selfs al gaan dinge vir hulle verkeerd, al ly hulle onskuldig en onregverdig? Die Satan bevraagteken dus die lojaliteit van godvresendes.
Job handel oor die vraag na regverdigheid

Die boek Job handel myns insiens hoofsaaklik oor die vraag na die regverdigheid van die lewe. Van die mens se kant gesien is daar twee aspekte hiervan:
- Kan ‘n mens staatmaak daarop dat – as jy reg lewe en die Here dien – die Here jou met beskerming en voorspoed sal beloon? Sal God regverdig wees teenoor jou? Seën God godvresendes?
- En, is die omgekeerde ook waar? Kan ‘n mens staatmaak daarop dat – as mense onreg pleeg en die Here versaak – die Here hulle met teëspoed sal straf? Sal God regverdig wees teenoor hulle? Straf God goddeloses?
Is daar dus ‘n eenvoudige reglynige verband tussen oorsaak en gevolg in ons godsdiens, in ons verhouding met die Here? Of nie?
Onlangse kommentaar